Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Van kleefband na fopnuus

Freek Robinson Menings 2021-01-20

"Hierdie Januarie 45 jaar gelede het televisie in Suid-Afrika begin. En nou staan ons op die drempel van ’n nuwe era waar TV soos ons dit geken het daardie tyd, sal verdwyn."

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet Menings 2021-01-19

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

Die Covid-entstof en gestremdes: Meneer Ramaphosa, ek vra met respek

Marlene le Roux Menings 2021-01-19

"Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Afrika eers verlede jaar vry van polio verklaar, danksy inentingsprogramme. Hoewel die entstof reeds beskikbaar was toe ek gebore is, was ek te swart om dit by die wit kliniek te kry. Ek was drie maande oud toe ek polio gekry het."

Next family meeting het ek oek punte virrie agenda, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-01-19

"En moenie lat ek  begin met Eskom nie. Helfte vannie economy is toe, en hulle kan ‘ie die ligte aan hou nie. Wat gebeu’ as die economy oepmaak? Gan ôs die winter innie donker en koue sit, Uncle? En dan verwag djy ôs moet ôs vensters en deure oephou en social distance te’wyl ôs vrek vannie koue?"

Tussen verskeie vure: WhatsApp-privaatheidsinstellings, enkripsie en alternatiewe boodskaptoepassings (Telegram en Signal)

Burgert A Senekal Seminare en essays 2021-01-18

Is dit wys om WhatsApp te verlaat en na ander boodskaptoepassings oor te gaan?

Sulke vriende is skaars: Die briewe van Arnold van Wyk en Anton Hartman, 1949–1981: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2021-01-18

"Die publikasie van die briewe van dié twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse kunsmusiek lewer inderdaad ’n noemenswaardige bydrae tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis. Dit is ’n publikasie wat vanuit ’n estetiese oogpunt die perfeksionisties-gesinde Hartman en Van Wyk se goedkeuring sou wegdra. "

Theo Kleynhans verower die wye wêreld

Melt Myburgh, Theo Kleynhans Onderhoude 2021-01-15

Theo Kleynhans is besig om nes te skrop in Spanje. Melt Myburgh het met hom gesels oor sy opgang in die internasionale kunswêreld.

Die stralende toorn van Augusta

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-01-15

"Augusta was nie net charismaties wat geloof betref nie, sy het ook heelwat sjarme besit. Daar was altyd ’n vonkel in haar oog en lipstif op haar mond."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Renata Schoeman en Eugene du Plessis

Freek Robinson, Renata Schoeman, Eugene du Plessis Onderhoude 2021-01-14

Freek Robinson gesels met ’n psigiater, Renata Schoeman, en ’n kliniese sielkundige, Eugene du Plessis, oor die uitwerking van die COVID-19-pandemie op mense se gemoed.

Wees gegroet, Mohammed Karaan

Christo van der Rheede In memoriam 2021-01-14

"Jou passie vir die landbousektor en jou toewyding om oplossings vir komplekse uitdagings soos grondhervorming te help vind, het soos ’n goue draad deur die gesprek geloop."

’n Kroniek van die kettingbrief

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-01-14

"Ek was 10 jaar oud toe dit gebeur het – die eerste en enigste keer in my lewe. Een middag na skool hou my ma ’n koevert na my toe uit en sê: 'Hier is pos vir jou.'"

Gaslight Trump en die Republikeine van Amerika?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-01-14

"Na die gebeure van die afgelope week, met die sedisie-aanval op die setel van die Amerikaanse regering, kan die liedjie met ewe veel vrug op die Republikeinse Party gemik word."

Sophia Oliphant gesels oor haar ervaring met COVID-19

Sophia Oliphant, Izak de Vries Onderhoude 2021-01-13

"Die dood is ’n onderwerp wat nou onvermydelik is. Die mense in my gemeenskap begin nou meer bewus word van die dodelikheid van die virus. Ons is verslae en verlate as die dood intree."

Staatsgreeppoging in Amerika: pateties maar belangrik

Jan-Jan Joubert Menings 2021-01-12

"Navorsing toon dit is families wat al geslagte lank in die land is en dikwels redelik min akademiese opleiding het, en wat stadigaan relatief armer word namate die ekonomie oorskakel van industriële vervaardiging na ’n globale kennis-ekonomie, en ’n vloedgolf immigrante die land binnekom."

Waarom ’n entstof jou lewe kan red, maar nie jou DNS kan verander nie

Awie Badenhorst, Izak de Vries Onderhoude 2021-01-12

"Entstowwe, of vaksines, om die wetenskaplike naam te gebruik, word gewoonlik vervaardig wanneer ’n verswakte weergawe van die virus wat die siektes veroorsaak, in ’n persoon ingespuit word om ’n immuunreaksie te ontlok. Die persoon se eie immuunstelsel vervaardig dan teenliggaampies teen die virus."

Gus Ferguson: Old poets never die, they simply decompose

Finuala Dowling In memoriam 2021-01-11

"Gus’s totem, the snail, holds the key to a less well-known aspect of his make-up. He was a closet scientist; for him, science had a beauty and patterning that made it mystical."

Sê nou ôs lies stories vi ôs kinners tydens die pandemic?

Tasneem Daniels Menings 2021-01-08

"As usual is ek mos innerlik proud om meer Muslim coloured stories vannie Cape Flats te sien op ôs boekrakke, en ek’s evens happier dat ôs klein kinners kan van dit benefit! ... Ek kan nie genoeg sê hoe moeg ek is om stories soes Boet en Saartjie ... virrie kinners te leer nie – dis high time vir iets nuuts! Soe obviously hettie onderwyser in my baie excited geraak virrie launch van Faizel en die sterre, en ek hoep dat hierie boek baie vê na ôse communities gaan travel."

US Konvokasie 2020: Ons kan nie oor taalsake saamwerk sonder basiese vertroue nie

Frederik Rudolph van Dyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-01-08

"Uit die staanspoor moet ons aanvaar dat daar om geldige geskiedkundige redes wantroue jeens Afrikaans se wit voorstanders bestaan ... Wat Afrikaanse leiers nou te doen staan, is om geskiedkundige pyn enersyds te verstaan, maar andersyds te besef dat ons mekaar se heel basiese doelwit – om Afrikaans ’n proaktiewe plek in hoër onderrig en leer te gee – moet vertrou."

Leon Strydom (1944–2021) – ’n klein huldiging

Bernard Odendaal In memoriam 2021-01-07

"Eers toe ek in 1990 as dosent in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan my alma mater begin werk het, kon ek agterkom watter waardevolle verstewiging die doseer- en studieleierswerk wat hy en sy vakgenote verrig het, vir die kritiese bestudering van tekste op mý vakgebied ingehou het."

Leon Strydom: Fynproewer, hengelaar, letterkundige en kunsleier tot die einde

Nelia Richter In memoriam 2021-01-07

"Hy was ’n afgeronde, belese en bekroonde akademikus en digter, maar dit was veral vir sy werk as kunskenner dat hy bekendheid verwerf en talle rigtinggewende kunstenaars ’n platform gegee het."

Top