Van dink na doen is ’n nuwe podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing.
Lidia Rauch gesels met die teoloog Louis van der Riet. Louis het onlangs ’n gesamentlike doktorsgraad aan die Vrije Universiteit Amsterdam en Universiteit Stellenbosch voltooi. Hy en Lidia gesels onder meer oor die verband tussen waarheid en oorgangsgeregtigheid, die versoeningsdiskoers in Suid-Afrika, en witwerk.
Lees ook op LitNet Akademies:
Assemblage-teorie, affek en witwees. ’n Alternatiewe blik op die werking van witwees
Lees ook op LitNet:
Versoening en sosiale kohesie: ’n onderhoud met Elnari Potgieter

