Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
US-taaldebat 2021: Die taalkwessie aan die Universiteit Stellenbosch
2021-03-29"Ek het ervaring van parallelmedium as leerder en as onderwyser. Dit is net eenvoudig aangrypend hoe leerders en studente wat in hul moedertaal onderrig ontvang, beter presteer as niemoedertaalstudente."
Toyota US Woordfees 2021: Saartjie Botha oor Flikker & Flash, straatteater en nuwe tye
2021-03-29"Gehore beweeg na verskillende ruimtes om verskillende kunstenaars te sien, amper op die Universiteit Stellenbosch se Vensters-model. Ons glo hierdie vernuwende projek sluit aan by ’n trotse tradisie van Woordfees-waagstukke wat in die verlede aangepak is."
US-taaldebat 2021: Ek is Afrikaaps
2021-03-26"Almal se moedertaal moet gerecognise word in institutions, insluitend variations soos Afrikaaps en Afrikaans. Niks taal moet geforce word op iemand nie. En niks judgement omdat jy verskillend klink nie."
US-taaldebat 2021: Afrikaans is sterkgesig
2021-03-25"Afrikaans is die beste voorbeeld en rigtingwyser van hoe om ’n taal akademies tot op die hoogste vlak te neem. My grootste bekommernis is dat die ander inheemse tale in Suid-Afrika uiteindelik ook die prys gaan betaal indien Afrikaans nie meer toegelaat kan word in daardie ruimtes nie."
Reguit met Robinson: A Zoom interview with Mike van Graan
2021-03-25Where are the millions? Freek Robinson interviews playwright and activist Mike van Graan from the Sustaining Theatre and Dance (STAND) Foundation and the Theatre and Dance Alliance.
Uit die argief (2006): Etlike gedagtes oor moedertaalonderrig in Suid-Afrika na Apartheid
2021-03-25"Die inheemse Afrikatale van Suid-Afrika, waarby ek Afrikaans insluit, moet markwaarde kry en/of behou."
Uit die argief: Is Afrikaans uitheems?
2021-03-25Is Afrikaans ’n inheemse taal? Ernst Kotzé stel ondersoek in.
DP Botha, Wellington se donkie, vier sy 96ste verjaarsdag
2021-03-25"'Wellington se donkie wat met Hendrik Verwoerd swaarde gekruis het.' Hierdie botsing gee ’n dramatiese blik op DP se roeping as evangelis, teenstander van apartheid en kampvegter vir menseregte."
US-taaldebat 2021: Kinkel in die kabel
2021-03-25"Ons weet wie die voorlopers, die sleutelbordaktiviste, bewakers, saamlopers, vryers, verdagmakers, puriste, nuwelinge, taal-toi-toiers, ens is. Iemand moet die kinders ’n geskiedenisles gee."
Onverskilligheid of malligheid? Ons hoef nie een sektor van die gemeenskap te ontmagtig om die ander te bemagtig nie.
2021-03-25"Hoe help dit die student van Khayelitsha dat Trompie Toerien van Genadendal nie meer wiskunde in Afrikaans kan leer nie? Die groot vraag sentreer rondom watter voordeel daar is vir die Xhosasprekende studente as daar nie meer kursusse in Afrikaans aangebied word nie. Die vraag wat ons onsself behoort te vra is hoe ons daartoe kan bydra dat hierdie studente wel in Xhosa kan studeer."
’n Lewenslange affaire met woorde
2021-03-24"Om twee maal in ’n leeftyd met Madiba blad te skud moes stellig ’n hoogtepunt in enige joernalis se loopbaan gewees het. Maar om in daardie selfde leeftyd ook prinses Grace van Monaco se sagte, warm hand in joune te geneem het en boonop ook nog deur Haar Majesteit die Koninginmoeder gevaarlik naby vir ’n foto toegegimlag te word, grens aan die magiese."
Transgender: keuse of genetika?
2021-03-24"Hoekom sou ons dit wou beheer of manipuleer, en waar trek mens die streep? Sou jy wou beheer uitoefen oor die kleur van jou kind se oë?"
US-taaldebat 2021: Taal op Maties ‒ Vir moedertaalonderrig of vir volk en vaderland?
2021-03-23"My vraag is: Wat is hierdie waardes, norme en kulturele identiteit? Wie se voorouers? Is dit nie juis nodig vir die Afrikaanssprekende om sy taal en sy waardes nie meer te skoei op dié van sy voorouers nie? Om sy taal te sien, soos wat Breytenbach dit stel, 'as kompos. Om wéér in ander vorme te kan bind'."
Ricardo Peach: Daar gaan ’n man verby, hy groet
2021-03-23"Hy het die insig gehad om die bestaande argetipes van die vorige fees in stand te hou, maar terselfdertyd emmers toegevoegde waarde te laat neerreën op die status quo van die Vrystaatse kultuurlandskap."
Die mooiste geluid in die wêreld
2021-03-23"Trek ’n slag jou waterstewels aan, vat ’n flitslig en gaan vir ’n wandeling in ’n poel of dammetjie. Dit verg baie geduld, en as jy stil genoeg is, val die eer jou dalk te beurt."
Is jou ouma ook ’n donkie?
2021-03-19"Jou oumagrootjie, wat skoolgaan in Graaff-Reinet, staan in die klaskamer se verre hoek met ’n bordjie wat om haar nek hang. Dit lui: 'I am a donkey, I spoke Dutch.' Sy is betrap dat sy Afrikaans op die skoolterrein gepraat het."
Persverklaring: Uitnodiging om kommentaar te lewer op eerste konsep van hersiene Taalbeleid (2016)
2021-03-19Die Universiteit Stellenbosch (US) nooi belangstellendes uit om kommentaar te lewer op die eerste konsep van ’n hersiene Taalbeleid. Die US se Taalbeleid (2016) word gedurende 2021 hersien as deel van die hersieningsiklus van elke vyf jaar soos wat in dié beleid voorgeskryf word.
Hoe meet mens ’n jaar?
2021-03-19"Dis nou die middel van Maart. ’n Jaar gelede hierdie tyd was die eerste COVID-19 gevalle al aangeteken in Suid-Afrika."
