Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Israel en Palestina: Draadsit raak nou ’n luukse

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-05-18

"Die tyd toe ons kon agteroorsit en die konflik in die Wesbank afmaak as godsdienstige geskille, of ’n probleem van die Midde-Ooste wat niks met ons te doen het, is verby. Die tyd toe ons kon oë toemaak is verby."

Kom plant ’n boom vir Afrikaans

Willem de Swyger Menings 2021-05-17

"Ek wil ’n dieperige gat grawe in Afrika se vrugbare aarde en die boompie staan maak in dié rooibruin grond. Op my eie manier wil ek die boompie voortdurend natlei deur my aksies. My hoop is dat die boom mettertyd sal groei en sy kroon sal span teen die hemel se wye blou boog. Dat dit die storms, reën en wind sal oorleef."

Grondwet ná 25 jaar steeds SA se beste waarborg teen ineenstorting

Christi van der Westhuizen Menings 2021-05-17

Die Grondwet word tans aan allerlei aanslae onderwerp. In weerwil van pres Cyril Ramaphosa wat haar analise as ’n “hersenskim” voor die Zondo-kommissie bestempel het, trotseer Christi van der Westhuizen in haar eerste, gereelde Nuusknars-podsending tog maar weer die sleurstrome van ideologie, politiek en korrupsie waarin Suid-Afrika heen en weer gepluk word. Nuusknars analiseer die postkolonie deur nuusgebeure van verskillende hoeke te bekyk.

"Groenpoetsery": Wanneer "groen praat" en "groen doen" nie by mekaar aansluiting vind nie

Handré Brand Menings 2021-05-17

"Die term groenwassery (of groenmakery) – in hierdie artikel groenpoetsery genoem – verwys breedweg na misleidende inligting oor aansprake in verband met die impak van 'groen' produkte op die omgewing en wat by implikasie (of doelbewus) vrygestel word deur korporatiewe bemarking."

Van monarge en monumente gepraat

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-05-17

"Megxit is ’n gelaaide nuutskepping: Dit verwys na Prins Harry, Hertog van Sussex, en sy vrou, Meghan Markle, wat op 8 Januarie 2020 op Instagram aangekondig het dat hulle gaan uittree as senior koninklikes en finansieel onafhanklik gaan word."

Hoekom die 2020-Bybelvertaling "moes gebeur"

Christo HJ van der Merwe Seminare en essays 2021-05-17

Christo HJ van der Merwe lewer die tweede bydrae tot LitNet se miniseminaar oor die 2020-Bybelvertaling in Afrikaans. Hy verduidelik waarom dié vertaling in die eerste plek nodig was.

Op soek na Saartjie: In gesprek met Langenhoven se agterkleinkind

Willemien Brümmer, Izak de Vries Onderhoude 2021-05-17

"Nie ek of my pa óf, glo ek, die Langenhoven Gedenkfonds, het enige probleem daarmee dat daar moontlik ’n kind kon gewees het nie. Dit maak Langenhoven trouens net interessanter. Maar daar is helaas ’n baie groot verskil tussen feite en verdigsel."

Met rooi skoene anderkant die reënboog

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-05-14

"Kobus het op laerskool opgemerk dat vir iemand wat haar nie steur aan klere nie, ek darem baie verknog was aan my rooi kerkskoene. ’n Mens het maar net een paar kerkskoene gehad, maar dit was waar. In daardie skoene het ek soos Dorothy in The Wizard of Oz gevoel. Hy weer het esse gegooi op sy swierige pers Chopper-fiets. Ek dink nie ons het toe al vermoed dat ons op die reënboogspektrum is nie."

Reguit met Robinson: A Zoom interview with William Gumede

Freek Robinson, William Gumede Onderhoude 2021-05-13

"It is a sad moment for South Africans." Freek Robinson interviews William Gumede, Associate Professor, School of Governance at the University of the Witwatersrand and executive chairperson of Democracy Works Foundation.

Miniseminaar: Die 2020-Bybelvertaling

LitNet Seminare en essays 2021-05-12

In hierdie miniseminaar bespreek kundiges wat by die 2020-Bybelvertaling in Afrikaans betrokke was, aspekte waarmee hulle tydens die vertaalproses te doen gekry het. Die rol van taal en kultuur in die omgang met brontekste van die Ou en Nuwe Testament, asook die literêre en taalkundige aspekte van die vertaling, word onder die soeklig geplaas.

Die 2020-Bybelvertaling: agtergrond, proses en uitdagings

Bernard Combrink Seminare en essays 2021-05-12

Bernard Combrink, projekleier van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se 2020-vertaling van Die Bybel in Afrikaans, verskaf ’n oorsig van die verloop van die vertaalproses oor vyftien jaar, asook die komplekse uitdagings wat betrokkenes die hoof moes bied.

Oos, wes, tuis bes – maar wat as jy huisloos is?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-05-10

"Huis is onder die beste omstandighede ’n gelaaide woord. Elkeen van ons het herinneringe van ’n plek waar ons veilig en geborge voel, gewoonlik omring deur familie en vriende. Maar huis is baie keer juis die plek wat vir baie mense die setel van hul grootste gevaar is; die plek waar hulle misbruik, verneder en van waardigheid ontneem is."

’n Vergelykende studie van minderheids- en etniese politiek in China en Suid-Afrika: ooreenkomste en verskille

Willie Breytenbach Seminare en essays 2021-05-07

"Hierdie studie is ’n vergelykende studie van die erkenning van taal- en/of etniese minderhede in die staatkundige instellings van die Chinese Volksrepubliek (sedert 1949) en die Suid-Afrikaanse staatsopset sedert die segregasie-, apartheids- en afsonderlikeontwikkelingsbeleide wat ingevolge die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996 finaal afgeskaf is. Enkele verwysings word ook na die Britse koloniale beleide van indirekte bestuur in stamgebiede in Afrika gemaak."

Response to letter of Dr Smith

University of Fort Hare Universiteitseminaar | University Seminar 2021-05-07

"Dr Smith will be unable to provide proof of her misleading claim that the department’s doors have been shut as the misleading headline of her letter suggests. At the time of the University of Fort Hare authoring this response, no decision has been taken by the senate."

Die aanloop tot die val van die Berlynse Muur

Freek Robinson Menings 2021-05-06

"Aan die begin van Mei 1989 het die geskiedenis sy loop geneem wat binne maande ’n nuwe wêreldorde ingelui het. Ek was in daardie stadium in Londen gebaseer as Europese korrespondent van die SAUK. Die Suid-Afrikaanse ambassade in Wene, Oostenryk, het my gebel en gesê daar is groot dinge aan die gebeur en ek en my kameraman moet ons soontoe haas."

William Sezoe gesels met Open Stellenbosch en StudentePlein

William Sezoe, Ashwin Afrikanus Thyssen, Frederik Rudolph van Dyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-05-06

"Open Stellenbosch is nie anti-Afrikaans nie, ons is antidiskriminasie." US-student William Sezoe praat met Open Stellenbosch se Ashwin Afrikanus Thyssen en Frederik van Dyk van StudentePlein.

Saphra kry pak oor ivermektien; inperking, reisbeperkings en inentings ook ondersoek

Izak de Vries Menings 2021-05-06

"Wat sou dan gebeur as die variant wat tans in Indië amok maak, na Afrika kom? Keymanthri Moodley sê sy pleit vir baie strenger kontroles by ons lughawens en op vliegtuie."

US-taaldebat 2021: Die wat en waarom van die Maties-Taalbeleid

Lia Snijman Universiteitseminaar | University Seminar 2021-05-06

"Stellenbosch is gereeld die plek waar Afrikaanse taalkwessies bespreek word en waar konflik kop uitsteek. Hierdie .... kwessies het al vele menings ontlok, maar daar is nog min gepraat oor wat presies die US-Taalbeleid (2016) behels en hoe volledig en doeltreffend dit is."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Magdaleen Krüger

Freek Robinson, Magdaleen Krüger Onderhoude 2021-05-06

Freek Robinson gesels met Magdaleen Krüger oor haar aftrede en die toekoms van RSG.

Op soek na Saartjie deur Dominique Malherbe: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Wium van Zyl Resensies 2021-05-06

"Op soek na Saartjie is nogtans nie ’n boek sonder meriete nie. Sarah Goldblatt se verhaal is seer seker die moeite werd om te vertel. Sy was ’n besonderse persoon uit eie reg."

Top