Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
ekstasis-kortfilm vertel queerliefdesverhaal van vroue
2020-09-16"Ons dink dit is wonderlik dat queerverteenwoordiging daagliks al hoe meer te sien is en dat dit al hoe minder van ’n taboe onderwerp in die samelewing word. Dit gesê, voel dit asof daar nog baie werk rondom queerverteenwoordiging gedoen moet word, veral as dit by vrouens en non-binary liggame kom."
Geloofsclichés: Het die Here vir jou gesê?
2020-09-15"Heeltemal stupid is ek darem nou ook nie. As voormalige teologie-student en gekwalifiseerde traumatoloog en berader het ek darem so ’n bietjie kennis gedra van God se karaktereienskappe en besef dat die moer in die kerkdeur van die geslote gemeenskap een of ander tyd sou strip. En dit het."
Huldeblyk in beeld: Die tannies van Bonteheuwel
2020-09-15Die twee kosmaaktannies van Bonteheuwel, Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, is kort ná mekaar oorlede. Izak de Vries bring hulde met van sy foto’s.
Suiker: godin of pes?
2020-09-15"Is suiker volgens die wetenskaplike beskrywing so verslawend dat daar soveel neurologiese veranderings in die brein is dat jy middelafhanklik raak soos met ’n dwelm en mediese hulp nodig het om op te hou om dit te gebruik?"
Skoon wasgoed: Is ons almal Zimbabwiërs?
2020-09-15"We are all Zimbabweans now is die verhaal van ’n Amerikaanse aktivis wat hom vir die opvoeding en ander belange van die werkersklas in Zimbabwe beywer. Weldra begin hy egter ontgogel raak met die vergrype van die vroeër gevierde bevryders. Die verrotting wat uitkring totdat Robert Mugabe se gulhartige uitroep aan die begin van sy bewind oplaas beteken: Hierdie korrupsie het ons almal betrek."
#opdielug met Chase Rhys
2020-09-11Robyn van de Rhede gesels met skrywer Chase Rhys oor Kinnes, Kaaps en verteenwoordiging.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Alex van den Heever en Otto de Vries
2020-09-11Die toerismesektor se bydrae tot die land se BBP is 8,5%. Wat is die stand van hierdie sektor tans? Wat is die vooruitsigte? Freek Robinson gesels met Alex van den Heever, voorsitter van Social Security Systems Administration and Management Studies aan die Universiteit van die Witwatersrand, en Otto de Vries, bestuurshoof van ASATA (Association of Southern African Travel Agents).
LitNet Akademies-resensie-essay: Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché
2020-09-10"Maar om tyd met hierdie boek deur te bring is beslis lonend, nie omdat die roman troos nie, nie omdat dit lekker is om in ’n speurverhaal te ontsnap nie, maar omdat die speurverhaal aangewend word om die permafrost om jou hart soos ’n warm ploeg om te keer."
#opdielug met Keanen Engel
2020-09-10Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met die jong dramaturg Keanen Engel.
Veronique Jephtas gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-09-10Die fokus van dié residensieprogram (aangebied in samewerking met PEN Afrikaans) is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.
Hou op kwel en begin lewe
2020-09-09"Ek onthou die dag toe ons gesinnetjie op die grasperk in ’n sirkel gedans het toe ons in kennis gestel is dat ons ’n karavaan in ’n Reader’s Digest-kompetisie gewen het."
LitNet Akademies-resensie-essay: Tweegevreet deur Zirk van den Berg
2020-09-09"In die digkuns word daar vry algemeen na ’n geslaagde gedig of bundel verwys as ’n 'deurgekomponeerde' werk ... Sodanige beskrywing is net so van toepassing op Zirk van den Berg se Tweegevreet, want géén aspek van hierdie teks staan verwyderd van die sentrale vraag na betekenis (verklaring) en die 'ware' aard van die mens wat tegelyk brutaal én weerloos kan wees nie."
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Nicolas Steytler se bydrae
2020-09-09"Dis maklik om te sê dat Ouma so spesiaal was oor die dinge wat sy gesê het en die dinge wat sy geskryf het, maar wat vir my uitgestaan het, was haar luistervermoë. Niks was oninteressant nie. Sy wou als weet."
Trevor Manuel het deel aan "die byna drie dekades van ANC-bewind wat vermors is"
2020-09-09"Die waarheid is dat die huidige ekonomiese trajek waarop ons is, ons moontlik oor die afgrond kan druk waaronder die arm en honger mense die ergste gaan ly."
#opdielug met Tenita Kidelo
2020-09-08Tenita Kidelo vertel vir Robyn van de Rhede en Menán van Heerden meer oor haar vergelykende studie oor swart feminisme in die werke van die Suid-Afrikaanse skrywer Ronelda Kamfer en die Nederlandse digter Simone Atangana Bekono. Sy gesels ook oor haar studiereise na Nederland en België.
Clicks, Julius en die nuutste skermutseling in die hare-debakel
2020-09-08"Ek stem glad nie saam met die skade wat die EFF aangerig het nie. En ek voel effens jammer vir Clicks. Hulle het nie die advertensie bedink nie, hulle het dit net onsensitief geplaas. Maar ek hoop dat die protes ten minste maatskappye twee keer gaan laat dink voordat hulle toondoof advertensies laat maak."
Enkelma’s en transrasgesinne: riglyne in ’n dikwels onsimpatieke wêreld
2020-09-08"Die lees van kultuurgerigte stories, die keuse van skole, kontak deur spesifieke ondersteuningsgroepe en blootstelling aan spesifieke geografiese omgewings tydens vakansies word dikwels doelbewus deur ouers gebruik ten einde die kinders bloot te stel aan hulle biologiese kultuur."
Achmat Dangor: From LitNet’s archives
2020-09-07Achmat Dangor passed away on 6 September 2020. Below, LitNet shares an article that was published in October 2004 on LitNet titled "Tasting the sweet fruit of literary success".
Waarom die wêreldwye aandrang vir die oorskakeling van aandeelhouer- na belanghebberkapitalisme?
2020-09-07"Die instelling van omvangryke ingrendelmaatreëls wêreldwyd deur onvoorbereide en paniekbevange regerings op ’n oorhaastige en soms ondeurdagte en irrasionele wyse het sakeondernemings gedwing om tot herbesinning oor te gaan betreffende hulle rol in die samelewing."
The South African economy and the JSE
2020-09-07Leila Fourie, CEO of the Johannesburg Stock Exchange, on the South African economy and the JSE.
