
Foto van Lia Snijman: verskaf
Stellenbosch is gereeld die plek waar Afrikaanse taalkwessies bespreek word en waar konflik kop uitsteek. In 2021 alleen was daar ’n konflik rakende die gebruik van Afrikaans in die Universiteit Stellenbosch (US) se koshuise; die Open Stellenbosch-dokumentêr Luister is weer gewys; ’n protes vir die behoud van Afrikaans aan die US het plaasgevind; die US-Taalbeleid word hersien en daar word tydelik afgewyk van die huidige Taalbeleid.
Wat is ’n taalbeleid?
In die US-Taalbeleid (2016) verbind die US hulself tot meertaligheid, spesifiek die gebruik van Afrikaans, Engels en Xhosa, in al hul akademiese, administratiewe, professionele en sosiale kontekste en by alle afdelings van die US. Hulle verduidelik dat hulle hoop dat dit tot toeganklikheid en akademiese sukses sal bydra.
.......
Die Taalbeleid verwys na die Suid-Afrikaanse Grondwet, naamlik dat dit voorsiening maak vir sy burgers om opvoeding te ontvang in die amptelike taal van hul keuse. Hulle verwys ook na die Grondwet wat fokus op die regstelling van vorige praktyke waar rassediskriminasie plaasgevind het.
.........
Die Taalbeleid verwys na die Suid-Afrikaanse Grondwet, naamlik dat dit voorsiening maak vir sy burgers om opvoeding te ontvang in die amptelike taal van hul keuse. Hulle verwys ook na die Grondwet wat fokus op die regstelling van vorige praktyke waar rassediskriminasie plaasgevind het.
Marius Swart, ’n kundige op taalbeplanningsgebied en ’n dosent vir die Afrikaans en Nederlands-departement aan die US, verduidelik dat taalbeleide “tradisioneel dokumente is wat iets moet regstel of iets moet bestuur in ’n situasie waar daar ander goed fout is”. Hy voeg by: “Taalbeleide kom veral ter sprake in samelewings wat in die relatief onlangse verlede bevry is van kolonialisme, of wat andersins gedemokratiseer is, waar daar ’n klomp moontlike tale is wat kompeteer vir dieselfde hulpbronne en waar daar ‘n klomp verskillende taalgemeenskappe is, of waar taal deel uitmaak van nasiebou-agendas.”
........
Swart sê dat taalbeleide rekening moet hou met die feit dat ’n mens nie die persoon van sy of haar taalgebruik kan skei nie. Dit beteken dat alhoewel mens ideaal gesproke ’n taalbeleid as ’n praktiese bestuursdokument sou wou hê, dit altyd politieke en sosiale gevolge het.
.........
Swart sê dat taalbeleide rekening moet hou met die feit dat ’n mens nie die persoon van sy of haar taalgebruik kan skei nie. Dit beteken dat alhoewel mens ideaal gesproke ’n taalbeleid as ’n praktiese bestuursdokument sou wou hê, dit altyd politieke en sosiale gevolge het.
Boonop is daar soms grys gebiede oor wat beheer kan word. Swart verduidelik dat die US se taalbeleid byvoorbeeld alles taalgewys behoort te beheer wat op hul eiendom gebeur, sowel as wat personeel en studente doen “in hulle hoedanigheid as lede van die instelling”. “Dit gaan egter nie maklik beheer wat mense in persoonlike sfere doen nie,” sê hy. Dit is waar ruimtes soos universiteitskoshuise inkom as ’n grys area – dit is tog ’n persoonlike spasie waar mense leef, maar dit is ook die US se eiendom en daarom onderhewig aan institusionele beleide, sê Swart.
In ’n 2 April-meningstuk op Netwerk24 het Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die US, gesê dat dit ’n fout is as studente aangesê word om nie Afrikaans in ’n sosiale konteks te gebruik nie en dat dit nie ooreenstem met die US se taalbeleid nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie is besig met ’n ondersoek oor die insidente en die US het ook hul eie, onafhanklike ondersoek. Martin Viljoen, woordvoerder vir die US, sê die eerste fase van die ondersoek sou teen einde April klaar wees.
Hoe sien ons taal?
“Alle tale word as hulpbronne vir die doeltreffende opbou van kennis beskou,” sê die Taalbeleid. Swart sê dat dit ooreenstem met die meeste moderne taalbeleide wat fokus op taal as ’n hulpbron, eerder as op taal as ’n reg. Hy verduidelik dat almal as gevolg van die Grondwet as landsburgers teoreties die reg het om die taal van hul keuse te gebruik, maar dat dit ook tot konflik kan lei, want die opeis van iemand se regte kan die soortegelyke regte van iemand anders onder druk plaas.
Die idee van ’n taal eerder as ’n hulpbron sien is ’n veel meer positiewe benadering as om taal te sien as iets waarop mens aandring om te kry, sê hy. Dit gaan oor die benutting van taal as hulpbron sodat mense op die doeltreffendste wyses te werk kan gaan. Hy bieg dat dit wel ook moeiliker is, aangesien dit ’n “soort vertroue” en wedersydse respek impliseer, naamlik die erkenning daarvan dat almal se tale gelykwaardig is en dat alhoewel hulle nie in elke konteks ewe algemeen voorkom nie, hulle wel bruikbare hulpbronne is.
“Alle aspekte van die Taalbeleid en die implementering daarvan in onderrig en leer behoort pedagogies verantwoordbare onderrig en leer te fasiliteer,” staan in die Taalbeleid. Swart sê dat doeltreffende onderrig en leer die hooffokus behoort te wees van ’n akademiese instelling se taalbeleid.
Uitsonderings en uitvoerbaarheid
.........
Swart wys daarop dat die areas in enige beleid waar daar vraagstukke kan opduik, die gedeeltes is waar daar modale woorde en kwalifikasies voorkom. “’n Beleid is bedoel om duidelike, ondubbelsinnige riglyne te stel, nie om te lyk asof dit agterdeure oophou nie,” sê hy.
...........
Swart wys daarop dat die areas in enige beleid waar daar vraagstukke kan opduik, die gedeeltes is waar daar modale woorde en kwalifikasies voorkom. “’n Beleid is bedoel om duidelike, ondubbelsinnige riglyne te stel, nie om te lyk asof dit agterdeure oophou nie,” sê hy.
Die Taalbeleid stel dit byvoorbeeld baie duidelik dat alle assesserings in beide Engels en Afrikaans beskikbaar is en beantwoord kan word, maar by lesings is daar meer kwalifikasies.
Vir voorgraadse studente moet daar verkieslik aparte lesings in Afrikaans en Engels plaasvind, volgens die beleid. Waar dit nie prakties moontlik of regverdigbaar is nie (daar is byvoorbeeld te min studente), word die klas in Engels aangebied met minstens die belangrikste punte wat opsommend in Afrikaans oorgedra word. Daar is altyd intydse tolking beskikbaar vir eerstejaarmodules en dit is ook op versoek beskikbaar vir ander klasse.
Daar word daarop gefokus dat mense tegemoet gekom word in hul voorkeurtaal by vergaderings en geskrewe kommunikasie, maar “waar die US nie oor die vermoë beskik om aan die taalvoorkeur te voldoen nie, is Engels die kommunikasiemiddel”.
Swart verduidelik dat ’n beleid “’n raamwerk skep waarbinne mense moet optree”, maar dat beleide alleen oor die algemeen nie mense se gedrag verander nie. Dit dien eerder as ’n soort grondwet vir taalgebruik wat uiting kry deur fakulteite se implementeringsplanne. “Dit is veronderstel om ’n klimaat of kultuur te skep meer as om noodwendig vir elke spesifieke [geval] ’n praktiese strategie te gee,” sê hy.
“Die Viserektor: Leer en Onderrig kom jaarliks met die dekane van die fakulteite ooreen oor meganismes om aanspreeklikheid vir die implementering van hierdie Beleid te verseker,” sê die Taalbeleid. Elke fakulteit en steundiensafdeling het ‘n taalimplementeringsplan en moet dit elke jaar hersien. Die senaat kan daardie plan aanvaar of terugverwys na die fakulteit.
Swart voeg by dat ’n beleid meer gaan oor “om goed moontlik te maak”. As die beleid vir ’n spesifieke tipe taalgebruik voorsiening wil maak, dan behoort die beleidseienaars die fondse beskikbaar te stel om daarvoor te betaal, in plaas daarvan dat dit praat oor wat dit graag sou wou doen as daar wel hulpbronne beskikbaar is, sê Swart.
Die verskillende prosesse van ’n klagte indien oor die taalbeleid word ook uiteengesit in die Taalbeleid.
Regskwessies
In 2019 het die Konstitusionele Hof beslis dat in die saak tussen die US en Gelyke Kanse, die korrekte prosesse gevolg is om die Taalbeleid (2016) op te stel en dat die beleid nie ongrondwetlik is nie.
Pierre de Vos, hoof van die Departement Publiekreg aan die Universiteit van Kaapstad, sê die uitspraak was korrek en dat dit “ongelooflik verbasend” sou gewees het as dit andersom was. Hy wys daarop dat die Grondwet die reg op moedertaalonderrig gee slegs waar dit redelikerwys uitvoerbaar is.
.........
De Vos verduidelik dat die vorige Taalbeleid (2014) swart studente uitgesluit het en dat aangesien daar ’n beperkte aantal plekke in universiteite oor die land beskikbaar is, en aangesien die US ’n hoë-kwaliteit-universiteit is, dit onregverdig sou wees om hulle uit te sluit.
..........
De Vos verduidelik dat die vorige Taalbeleid (2014) swart studente uitgesluit het en dat aangesien daar ’n beperkte aantal plekke in universiteite oor die land beskikbaar is, en aangesien die US ’n hoë-kwaliteit-universiteit is, dit onregverdig sou wees om hulle uit te sluit.
Hy beskryf die Taalbeleid (2016) as “ongerieflik” vir Afrikaanssprekendes, maar sê dat dit ligter weeg as dat swart studente heeltemal van die US uitgesluit sou moet word.
Frederik van Dyk, ’n LLM-kandidaat aan die Leerstoel vir Sakereg aan die US en sekretaris van die US Konvokasie en StudentePlein, sê die middelpunt van die US se sukses in die grondwetlike saak is koste, naamlik dat dit te duur is om “volle parallelmediuminstruksie in Afrikaans en Engels te behou”.
Hy kritiseer hierdie benadering aangesien hy, en Gelyke Kanse, daarop wys dat daar bloot aanvaar is dat die US se beleidsproses met ’n koste-ontleding gepaard gegaan het en dat dit ’n “opgeblase nagedagte in die litigasie was”.
Van Dyk meen dat die regters nie “die verbintenis tussen openbare universiteite as publieke kennissentrums en die volhoubare, lewenskragtige gebruik van inheemse tale” oorweeg nie. Hy voeg by: “Die regter versuim ook om die kwessie van taalgelykwaardigheid en die reikwydte daarvan te ondersoek soos dit by staatsinstellings hoort.” Hy stel verder die vraag wie dan wel die verantwoordelikheid moet neem vir tale in hul streek, indien nie universiteite nie.
“Miskien moes die litigasie eerder wyer as slegs die taal in die klasse geraam gewees het. Die debat handel ook oor navorsing in tale anders as Engels, die effek van eentaligheid op ’n lewenskragtige veeltalige samelewing en ook oor taalvolhoubaarheid in ’n postkoloniale Suid-Afrika, wat juis oorheersing en meerderwaardigheid in al sy fasette probeer hokslaan. As dit die denke agter regsargumente is, kan meertaligheid nog ’n kans staan,” sê Van Dyk.
.........
"Miskien moes die litigasie eerder wyer as slegs die taal in die klasse geraam gewees het. Die debat handel ook oor navorsing in tale anders as Engels, die effek van eentaligheid op ’n lewenskragtige veeltalige samelewing en ook oor taalvolhoubaarheid in ’n postkoloniale Suid-Afrika, wat juis oorheersing en meerderwaardigheid in al sy fasette probeer hokslaan."
...........
Hersiening van die taalbeleid
Die huidige taalbeleid is in 2016 goedgekeur en is vanaf 2017 geïmplementeer. In die beleid self staan daar dat ’n hersiening na vyf jaar moet plaasvind, en dis waarom daar nou vir kommentaar gevra is deur die US vir hul 2022-taalbeleid. Swart sê dat die hersiening van ’n taalbeleid normaal is, aangesien “voortdurende monitering en evaluering” belangrik is.
Die US Taalbeleid (2016) word as vertrekpunt gebruik. Die sluitingsdatum vir publieke insette op die eerste konsep was 12 April. Die tweede konsep sal in die tweede semester beskikbaar wees vir publieke insette. Die US het gekommunikeer dat hul doelwit is om die nuwe taalbeleid teen 2 Desember 2021 aan die universiteitsraad voor te lê.
Viljoen sê dat dit nog te vroeg in die proses is om te kan kommentaar lewer oor die aantal en aard van die insette wat hulle ontvang het.
Swart sê dat daar nie soseer op die teks van die Taalbeleid gefokus moet word nie, maar eerder dat daar gekyk moet word na of die beleid sy doelwitte bereik het. Daar moet ook ’n metingsinstrument wees wat kan kyk of die duidelik gestelde doelwitte bereik is en of aanpassings vervolgens nodig is. Die data wat ingesamel word, moet verkieslik ekstern geoudit word sodat belanghebbendes verseker kan wees van die deursigtigheid en geloofwaardigheid van die proses en dan gebruik kan word om te kyk waar veranderings nodig is.
.........
Volgens Arnold Schoonwinkel, voormalige viserektor vir leer en onderrig aan die US, was daar in 2017 ’n meningsopname waar 61% van studente gesê het hulle verkies kennisoordrag in Engels en die ander 39% verkies onderrig in Afrikaans, of beide Afrikaans en Engels.
...........
Volgens Arnold Schoonwinkel, voormalige viserektor vir leer en onderrig aan die US, was daar in 2017 ’n meningsopname waar 61% van studente gesê het hulle verkies kennisoordrag in Engels en die ander 39% verkies onderrig in Afrikaans, of beide Afrikaans en Engels. In De Villiers se 2 April-meningstuk noem hy dat 37,7% van voorgraadse studente vir hierdie jaar Afrikaans as hul huistaal aangedui het en dat 49,2% van daardie studente hul onderrig in Engels verkies. Hy sê daar is “steeds ’n beduidende vraag na onderrig in Afrikaans”, met 20% van alle voorgraadse studente wat dit as hul voorkeur uitspreek.
“Ons akademiese aanbod in die drie aanbiedingsvorme waarvoor die Taalbeleid voorsiening maak, het die afgelope vyf jaar min of meer dieselfde gebly. Die syfers vir 2020 het getoon dat 17,8% van klasse in parallelmedium plaasgevind het (afsonderlike Engelse en Afrikaanse strome), 63,2% in dubbelmedium (lesings in Engels, met 'n opsomming in Afrikaans) en 19% in enkelmedium (slegs Engelse of slegs Afrikaanse lesings),” sê De Villiers.
Afwyking van huidige Taalbeleid
Die afwyking van die taalbeleid is ’n aparte proses van die hersiening daarvan. Dit is blote toeval dat die twee prosesse terselfdertyd gebeur.
“Die Senaat van die US, die instelling se hoogste akademiese liggaam, het op 19 Maart 2021 ’n aanbeveling van die Akademiese Beplanningskomitee, ’n subkomitee van die Senaat, aanvaar dat daar vir die eerste semester van 2021 afgewyk word van fakulteite se taalimplementeringsplanne, in dié sin dat dosente nuwe leermateriaal net in Engels beskikbaar hoef te stel, en nie ook Afrikaans soos bepaal in die huidige US Taalbeleid (2016) nie,” het die US in ’n mediavrystelling gesê.
Hulle het verduidelik dat dit net toepaslik is op nuwe leermateriaal en dat dit is as gevolg van beperkte tyd vanweë aanlyn leer wat tydens die grendeltyd moet gebeur. Assesserings word nie daardeur geraak nie en dosente is aangeraai om van die US se Taaldienste gebruik te maak om hul studente te help.
Swart sê dat goedgekeurde afwykings van beleidsdokumente nie op sigself ’n abnormale gebeurtenis is nie, aangesien nuwe veranderlikes in ag geneem moet word. “Dit is veronderstel om met veranderende omstandighede tred te hou.”
Hy sê dat die meriete van sulke afwykings wel deeglik en krities oorweeg moet word en meen die verduideliking is “vaag verwoord”, wat kan lei tot probleme met die billike uitvoering daarvan en kontrole daaroor.
.........
Van Dyk sê die “skielike afsny van die Afrikaanse aanbod” doen groot skade aan meertaligheid aan die US en die studies van Afrikaanssprekendes.
..........
Van Dyk sê die “skielike afsny van die Afrikaanse aanbod” doen groot skade aan meertaligheid aan die US en die studies van Afrikaanssprekendes. Hy vra of die pandemie nie moontlik ’n “lui verskoning” kan wees om nie Afrikaans te bevorder nie, maar noem ook dat dit moeilik is om te weet, aangesien die besluit “agter toe deure en sonder openbare insae” geneem is.
“Die US se passiewe aflag van verantwoordelikheid jeens Afrikaans as mede-onderrigtaal, oortuig my egter dat die besluit ligtelik, gemaklik en sonder oorweging van die uitkringgevolge geneem is,” sê Van Dyk.
De Vos sê dit is moeilik om te oordeel of die kwessie regverdig hanteer is, want dit hang af of die US “die nodige fondse het om addisionele personeel aan te stel om die ekstra werk te behartig en of dit prakties haalbaar is om sulke ekstra personeel aan te stel”.
Lees ook:
US-taaldebat 2021: Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch
Afrikaans by die Universiteit van Fort Hare maak sy deure toe
US-taaldebat 2021: Taal op Maties ‒ Vir moedertaalonderrig of vir volk en vaderland?
US-taaldebat 2021: Is die Universiteit Stellenbosch besig om Afrikaanse studente te ont-taal?
US-taaldebat 2021: Toe, wanneer word jy baas oor ’n ander se mond?
SU language debate 2021: Inside the anxious world of the taalstryders
US-taaldebat 2021: Skande op Maties – rooi ligte in die US se taalbeleid
US-taaldebat 2021: Stellenbosch se taalbeleid lankal onsmaaklik en toksies