Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Sê nou ôs lies stories vi ôs kinners tydens die pandemic?
2021-01-08"As usual is ek mos innerlik proud om meer Muslim coloured stories vannie Cape Flats te sien op ôs boekrakke, en ek’s evens happier dat ôs klein kinners kan van dit benefit! ... Ek kan nie genoeg sê hoe moeg ek is om stories soes Boet en Saartjie ... virrie kinners te leer nie – dis high time vir iets nuuts! Soe obviously hettie onderwyser in my baie excited geraak virrie launch van Faizel en die sterre, en ek hoep dat hierie boek baie vê na ôse communities gaan travel."
US Konvokasie 2020: Ons kan nie oor taalsake saamwerk sonder basiese vertroue nie
2021-01-08"Uit die staanspoor moet ons aanvaar dat daar om geldige geskiedkundige redes wantroue jeens Afrikaans se wit voorstanders bestaan ... Wat Afrikaanse leiers nou te doen staan, is om geskiedkundige pyn enersyds te verstaan, maar andersyds te besef dat ons mekaar se heel basiese doelwit – om Afrikaans ’n proaktiewe plek in hoër onderrig en leer te gee – moet vertrou."
Leon Strydom (1944–2021) – ’n klein huldiging
2021-01-07"Eers toe ek in 1990 as dosent in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan my alma mater begin werk het, kon ek agterkom watter waardevolle verstewiging die doseer- en studieleierswerk wat hy en sy vakgenote verrig het, vir die kritiese bestudering van tekste op mý vakgebied ingehou het."
Leon Strydom: Fynproewer, hengelaar, letterkundige en kunsleier tot die einde
2021-01-07"Hy was ’n afgeronde, belese en bekroonde akademikus en digter, maar dit was veral vir sy werk as kunskenner dat hy bekendheid verwerf en talle rigtinggewende kunstenaars ’n platform gegee het."
Leon Strydom, jy was een van die laastes: ’n ouwêreldse kunsconnoisseur
2021-01-07"Jy was een van die laastes: ’n ouwêreldse kunsconnoisseur, en een van die laaste oorblywendes wat nog huisbesoeke onderneem het. Watter voorreg, in die konteks van ons wêreldwye mensevermydende sosiale tendense tans."
#opdielug met Crystal-Donna Roberts
2021-01-07Die aktrise Crystal-Donna Roberts, bekend vir onder andere die film Krotoa en die telenovela Arendsvlei, is een van vier skrywers wat gekies is vir die Jakes Gerwel Stigting en NB-Uitgewers se mentorskapprogram vir opkomende skrywers in 2021. Robyn van de Rhede gesels met haar.
COVID-19: Die kliniese bestuurder van ’n 200-bed-veldhospitaal vertel
2021-01-07"Dis ’n vreemde virus hierdie. Met gewone griep sal net 1–2% mense hospitaaltoelating benodig, so 98% kan tuis aansterk. Met COVID-19 is dit anders, met omtrent 14% wat ernstig siek word en tot 5% wat krities siek word en intensiewe sorg mag benodig."
Sy naam was Poenskop
2021-01-07"In standerd 9 was daar so baie sekerhede. Neil Diamond was cool. Moffies het hel toe gegaan. Moenie gedigte skryf nie, dis weird. Moenie dans nie, dit kan lei tot seks."
Reguit met Robinson: A Zoom interview with Glenda Gray
2021-01-06What went wrong in South Africa? Freek Robinson interviews paediatrician and president of the Medical Research Council, Glenda Gray.
Jan van der Merwe weens COVID-19 oorlede
2021-01-06Jan van der Merwe, antropoloog, kultuurhistorikus, skrywer en fotograaf, is op 4 Januarie 2021 weens COVID-19 oorlede.
My reis met blokkiesraaisels
2021-01-05"Nog ’n voordeel is dat blokkiesraaisels ander kognitiewe funksies soos intuïsie en kreatiwiteit bevorder, omdat die oplos (en skep) van raaisels beide hierdie breinvaardighede gebruik wanneer ’n mens gereeld moet raai en soek vir alternatiewe."
Wys my jou waarheid met Lidia: ’n onderhoud met Werner Wessels
2020-12-24In haar tweede maandelikse podsending gesels Lidia Rauch met Werner Wessels, die kreatiewe konsultant vir Mej Suid-Afrika.
#opdielug met Brumelda Bell
2020-12-24Robyn van de Rhede gesels met die rymkletser en liriekskrywer van Montagu, Brumelda Bell. Brumelda was ’n semifinalis in die 2019-Suidoosterfees se Talentsoektog. Sy was ook in 2020 deel van die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees se mentorskapprogram vir jong liriekskrywers, waar Frazer Barry van Tribal Echo die mentor was.
Seisoengroete aan die einde van 2020
2020-12-23LitNet wens al sy lesers seisoengroete en gesondheid toe aan die einde van hierdie jaar.
My pad met COVID-19: drie ervarings van die virus
2020-12-23Drie vroue in hul veertigs vertel vir Naomi Meyer hul onderskeie stories van hul pad met COVID-19: "Ek is bereid om mense te smeek om die mediese kenners ernstig op te neem."
Die byvoordele van maskers
2020-12-22"My vlugkodes skakel aan. Ek word onmiddellik buitengewoon prakties en vinnig. Masker, bra, sleutels – masker want daar is nie tyd om tande te borsel nie; bra al gaan dit ekstra sekondes vat, want ek is bo sestig; sleutels want daar is net twee bosse en die tweede een is by die eienaar in ’n ander dorp. Ek vergeet heeltemal van die virus."
Liberty Books gaan groot
2020-12-22"In ’n jaar waar die koronavirus verwoesting gesaai het, nie net in ons gesondheidsektor nie, maar ook in baie bedrywe wat staatmaak op voete deur die deur, het ons gewoond geraak aan besighede wat hul deure moes sluit, soms permanent. Juis daarom sit Liberty Books se nuwe woonplek ’n huppel in die stap."
Die Islamitiese verset in Cabo Delgado in Noord-Mosambiek
2020-12-21"Drie vrae is relevant: Wie of wat is die plaaslike bevolking in hierdie gebied? Wie is die nuwe beleggers? En wie of wat is verantwoordelik vir die insurgensie? Die antwoorde is dalk nie so maklik nie."
“Een brief in een fles is dit, Breyten”
2020-12-21"Blijkbaar hechtte Kouwenaar belang aan de politiek geëngageerde gelegenheidsverzen en hij heeft de teksten een vaste plek gegeven in het gebundeld en later verzameld dichtwerk. De dichter, over wiens werk menig critici wel eens stelt dat het autonomistisch is en dus een autonome taalwerkelijkheid opbouwt, heeft zich niet alleen in de marxistische beginfase van zijn dichterschap maar ook later politiek uitgesproken."
