Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

"Ek hettie ge-expect om te survive nie": ’n COVID-19-survivor se storie

Olivia M Coetzee, René Coetzee Onderhoude 2021-02-08

"Ek hettie ge-expect om te survive nie, want ek suffer van high blood pressure en is op chronic meds, but ek het nooit opgegee nie."

COVID-19-narratiewe: Is dit amper verby?

Naomi Meyer, Danie van Wyk, Mercy Kannemeyer, Lizan Joubert Onderhoude 2021-02-08

"Teater, my bron van energie, samesyn en (ek is bang om te sê) geld, droog op."

Herman Wasserman en die infodemie: Disinformasie in die Globale Suide

PEN Afrikaans, Herman Wasserman Onderhoude 2021-02-05

"Laastens is die woord fopnuus nou ook al so 'bewapen' deur populiste soos Donald Trump dat dit gebruik kan word om gesaghebbende joernalistiek te ondermyn vir politieke gewin."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Heindrich Wyngaard en Phil Craig

Freek Robinson, Phil Craig, Heindrich Wyngaard Onderhoude 2021-02-03

Wil die meerderheid inwoners van die Wes-Kaap afstig, of wil hulle net groter seggenskap hê in die manier waarop die provinsie bestuur word?

COVID-19 en Herklink-oudiogedenkdienste: ’n onderhoud met Anelia Heese

Naomi Meyer, Anelia Heese Onderhoude 2021-02-03

"’n Stemopname bied skuiling teen stereotipe en teen onregmatige beoordeling." Anelia Heese glo in die krag van stories. By al die afskeide in die tyd van COVID-19 dink ’n mens aan verlies, maar ook aan mense se teenwoordigheid. Anelia het ’n stemopname gedoen om hierdie onderhoud se vrae te beantwoord. Luister hier daarna.

Daai was ’n missed opportunity, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-02-03

"Ek reken Uncle was te haastag ommie goeie nuus te share, en toe is Uncle ‘ie strategic ‘ie. Imagine as Uncle nou on live TV die vaccine gevat het, watse impact sou dit ‘ie gehet het ‘ie."

COVID-19: Februarie 2021 se virusnarratiewe

Naomi Meyer, Trisa Hugo, Mashi Sauls, Sonja Paulse, Rosa Lombaard, Theo Kemp Onderhoude 2021-02-02

Is inentings die antwoord? Hoe voel jou gemeenskap in hierdie tyd oor COVID-19? Wie dra nog maskers? Naomi Meyer het ’n paar lesers in hierdie tyd oor hul ervarings van COVID-19 gevra.

Gesinsvervreemding

Handré Brand Seminare en essays 2021-02-02

"Ek het onlangs weer eens diep onder die indruk gekom van die impak van gesinsvervreemding toe ek ’n goeie kennis op sy verjaarsdag telefonies skakel. Hy deel my mee dat hy selfs op sy verjaarsdae oor die afgelope tien jaar nie ’n woord hoor van sy twee volwasse kinders en sy enigste kleinkind nie."

Kemp J Kemp SC – vanuit die advokatuur se binnekamer, en sy fotoalbum

Chris Marnewick In memoriam 2021-02-02

"Wat ook vir my uitstaan in die opdragte wat hy wel aanvaar het, is dat hy telkens aan Jan en Sannie Publiek se kant van die geskil was, eerder as aan die owerheid of ’n magtige maatskappy se kant."

In memoriam: Kemp Jurgen Kemp

Jeanette Ferreira In memoriam 2021-01-29

"In die laaste jare het hy veral bekend geword as die beleërde oudpresident Zuma se advokaat en in mindere mate vir sy verdediging van die skoolhoof Deon Scheepers van Grey-kollege. In die hof was Kemp ’n regsman wat ’n stormram genoem sou kon word, ’n bulhond wat nie laat los as hy eers vasgebyt het nie."   

Reguit met Robinson: ’n Tweede Zoom-gesprek met Helmuth Reuter

Freek Robinson, Helmuth Reuter Onderhoude 2021-01-27

Freek Robinson gesels met Helmuth Reuter, internis, kenner van oordraagbare siektes en kliniese farmakoloog, oor vaksiene, hoe om gesond te bly tot jy joune kry, en oor ivermektien.

Passievolle volharding. Enkele opmerkings oor Grit deur Angela Duckworth

Handré Brand Menings 2021-01-27

"Sy oorkoepelende lewensfilosofie sal waarskynlik elemente insluit soos vasbyt, deurdruk en nie tou opgooi nie. Dit is wat Angela Duckworth in haar boek met grit bedoel, en wat vir die doeleindes van hierdie artikel met 'passievolle volharding' vertaal word."

Die volkspeler agter die Taalgenoot se sukses

Johan Jack Smith, Izak de Vries Onderhoude 2021-01-27

"Dis maklik om te skok, maar dis moeiliker om in te lig sonder om te skok."

LitNet Akademies Weerdink: COVID-19 en vis maior, kontrakbreuk en repudiëring

Naomi Meyer, Frederik Rudolph van Dyk Onderhoude 2021-01-26

"Getoets hieraan kan die koronaviruspandemie wel neerkom op vis maior, afhangende daarvan of die pandemie jou kontraksplig objektief onmoontlik maak en of die redelike mens ook nie die onmoontlikheid sou kon vermy nie."

LitNet Akademies Weerdink: Die ontwrigting en radikalisering van die Amerikaanse demokratiese politieke proses deur Donald Trump

Chris Nelson Seminare en essays 2021-01-26

"Sedert die Amerikaanse burgeroorlog, wat van 1861 tot 1865 geduur het, is die Amerikaanse demokratiese politieke proses aan geen groter ontwrigting en radikalisering blootgestel as gedurende die bewindstermyn van oudpresident Donald John Trump, die 45ste president van die VSA, nie."

Ivermektien, entstowwe en die wetenskap – ’n veearts verduidelik

Marianne Lomberg, Izak de Vries Onderhoude 2021-01-25

"Lede van ’n sportspan praat met mekaar, maar binne ’n mens of ’n dier se liggaam gebeur kommunikasie deur spesifieke chemikalieë wat tussen selle rondgestuur word, amper soos briewe. En ivermektien buit juis hierdie kommunikasiestelsel uit: Hy maak dit onmoontlik vir die verskillende dele van ’n wurm of ’n ander parasiet om met mekaar te praat ..."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Chris Klopper

Freek Robinson, Chris Klopper Skole 2021-01-22

Die opening van die skooljaar is tot 15 Februarie uitgestel. Freek Robinson gesels met Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), oor die uitdagings van die onderwys in die tweede pandemiejaar.

Paolo en Francesca se liefdesvlam

Cas Vos Seminare en essays 2021-01-22

"Hierdie artikel is ’n bydrae tot die herdenking van Dante Alighieri se 700ste sterfjaar. Die herdenking word feestelik in Florence en Ravenna gevier. Onthou tog net die maskers en die veilige afstand!"

Nic de Jager bring hulde aan Margo Luyt

Nic de Jager In memoriam 2021-01-20

"Margot was een van die mense, wat ek die voorreg gehad het om te ken, wat die meeste deernis vir haar medemens gehad het, sy was ’n redder vir baie van wat ’n mens kan beskryf as af-vlerkies."

Tribute to Themba Mbuli

Marlene le Roux In memoriam 2021-01-20

"In that quiet mind, there brewed a thinker, a visionary, a philosopher – a lover of people; of all people. His vision was that of inclusivity with no excuses, no prejudice. In his life he lived his dream of dancing and travelling, and even having a family."

Top