Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Mbali Ntuli gaan nie die DA se leier word nie, maar …

Jason Lloyd Menings 2020-10-28

"Die dinamiese jong politikus, Mbali Ntuli (32) van KwaZulu-Natal, sal na alle waarskynlikheid nie die DA-leier word nie omdat – soos sy dit onlangs gestel het – 'die DA nie die vermoë het om die verbeelding van Suid-Afrikaners, veral voorheen benadeeldes, aan te gryp nie'. Ntuli is saam met John Steenhuisen, waarnemende DA-leier, ’n kandidaat vir die pos van DA-leier."

Kurt Darren verjaag COVID met ’n vuurtjie

Izak de Vries, Kurt Darren Musiek 2020-10-27

"Die grendeltyd het ons nog eens laat besef hoeveel ons almal mekaar nodig het; net om te kan gesels en saamlag is deel van ons menswees. Die liedjie laat jou uitsien na die goeie tye wat voorlê."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Frans Cronje

Freek Robinson, Frans Cronje Onderhoude 2020-10-25

Meer werksgeleenthede is in die eerste ses maande van die jaar in Suid-Afrika verwoes as wat in 10 jaar geskep is. Sal pres Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan die situasie kan beredder? Freek Robinson gesels met Frans Cronje, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, oor die vooruitsigte.  

LitNet Akademies Weerdink: Grondhervorming, onteiening en artikel 25 ‒ stand van sake

Juanita Pienaar Seminare en essays 2020-10-24

Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met aktuele sake. Juanita Pienaar bied ’n oorsig van die nuutste ontwikkelings met betrekking tot die grondhervormingsdomein, naamlik ’n gewysigde Onteieningswetsontwerp. 

Politieke weerstand en wit verset in Suid-Afrika – die Senekal-episode en die pad vorentoe

André Duvenhage Seminare en essays 2020-10-23

"Senekal verteenwoordig ’n belangrike baken in die herontdekking van identiteit en die bereidwilligheid tot daadwerklike optrede."

Stakings en protesaksie in die Suid-Afrikaanse demokrasie

Chris Nelson Seminare en essays 2020-10-23

Chris Nelson skryf oor die Suid-Afrikaanse demokrasie wat gekenmerk word deur en gebuk gaan onder stakings en burgerlike protesaksie, onder andere die protesaksies in Senekal, met al die emosie en polarisering wat daarmee gepaard gaan.

Gerrit Schoonhoven: Hofnar en filosoof

Schalk Schoombie In memoriam 2020-10-23

"My aanvanklike indrukke van Gerrit Schoonhoven was waarskynlik verbasing: Wie is dié snaakse man? Is hy ’n grapjas of ’n intellektueel? Dit blyk hy was beide. Een ontmoeting was genoeg om hom altyd te onthou."

Afrikaanse wetenskapfiksierolprent Wesens binnekort in teaters

Marli van Eeden, Derick Muller Onderhoude 2020-10-22

Die rolprent speel af op ’n plaas in die Karoo in 1967, waar ’n vreemde voorwerp geland het en vier Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensiediens-agente vervolgens onder streng geheimhouding ondersoek instel. Wat volg, is ’n raaiselfilm wat jou tot op die laaste oomblik boei. Die skrywer en regisseur Derick Muller vertel meer. Wesens is landwyd van 23 Oktober af in teaters te sien.

Persverklaring: Kyk aanlyn na Ampie Coetzee se huldiging in digterstuin

LitNet In memoriam 2020-10-22

Ampie Coetzee se huldigingsbyeenkoms, wat op Sondag 25 Oktober om 11:00 in die digterstuin by die Breytenbach Sentrum plaasvind, sal aanlyn gevolg kan word.

"My nooi is in ’n nartjie": ’n onderhoud met Lara Kirsten oor die ClemenGold-projek

Naomi Meyer, Lara Kirsten Onderhoude 2020-10-22

"Nadat hy my gedigte ontvang het, het hy met groot opwinding van sy idee vertel – ek moet ’n hele paar skrywers in Suid-Afrika nader om oor die nartjie te skryf."

Rachmaninoff en Hongaarse lanterns

Deborah Steinmair Rubrieke 2020-10-21

"Later het ons uitmekaargedryf, maar ek onthou haar altyd op ’n agtermiddag in Potchefstroom in die lente: In a dream of Hungarian lanterns / In the mist of some sweet afternoon."

Skoon wasgoed: ’n Rare vriendskap – IL de Villiers

Frederik de Jager Rubrieke 2020-10-21

"’n Wysheid wat ek van hom onthou, is dat jy as ’n redakteur vriende van jou skrywers kan maak, maar nie skrywers van jou vriende nie."

Hier is die foutlyn in die DA

Jason Lloyd Rubrieke 2020-10-20

"Kom ons veronderstel dit is waar dat die DA nie omgee om steun te verloor nie. Hoekom sou Ngwenya so iets sê? Want geen ervare politikus sou so iets in die openbaar sê nie. Dit is politieke selfmoord."

Persverklaring: Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar 

LitNet NeerlandiNet 2020-10-20

Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se  prestasieprys van R75 000.

Is skrywers dan nie kunstenaars nie?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-10-20

"En skrywers? Blykbaar beskou die regering nie skrywers as kunstenaars nie. Geen definisie van kunstenaars soos wat in die plan voorgehou word, sluit skrywers in nie."

Ampie Coetzee: die Sestiger van die literêre kritiek

Steward van Wyk In memoriam 2020-10-20

"Ampie Coetzee was ’n Sestiger. Wat sy tydgenote en skrywersvriende Breyten Breytenbach, John Miles, André P Brink en vele ander vir die letterkunde gedoen het, het hy vir die literêre kritiek gedoen."

Staatskaping maak korrupsiemodder nóg taaier

Melt Myburgh, Johann van Loggerenberg Onderhoude 2020-10-19

"Ek moet byvoeg dat die effek van staatskaping die klimaat vir korrupsie geweldig aangewakker het. Skielik was ons krimineleregstelsel en die SAID gebreek en was daar geen ware bedreiging vir skelms nie, en dit het hulle net meer aangespoor."

Tribuo-fonds: Nuwe fonds help kunste na pandemie

Marli van Eeden, Cornelia Faasen Onderhoude 2020-10-19

"Kunstenaars wil nie bakhand staan nie, en ons grootste prioriteit is om nou vir kunstenaars en tegnici werk te skep, terwyl ons in gedagte hou dat daar ’n groot nood is. Die volgende siklus open op 1 November en die aansoekvorm sal ook daar beskikbaar wees op ons webblad."

Hoe social media-literate is ôs tydens die fourth industrial revolution?

Tasneem Daniels Menings 2020-10-19

"Ôs behave met ôse phones soes Pavlov’s dog – die phone moet net beep dan react ôs!"

Wonderwerke te koop

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2020-10-19

"Adrenalien is ’n kragtige pynstiller. Dit verklaar waarom sommige mense met pyn ná ’n 'genesing' vir ’n rukkie pynvry is – charismatiese opsweping en ekstase speel ’n groot rol. En intussen duur hierdie roekelose 'genesings' voort – goedgelowige slagoffers wat charismatiese bedieninge se donasies in sessyfergetalle in NGO’s laat inrol, belastingvry."

Top