Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
VSA-verkiesing 2020: Doodsake
2020-11-10"Met Biden se oorwinning ... kan meer mense weer asemhaal, gedagtes ’n bietjie laat swewe, minder bekommerd voel oor watter vulgêre spoggery, onnoselheid, krasheid, gemeenheid, of aanslag op demokratiese grondreëls ons daagliks gaan tref."
VSA-verkiesing uit die oog van "gewone" mense
2020-11-09"Daar lê harde werk voor. Amerika sal moet diep introspeksie hou oor wie hulle as ’n nasie is."
VSA-verkiesing 2020: Wie ook al wen, gaan verloor
2020-11-07"Waar hy [Trump] hom egter onderskei het – en selfs sy mees geharde vyande moet dit erken – is die feit hy die meeste van sy groot verkiesingsbeloftes nagekom het. Beginnende by die ekonomie."
2020 USA election: How did it come to this?
2020-11-06"If Trump loses, it will be a stolen election in full view of the public."
Gesprekke met ontvangers van die R350-COVID-19-verligtingstoelaag
2020-11-05"Wat is die waarde van R350? Vir die meeste mense is dit nie genoeg vir ’n week se kruideniersware nie, maar vir duisende Suid-Afrikaners was die spesiale COVID-19-toelaag van R350 hul enigste inkomste."
Victoriawaterval: Tweede kans of onoordeelkundige besluitneming?
2020-11-05"Indien die Victoriawaterval-insident as ’n tweede kans beskou sou word, dan is dit moontlik dat ’n individu ’n tweede kans op oorlewing beleef sonder om werklik bewus te wees dat dit ’n tweedekansgeleentheid is totdat die insig op ’n later stadium by wyse van terugskouing teweeggebring word."
Skoon wasgoed: Poskaarte van ver af
2020-11-05"Ek onthou dat ek Foxtrot iewers beskryf het as ’n liefdesbrief aan Afrikaans van ’n ver land af. Postcards from the edge, wil mens amper sê. Poskaarte en briewe is wat jy skryf wanneer jy nie in die vlees teenwoordig kan wees nie."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Arrie Rossouw
2020-11-05’n Verkiesing met die grootste stempersentasie in meer as ’n eeu. Strawwe mededinging met dreigende regstappe deur ’n omgekrapte Trump. Trump het hom voortydig as die wenner verklaar te midde van die COVID-pandemie, wat die VSA erg getref het. Freek Robinson gesels met oudredakteur Arrie Rossouw.
ATKV-Woordveertjiewenner Chanette Paul: 'n onderhoud
2020-11-05"Romantiese verbintenisse is dikwels juis die broeiplek van geweld. Vroue word verkrag, ook deur hulle mans. Mense word vermoor deur lewensmaats. Ontspanningsfiksie in die breë, insluitende romantiese fiksie, kan dieselfde temas aanpak as fiksie in enige ander gedaante. Dis net meer toeganklik en word anders aangebied as byvoorbeeld in hoogs literêre werke."
2020 USA election: The countdown to the apocalypse?
2020-11-04"I will never understand the support for someone who has shown no respect for this democracy or for others’ lives. Trump’s made it clear that rules don’t apply to him, and I guess half of the country truly doesn’t care."
Sake voortspruitend: ’n Reaksie op Michael le Cordeur se hervormingstrategie vir die Afrikaans-skoolkurrikulum
2020-11-04Gerhard van Huyssteen reageer op Michael le Cordeur: "Die punt in hierdie artikel is dus dat Le Cordeur se voorstel om Kaapse woorde te behou wat reeds in die AWS opgeneem is, dalk wel onder skoot kan kom. Dit sal gaaf wees as die sprekersgemeenskap hieroor eensgesindheid kon hê, want dan weet ’n mens om die pad vorentoe met of sonder hierdie woorde te loop."
Mister Japp en Thoroughly Modern Milly
2020-11-04"In Thoroughly Modern Milly het die nare losieshuiseienaar jong meisies as slawe ontvoer, verkieslik weeskinders. 'Sad to be all alone in the world,' het sy temerig gehuigel wanneer sy hulle ontmoet."
Verkeerd-om reg
2020-11-04"Die Amerikaanse verkiesing word hierdie week beslis. Maak nie saak wie wen nie, die afgelope aantal jare het die foutlyne in die Amerikaanse samelewing duideliker as ooit uitgewys. En dit maak saak vir ons, want dieselfde foutlyne bestaan ook by ons."
Sean Connery, veelsydige superster
2020-11-04"Toe Sean Connery in die vroeë sestigs op die toneel kom, het hy ’n nuwe kleur, gemaklikheid, charisma en ’n sensuele kwaliteit aan volbloed manlikheid gegee wat destyds gekort het en waarvoor akteurs versigtig was."
#opdielug met Deidre Jantjies
2020-11-04Die volgende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Deidre Jantjies. Deidre vertel vir Robyn van de Rhede meer oor haar vervaardigingsmaatskappy (wat onbekende geskiedkundige verhale van Suider-Afrika vertel) en haar N/uu-, Griekwa-, Nama- en Korana-erfenis.
Só kan Pentekostaliste die mag van ideologie breek
2020-11-04"As die ‘wit’ kerk meer sou luister, sal hulle waarskynlik ophou vra hoeveel keer ons nog apologie moet aanteken en iets begin doen aan die haglike lewensomstandighede van die meerderheid mense in ons land. Die voorwaarde vir vrede in Suid-Afrika hou verband met geregtigheid wat sigbaar veranderings in mense se lewensituasie veroorsaak."
Meer toelaes kan lewe beter maak in Suid-Afrika
2020-11-03"Hierdie outeurs skryf ook dat Suid-Afrikaners wat nog jonk genoeg is om te werk ’n grondwetlike reg op maatskaplike hulp het."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gert Grobler
2020-11-03Stembusdag: 3 November. Freek Robinson gesels met Gert Grobler, afgetrede beroepsdiplomaat, oor die internasionale belang van die Amerikaanse presidentsverkiesing.
Ons moet álmal veilig voel – en dit geld vir gender ook
2020-11-03"Nee. Jy kan nie iemand wat transgender is met 'terapie' en/of gebed 'genees' nie. Ook nie mense wat gay is nie, want indien jy dit voorstel, is jy bloot onsensitief en onkundig."
Oor Kaaps en herstandaardisering: ’n mening
2020-11-02"Hoe word Kaaps of Kaapse Afrikaans gedefinieer?"
