Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

DP Botha, Wellington se donkie, vier sy 96ste verjaarsdag

Raymond van Diemel Menings 2021-03-25

"'Wellington se donkie wat met Hendrik Verwoerd swaarde gekruis het.' Hierdie botsing gee ’n dramatiese blik op DP se roeping as evangelis, teenstander van apartheid en kampvegter vir menseregte."

US-taaldebat 2021: Kinkel in die kabel

Ingrid Jones Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-25

"Ons weet wie die voorlopers, die sleutelbordaktiviste, bewakers, saamlopers, vryers, verdagmakers, puriste, nuwelinge, taal-toi-toiers, ens is. Iemand moet die kinders ’n geskiedenisles gee."

Onverskilligheid of malligheid? Ons hoef nie een sektor van die gemeenskap te ontmagtig om die ander te bemagtig nie.

Mvula Yoyo Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-25

"Hoe help dit die student van Khayelitsha dat Trompie Toerien van Genadendal nie meer wiskunde in Afrikaans kan leer nie? Die groot vraag sentreer rondom watter voordeel daar is vir die Xhosasprekende studente as daar nie meer kursusse in Afrikaans aangebied word nie. Die vraag wat ons onsself behoort te vra is hoe ons daartoe kan bydra dat hierdie studente wel in Xhosa kan studeer."

’n Lewenslange affaire met woorde

Jan Badenhorst Menings 2021-03-24

"Om twee maal in ’n leeftyd met Madiba blad te skud moes stellig ’n hoogtepunt in enige joernalis se loopbaan gewees het. Maar om in daardie selfde leeftyd ook prinses Grace van Monaco se sagte, warm hand in joune te geneem het en boonop ook nog deur Haar Majesteit die Koninginmoeder gevaarlik naby vir ’n foto toegegimlag te word, grens aan die magiese."

Wat jou skoene verklap

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-03-24

"So, wat verklap jou skoenkeuse van jóú persoonlikheid?"

’n Taalbom bars al weer in Stellenbosch

Mercy Kannemeyer Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-24

"Taal is sentraal tot wie ons is."

Transgender: keuse of genetika?

Liné Loff, Ockie Vermeulen Onderhoude 2021-03-24

"Hoekom sou ons dit wou beheer of manipuleer, en waar trek mens die streep? Sou jy wou beheer uitoefen oor die kleur van jou kind se oë?"

US-taaldebat 2021: Taal op Maties ‒ Vir moedertaalonderrig of vir volk en vaderland?

Ingrid Heÿdenrÿch Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-23

"My vraag is: Wat is hierdie waardes, norme en kulturele identiteit? Wie se voorouers? Is dit nie juis nodig vir die Afrikaanssprekende om sy taal en sy waardes nie meer te skoei op dié van sy voorouers nie? Om sy taal te sien, soos wat Breytenbach dit stel, 'as kompos. Om wéér in ander vorme te kan bind'."

Ricardo Peach: Daar gaan ’n man verby, hy groet

Marius Coetzee Menings 2021-03-23

"Hy het die insig gehad om die bestaande argetipes van die vorige fees in stand te hou, maar terselfdertyd emmers toegevoegde waarde te laat neerreën op die status quo van die Vrystaatse kultuurlandskap."

Die mooiste geluid in die wêreld

Jacques le Roux Menings 2021-03-23

"Trek ’n slag jou waterstewels aan, vat ’n flitslig en gaan vir ’n wandeling in ’n poel of dammetjie. Dit verg baie geduld, en as jy stil genoeg is, val die eer jou dalk te beurt."

Is jou ouma ook ’n donkie?

Menán van Heerden Menings 2021-03-19

"Jou oumagrootjie, wat skoolgaan in Graaff-Reinet, staan in die klaskamer se verre hoek met ’n bordjie wat om haar nek hang. Dit lui: 'I am a donkey, I spoke Dutch.' Sy is betrap dat sy Afrikaans op die skoolterrein gepraat het."

Persverklaring: Uitnodiging om kommentaar te lewer op eerste konsep van hersiene Taalbeleid (2016)

LitNet Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-19

Die Universiteit Stellenbosch (US) nooi belangstellendes uit om kommentaar te lewer op die eerste konsep van ’n hersiene Taalbeleid. Die US se Taalbeleid (2016) word gedurende 2021 hersien as deel van die hersieningsiklus van elke vyf jaar soos wat in dié beleid voorgeskryf word.

Hoe meet mens ’n jaar?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-03-19

"Dis nou die middel van Maart. ’n Jaar gelede hierdie tyd was die eerste COVID-19 gevalle al aangeteken in Suid-Afrika."

Uit die argief, US-taaldebat 2021: Referaat: Die impak van taalpolitiek op universiteite in Suid-Afrika – die geval Afrikaans

Wannie Carstens NeerlandiNet 2021-03-18

Wannie Carstens was vanjaar een van die sprekers by die Universiteit Gent se 3de Colloquium Afrikaans. Lees sy volledige referaat: "[E]nige mens wat in SA woon, is bewus dat politiek en taal nie juis van mekaar geskei kan word nie, veral as jy Afrikaans praat."

Uit die argief, US-taaldebat 2021: Wannie Carstens, US-raadslid: Waarom ek uitgeloop het

Wannie Carstens Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-18

"Binne minder as 20 minute is Afrikaans se status afgegradeer tot dié van ʼn mindere taal."

Reguit met Robinson: A Zoom interview with Thabane Vincent Maphai

Freek Robinson, Thabane Vincent Maphai Interviews 2021-03-17

What role can Afrikaners play in the practical rebuilding of South Africa? A summit between the Thabo Mbeki Foundation and Afrikaner interest groups took place at the end of February 2021 in Cape Town. Freek Robinson interviews Thabane Vincent Maphai from the Thabo Mbeki Foundation.

His Majesty King Zwelithini is dead. Long live the King!

Bhekisisa Mncube In memoriam 2021-03-17

"Wena wendlovu! Bayede! The sun has set at midday in the Republic of South Africa as the nation mourns one of its finest monarchs, His Majesty King Goodwill Zwelithini Ka BhekuZulu."

kykNET Fiëstas 2021: ’n Onderhoud met Dean Balie

Naomi Meyer, Dean Balie kykNET Portaal 2021-03-17

"Teater gaan sterker en nog beter terugkom!"

kykNET Fiëstas 2021: ’n Onderhoud met Cintaine Schutte

Naomi Meyer, Cintaine Schutte kykNET Portaal 2021-03-17

"Eerstens was dit ’n ongelooflike verrassing. Ek het dit glad nie sien kom nie. Ek dink na ’n jaar soos dié moet elke kunstenaar so ’n toekenning kry."

Marthinus Basson gereed om regisseurs se hande weer vuil te kry

Melt Myburgh, Marthinus Basson Onderhoude 2021-03-17

"Ons droom maar almal van op die vloer wees met ’n teks en spelers, en hierdie projek is ter voorbereiding van daardie dag wat ons weer iets kan doen, saam, vir ’n gehoor."

Top