Louis van der Riet

Louis van der Riet is 'n teoloog, navorser, en fasiliteerder. Sedert 2022 werk hy saam met Inclusive and Affirming Ministries (IAM). Hy is as navorsingsgenoot aan die Universiteit Stellenbosch gekoppel, en is 'n geordende predikant in die NG Kerk. Hy dien op taakspanne vir gendergeregtigheid en rasseversoening en op die kerkraad van Groote Kerk (Kaapstad). 

Waarom sou ’n mens nog na die NG Kerk toe gaan? 

Louis van der Riet Menings 2025-09-02

"Vandag verstaan ek die doop as God se eerste en mees grondliggende bevestiging van ons (my) identiteit. Dit is God se 'ja' oor ons lewens. Tog het dit ’n hele paar siklusse van bevestiging, ontnugtering en hertoewyding vir my gevat om dit te begryp."

Van dink na doen: ’n onderhoud met Louis van der Riet

Lidia Rauch, Louis van der Riet Onderhoude 2021-04-01

Van dink na doen is ’n nuwe podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met die teoloog Louis van der Riet. Louis het onlangs ’n gesamentlike doktorsgraad aan die Vrije Universiteit Amsterdam en Universiteit Stellenbosch voltooi. Hy en Lidia gesels onder meer oor die verband tussen waarheid en oorgangsgeregtigheid, die versoeningsdiskoers in Suid-Afrika, en witwerk.

Geestelike geletterdheid en die sekspolisie

Louis van der Riet Seminare en essays 2015-10-23

"Ons maak foute in die kerk. En dit is goed so. Want is worsteling (dood) en vreugde (opstanding) nie die enigste manier om ons te verlos van onsself nie – van wie ons dínk ons is en van ons vals keuses nie?"

Top