Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Alan Winde
2020-12-19Freek Robinson gesels met die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, oor sy brief aan die staatspresident om die Tuinroete se strande oop te stel, die onderskeid tussen party en staat, werkloosheid, die ekonomie en die geweldige druk waaronder mediese personeel en wetstoepassers verkeer.
Inspirasiepornografie
2020-12-17"Die term ’inspiration pornography’ is in 2012 gemunt deur Stella Young, ’n Australiese aktivis vir die regte van gestremde persone. Dit verwys na die verskynsel dat gestremde mense as bron van inspirasie gesien word suiwer op grond van hulle gestremdheid."
US Konvokasie-verkiesing en Merlyn van der Rheede: "Hieraan wy ek my toe"
2020-12-17"Alhoewel ons ’n ontwikkelende nasie is, word duisende leerders ... hul reg op moedertaalonderrig ontsê. Hierdie teenstrydigheid kom ons duur te staan, want sodanige kortsigtigheid het tot gevolg dat die gaping tussen die elite en die massas — die gaping tussen ryk en arm — net vergroot."
Medikus oor COVID-19 en die pad vorentoe
2020-12-16Freek Robinson en Angelique Coetzee neem die grendeltyd sedert Maart 2020 in oënskou.
Die impak van COVID-19 op studente en tersiêre instellings
2020-12-15"Met ingang van 2021 is COVID-19 steeds met ons. Selfs ’n tweede vlaag word nou ’n werklikheid. Meyer sê die impak hiervan op die ekonomie sal ’n lang u-vorm aanneem."
Belgisch poëziedebuut van Breytenbach in Yang Kahier (1968)
2020-12-14"Breytenbach heeft van de publicatiemogelijkheden in de Lage Landen sinds eind jaren zestig dankbaar gebruik gemaakt. De receptie van Breytenbach in Nederland is in kaart gebracht en becommentarieerd. De aanwezigheid in het Vlaamse literaire landschap, precies in hetzelfde jaar van Breytenbachs literaire introductie in Nederland, verdient zonder meer evenveel aandacht."
LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2020: wenner aangekondig
2020-12-14’n Woord kan ’n tydsgees vasvang. Die wenwoord is bepaal deur redaksioneel te stem oor die woorde wat deur ons lesers ingeskryf is. Die hoofoorweging was of die wenwoord oor 50 jaar die tydsgees van hierdie jaar sou weerspieël. Hier is die aankondiging van die wenwoord!
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ulrich Joubert
2020-12-11Is daar enige rede vir optimisme ná ’n jaar van uiterste beproewing? Freek Robinson gesels met ekonoom, Ulrich Joubert.
Kry jou branderplank, die tweede golf is hier
2020-12-11"In die laaste week is vier van my vriende positief getoets. Die plaaslike daghospitaal moes sluit want ses personeellede is siek."
Skrywersonderhoud: Ben du Toit oor God: Is daar ’n ander antwoord?
2020-12-11"Die boek fokus veral op diegene wat reeds ongemaklik is met hulle verhouding met die Kerk en godsdiens in die algemeen; diegene wat in ongemak lewe met hulle verwydering van godsdiens as ’n sosiale konstruk, maar nie weet hoe om hulleself ten opsigte van hulle keuse uit te druk of dit te verwoord nie; diegene wat godsdiens reeds agtergelaat het, maar wat te bang is om ‘uit die kas te kom’ daarmee, veral teenoor hulle nabye familie en vriende; diegene wat ervaar dat woorde hulle ontbreek om aan hulle gevoel of standpunt uitdrukking te gee."
Deng Xiaoping, China en die verkiesing in die VSA
2020-12-11"Wat verkies die wêreld as voorbeeld: Amerika of China? Of is daar ’n voorbeeld van iets tussenin?"
Dis ’n tragedie wat nou by die SAUK afspeel
2020-12-10"Die SAUK, en ons almal saam, sal opnuut moet dink oor die rol van ’n openbare uitsaaier. En dan moet drasties planne bedink word om die SAUK se verouderde finansieringsplan te vervang. Hier volg ’n paar voorstelle."
LitNet Akademies-resensie-essay: Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck
2020-12-10"Daar het selde so ’n driedimensionele, volronde karakter en vetsugtige protagonis in Afrikaanse fiksie verskyn as Wille Willemien, die spil waarom die narratief draai."
Ruimterommel en binnekort derduisende satelliete om die aarde
2020-12-10"Wie besit die reg om die ruimte te beheer? Daar lê ook reeds talle stukke rommel op die maan."
Barack Obama: Die selfoon, die media en die waarheid
2020-12-10"Die konserwatiewe redakteurs uit sy jong dae was soms openlik teen Obama se ideale gekant, maar hulle het die waarheid nagejaag. Vandag kan almal hulle selfone gebruik om op webruimtes te kuier waar die waarheid nie meer saak maak nie."
Persvrystelling: uitvoerende komitee van die US-Konvokasie aanlyn verkies
2020-12-09Danksy ’n verkiesing wat die eerste keer aanlyn plaasgevind het, is die grootste aantal stemme ooit deur lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch uitgebring.
Skoon wasgoed: ’n boek deur iemand wat nie bestaan nie
2020-12-08"Die skepper van Evita Bezuidenhout en haar hele narrehok van ’n familie kon homself voor jou oë in Pik Botha en PW Botha en Piet Koornhof omtower, so werklik soos gedaantes in die Viewmaster. Maar Pieter-Dirk Uys het miskien sy hoogste prestasie in oëverblindery behaal deur homself, gestroop van al hierdie karakters, onsigbaar te maak. Die persoon in die kamer verby wie almal sou kyk."
Trinidad: ek kan niks belowe nie
2020-12-08"Sy het uitgestaan – sy was mollig, met aknee en ’n perm en sy het tuisgemaakte klere gedra. Ek het agtergekom hoe raar sy is toe sy ná ’n week van ontgroening vir my sê sy is nogal bekommerd, want sy het ’n kilogram gewig verloor."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Kris Van de Poel, Conrad Steenkamp en Maarten Vidal
2020-12-07Freek Robinson gesels met Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad, Kris Van de Poel, die algemene sekretaris van die (Nederlandse) Taalunie en Maarten Vidal, beleidsekretaris by die (Nederlandse) Taalunie, oor hul samewerkingsooreenkoms.
Woord van die jaar 2020: laaste inskrywings
2020-12-07Hier is die laaste inskrywings vir LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2020. Die wenner sal vandeesweek aangekondig word.
