Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Dan Plato
2021-04-21"Om ’n stad soos Kaapstad te bestuur, is ’n R56 biljoen-masjien." Freek Robinson gesels met Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, oor die onlangse vuur en die stand van munisipaliteite.
Die komplekse Emily Dickinson: ’n bespreking
2021-04-21"In my skrywe oor Emily Dickinson se liefdeslewe, geïnspireer deur Johann de Lange, was my bedoeling om haar lewe te belig deur veral haar briewe. Daarbenewens wou ek ook op haar digterskap fokus deur verwysing en aanhaling van sekere van haar gedigte."
Dié kosbare versameling is gered
2021-04-21"Dinsdagmiddag het Pippa Skotnes in ’n verklaring gesê dié kosbare versameling is gered. Ons sou basies niks van die San se gelowe, rituele, stories en intieme lewe met die omgewing geweet het as dit nie vir Wilhelm Bleek en sy skoonsuster Lucy Lloyd, en later een van Bleek se kinders, Dorothea Bleek, was nie. Hulle het die taal, kultuur, liedjies, kuns, poëtiese stories en persoonlike geskiedenis van die San in tientalle dagboeke en verslae opgeteken."
Ikabod vir Afrikaans aan US beteken Ikabod vir US
2021-04-21"Afrikaanshartige alumni kan verder in die oorgangsproses as belangegroep optree terwyl hulle hul groot energie in die ontwikkeling van ’n nuwe privaat universiteit belê."
Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Coenie de Villiers
2021-04-20Twee legendes op een verhoog: die skrywer Deon Meyer en die musikant Coenie de Villiers vertel hulle kosbaarste Karoo-stories. Saam verken hulle die Karoo-landskap, sy mense, hul vreugdes en pyn. Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte is op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios se inryteater. Marli van Eeden gesels met Coenie de Villiers.
“Dala Afrikaans!” – die geboorte van ’n nuwe taalbeweging
2021-04-20"Die strate van Stellenbosch het op 9 April 2021 met ʼn groep heldhaftige en besorgde voorstanders van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch te kampe gehad. Wat is hier gebore, wat het hier ontstaan? Die beweging wat hier groei, verstaan goed dat die sprekers van Afrikaans moet aandring op insluiting by staatshulpbronne soos openbare universiteite."
Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Deon Meyer
2021-04-20Twee legendes op een verhoog: die skrywer Deon Meyer en die musikant Coenie de Villiers vertel hulle kosbaarste Karoo-stories. Saam verken hulle die Karoo-landskap, sy mense, hul vreugdes en pyn. Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte is op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios se inryteater. Marli van Eeden gesels met Deon Meyer.
Spieëltjie, spieëltjie aan die wand …
2021-04-20"In tandem met die #Instagramvsreality-beweging het die idee van body positivity gegroei. Alle mense verdien erkenning vir ’n positiewe liggaamsbeeld, ongeag die samelewingstandaarde wat die ideale vorm, grootte of gelaatstrekke dikteer."
Van dink na doen: ’n onderhoud met Azille Coetzee
2021-04-19Van dink na doen is ’n nuwe podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met Azille Coetzee, skrywer van In my vel: ’n reis (Tafelberg, 2019). Azille het ’n doktorsgraad (met ’n tesis getiteld "African feminism as decolonising force: a philosophical exploration of the work of Oyeronke Oyewumi") deur ’n gedeelde graadprogram aan die Vrije Universiteit Amsterdam en Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Sy is tans ’n nadoktorale genoot by die Historical Trauma and Transformation Unit aan die US.
Check-in met Uncle Cyril
2021-04-19"Wat ôs nou need, is leadership, en ek hoep rêrag djy kan ‘it provide."
Belgiese akademikus stuur sterk boodskap aan US
2021-04-16Wat is die stand van Afrikaans en Nederlands as onderrigtale aan hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika en in die buiteland? Menán van Heerden voer ’n videogesprek met Yves T'Sjoen.
Was it appropriate to honour Bram Fischer with a doctorate from Stellenbosch University?
2021-04-16"Until we get some clarity and take some direction on these issues, it looks as though we can expect some more Fischer-style debates in the future."
An obituary of Jonathan Ball
2021-04-14"It is hard to imagine, for me at the very least, a world in which Jonathan is not here. He worked in publishing for 50 years, and his web of friendships, of authors, of publishers, of books published reaches into every conceivable corner of this country."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Jan Oberholzer
2021-04-14Gaan Eskom ineenstort? Freek Robinson gesels met Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom.
Persbericht ‒ Online najaarscursus literair vertalen Nederlands-Afrikaans: inschrijfperiode verlengd
2021-04-13De Online najaarscursus literair vertalen Nederlands-Afrikaans is bedoeld voor vertalers die aan het begin van hun professionele loopbaan staan en serieus van plan zijn om daadwerkelijk de komende jaren als literair vertaler aan de slag te gaan. Kandidaten hebben een relevante (ver)taalopleiding of vergelijkbare cursussen afgerond of al enige professionele ervaring als vertaler. Aanmelden voor deze cursus Nederlands-Afrikaans kan tot en met zondag 18 april 2021.
#opdielug met Jodi Jantjies
2021-04-13Robyn van de Rhede voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Die volgende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is student en sanger Jodi Jantjies.
Kan fleksie-argitektuur die kunste red?
2021-04-12Fleksie-argitektuur is dié nuwe gonswoord volgens die gesaghebbende Wunderman Thompson-neigingverslag. Kenners vertel of dit ’n volhoubare oplossing vir die voortbestaan van die kunste kan bied. Volgens Saartjie Botha: "’n Teater het mense nodig. ’n Ruk gelede, toe ek die Fugard besoek, was alles daar: die stoele, ligte, ouditoriums. Maar die hart van die ruimte was weg."
Dala Afrikaans in Stellenbosch se strate
2021-04-09Danie van Wyk, voorsitter van die DAK Netwerk, het op 9 April 2021 ’n protesoptog deur Stellenbosch se strate gelei om DAK se verontwaardiging met die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid te kenne te gee.
Griefskrif met sewe eise vir Afrikaans aan US oorhandig
2021-04-09"’n Griefskrif waarin geëis word dat Afrikaans steeds as volwaardige akademiese taal by die Universiteit Stellenbosch (US) aangewend word, is vandag (Vrydag 9 April) tydens ’n protesoptog aan die universiteit oorhandig. Die griefskrif met sewe eise vir Afrikaans is tydens ’n optog onder die vaandel van die DAK Netwerk ook aan die deure van die universiteit se hoofgebou vasgeplak."
US-taaldebat 2021: Denken ist heute überhaupt nicht mehr Mode (denke is vandag hoegenaamd nie meer mode nie)
2021-04-09"Taal maak saak, om vele redes. Een van die sterkste oorwegings ten gunste van meertaligheid is die geleentheid wat dit tot verbreding van denke en uitkyk bied."
