Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Kan fleksie-argitektuur die kunste red?

Marguerite van Wyk Seminare en essays 2021-04-12

Fleksie-argitektuur is dié nuwe gonswoord volgens die gesaghebbende Wunderman Thompson-neigingverslag. Kenners vertel of dit ’n volhoubare oplossing vir die voortbestaan van die kunste kan bied. Volgens Saartjie Botha: "’n Teater het mense nodig. ’n Ruk gelede, toe ek die Fugard besoek, was alles daar: die stoele, ligte, ouditoriums. Maar die hart van die ruimte was weg." 

Dala Afrikaans in Stellenbosch se strate

Izak de Vries Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-09

Danie van Wyk, voorsitter van die DAK Netwerk, het op 9 April 2021 ’n protesoptog deur Stellenbosch se strate gelei om DAK se verontwaardiging met die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid te kenne te gee.

Griefskrif met sewe eise vir Afrikaans aan US oorhandig

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-09

"’n Griefskrif waarin geëis word dat Afrikaans steeds as volwaardige akademiese taal by die Universiteit Stellenbosch (US) aangewend word, is vandag (Vrydag 9 April) tydens ’n protesoptog aan die universiteit oorhandig. Die griefskrif met sewe eise vir Afrikaans is tydens ’n optog onder die vaandel van die DAK Netwerk ook aan die deure van die universiteit se hoofgebou vasgeplak."

US-taaldebat 2021: Denken ist heute überhaupt nicht mehr Mode (denke is vandag hoegenaamd nie meer mode nie)

Ronée Robinson Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-09

"Taal maak saak, om vele redes. Een van die sterkste oorwegings ten gunste van meertaligheid is die geleentheid wat dit tot verbreding van denke en uitkyk bied."

Christof Heyns in herinnering

Murray Hofmeyr In memoriam 2021-04-08

"Hy was versot op die lewe en het syne daaraan gewy om alle mense se reg om te lewe te bevorder." – Murray Hofmeyr bring hulde aan professor Christof Heyns, internasionale menseregtekenner, wat onlangs oorlede is.

Strate toe vir Afrikaans by US: 9 April

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-08

Danie van Wyk van DAK Netwerk: "Ons het niks teen Engels nie en is ook nie gekant teen transformasie nie. Bruin mense is die groep wat die meeste ly onder die universiteit se huidige taalbeleid. Die universiteit skuld bruin mense ’n verskoning vir die wyse waarop hulle ons in die verlede op grond van ras uitgesluit het en nou weer op grond van taal." Jean Oosthuizen lewer verslag.

US-taaldebat 2021: Die oortjies van die seekoei

Andrew Nash Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-07

"Want al wil mens wat ook al verstaan, behoort die weggooi van ’n taal eintlik onbegryplik te bly."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Willie Breytenbach

Freek Robinson, Willie Breytenbach Onderhoude 2021-04-07

Wat gebeur tans in Mosambiek en hoekom? Freek Robinson gesels met Willie Breytenbach, emeritusprofessor in politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch.

US-taaldebat 2021: US-koor sing nog in Afrikaans

Marguerite van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-07

"Die kwessie van sang en taal is egter veel groter as die vraag of ’n koor in Afrikaans mag sing al dan nie. Dit gaan eerder daaroor dat die koor (en selfs sêrgroepe) soveel beter daaraan toe is as hulle in soveel moontlik tale sing."

Paasnaweek en die derde vlaag

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-04-07

"Dit kos net een siek persoon."

US-taaldebat 2021: Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch

Dawie van Velden Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-07

"Mense van alle vlakke van die samelewing het ’n behoefte aan wetenskaplike inligting in hulle moedertaal van die wêreld waarin ons leef om sin te maak van ingewikkelde begrippe in verstaanbare taal. Universiteite is belangrike nasionale bates waar vernuwende denke tot verbetering van ons land en die wêreld moet lei."

Integriteit

Handré Brand Menings 2021-04-02

"Volgens Seok (2019) word integriteit en konsekwentheid van morele gedrag vanuit die vertrekpunt van die Confucianisme gesien as kwesbaarheid, met ander woorde ’n openheid en sensitiwiteit vir ander se emosies, hul omstandighede, asook vir die onvoorspelbaarheid van die lewe."

Van dink na doen: ’n onderhoud met Louis van der Riet

Lidia Rauch, Louis van der Riet Onderhoude 2021-04-01

Van dink na doen is ’n nuwe podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met die teoloog Louis van der Riet. Louis het onlangs ’n gesamentlike doktorsgraad aan die Vrije Universiteit Amsterdam en Universiteit Stellenbosch voltooi. Hy en Lidia gesels onder meer oor die verband tussen waarheid en oorgangsgeregtigheid, die versoeningsdiskoers in Suid-Afrika, en witwerk.

US-taaldebat 2021: Hou op om in Afrikaans te droom

Virginia Keppler Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-01

"Afrikaans is juis sy eerste kopskoot toegedien met die aanvaarding van die US se 2016-Taalbeleid, en nou, terwyl hy lê en bloei, kry hy sy tweede skoot."

Tana Baru – meer as net ’n keramat

Tasneem Daniels Menings 2021-04-01

"Daa is baie mense begrawe op Tana Baru ('nuwe grond'), soes Tuan Guru ... Maa die turning point vi my was wanner ek ... gelies het dat Sameda Van De Kaap daar begrawe is – sy is die co-founder vannie Palm Tree-masiet in Langstraat, Kaapstad. Ek’t besluit om haa keramat te gaan visit ... Maa toe ek daa aankom, kon ekkie haa keramat vind’ie – sy was net nie daa nie. Tuan Guru ennie anner imams se name was groot op ’n bord geplak, maa nie hare nie."

Afrikaans: Rollende massa-aksie by US, 9 April

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-31

"Dit sal die eerste keer in die geskiedenis wees dat ’n optog van hierdie omvang vanuit hoofsaaklik bruin geledere geloods word om protes aan te teken teen die groeiende miskenning van Afrikaans aan die universiteit."

Afrikaans: US-protesaksie vanaf 9 April

Freek Robinson, Hermann Giliomee, Danie van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-31

Protes en rollende massa-aksie wag op Wim. Freek Robinson praat met die geskiedkundige Hermann Giliomee en DAK-netwerk se Danie van Wyk.

100 x Congo: Een eeuw Congolese kunst in Antwerpen

Herman Meulemans NeerlandiNet 2021-03-30

"De spraakmakende tentoonstelling 100 x Congo, het gelijknamige boek, de bezoekersgids, de flankerende educatieve activiteiten doorbreken de stilte rond de aartsmoeilijke, ethische discussies over restitutie en culturele toe-eigening. Zij doorbreken niet alleen de stilte maar creëren ook een praktijk van verdere dekolonisering op die terreinen waar de weg nog niet helemaal is afgelegd."

Kaaps is the future of Afrikaans

Quentin Williams Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-30

"If it wasn’t clear before, then it definitely is now: public debates about Afrikaans have never really been concerned with how we should plan, empower and increase the access and success of historically marginalised and racialised varieties of Afrikaans in institutions of power such as Stellenbosch University."

Paas-kerk in die tyd van Korona

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-03-30

"Verlede jaar was dit maar ’n droewe Paasfees. Ons was toe nog in die 21 dae van streng inperking, toe ons ons huise mag verlaat het net om kos te koop, of dokter of bank toe te gaan. Geen kerkdienste, geen grafte skoonmaak, geen massabyeenkomste nie. En alle aanduidings is dat daar hierdie week weer strenger maatreëls aangekondig gaan word net voor Paasfees."

Top