Komplotters hou nie van feite nie, maar hier is eenvoudige statistiek wat nie weggeredeneer kan word nie.
Die entstof werk. Punt.

Data vir gevalle 14-20 Augustus 2021, uitgereik deur die regering van die Wes-Kaap
Die prentjie hier bo het die President se toespraak gehaal. Enige een wat op 12 September na die President geluister het, sou hom dit hoor sê het:
This evening, I would like to begin by telling you about the experience we have had as a nation in one week in the work we are doing in the health care system in one of our provinces.
Between the dates of 14 and 20 August this year, the Western Cape Department of Health compiled figures on people above the age of 60 who were infected with COVID-19.
Only 30 out of 729 people above the age of 60 who were admitted to hospital for COVID-19 that week had been vaccinated.
This means that 699 of those were not vaccinated.
And of the 292 people above the age of 60 who died from COVID-19 that week, 287 of them were not vaccinated, meaning only five were vaccinated.
In other words, 96 per cent of the people over 60 who were hospitalised in the province and more than 98 per cent of the people over 60 who died were not vaccinated.
A similar pattern has emerged in hospitals across the country.
Dis egter nie al statistiek wat ons kan deel nie.
Op 6 September is die volgende inligting deur Groote Schuur-hospitaal uitgestuur.
Ek wou bevestig dat dit waar is, en gelukkig het Janet Giddy laat weet dit pas by haar feite. LitNet het al Giddy se siening as diep gelowige Christen gedeel. Lees die volle berig hier:
Toe plaas Kerrin Begg soortgelyke statistiek die volgende dag.
Begg is ’n senior akademikus by Groote Schuur-hospitaal.
Die grafiese voorstelling het my herinner aan ’n ander een wat ek vroeër gesien het, dié keer uit die VSA.
Weer wou ek die korrektheid hiervan bevestig. Ek kon nie hierdie presiese prentjie op hulle webblad kry nie, maar ek het die volgende inligting gekry:
As of Sept 9, that number approaches 150 total COVID-19 patients in Sanford Health hospitals. An overwhelming majority of those patients didn’t get the vaccine.
Dit is deel van ‘n langer artikel. Lees gerus die volle artikel hier.
In hierdie artikel waarsku die groep se mediese hoof, Jeremy Cauwels, hulle verwag nog toelatings en dan deel hy hierdie inligting oor hoe om weg te bly:
The first way to help avoid a COVID-19 surge: vaccination.
“Vaccination is still the best way that we know of to avoid the suffering and possible death that’s associated with getting COVID for your first time,” Dr Cauwels said.
What your body does after that really depends on how much you’ve prepared.
“If you’ve prepared and trained your body to see the virus by vaccinating yourself, you’re probably going to be able to fight it off without being hospitalized.”
The proof is in the numbers for those who opt not to get the vaccine.
“If you’re not willing to do that training ahead of time, then the possibility that you could end up in the hospital increases fairly dramatically, and the possibility that you could die from this increases very dramatically,” Dr Cauwels said. “And those are the situations we’d like to avoid.”
Wanneer jy reeds ingeënt is, weet jou liggaam hoe om teen die virus te reageer, selfs al is dit ’n nuwe variant. As jy nie ingeënt is nie, dan moet jou liggaam van voor af die hele proses deurgaan. LitNet het al hieroor berig. Lees die volle berig hier.
Marc Mendelson, ’n hoogleraar in infeksiesiektes aan die Universiteit Kaapstad, het die volgende getwiet oor gesondheidswerkers gedurende die derde golf:
Attention nurses, doctors, pharmacists, physios, OTs, cleaners, porters & all other health care workers. @WesternCapeHealth data matters! Unvaccinated HCWs were 3.3 times more likely to die during the 3rd #COVID19 wave, than those vaccinated #GetVaccinatedNow #VaccineWorks pic.twitter.com/7yZ9MWhxSV
— Marc Mendelson (@SouthAfricanASP) September 9, 2021
Covid gaan nog lank met ons wees, verdedig jouself en help ander.
COVID-19 is ’n bliksem, want dit muteer ontsettend vinnig. LitNet het al hieroor berig; lees die volle berig hier.
Ons het nou al ’n paar keer die kaping van die selfabriek genoem. Binne die fabriek gebruik die virus die masjinerie wat ons gebruik om ons eie selle te herstel om kopieë van homself te maak. Maar hy moet vinnig werk, want hy werk op gesteelde masjiene! Virusse plant dus so vinnig moontlik voort, en as jy só haastig werk, kruip daar klein foutjies in die kopieë in. Probeer dit self. Skryf so vinnig soos jy kan die woord “entstof” 100 keer. Wanneer jy kyk na wat jy geskryf het, sal jy sien dat nie twee van die 100 presies eenders is nie. Hoe vinniger jy skryf, hoe slordiger word die kopieë. Virusse werk net so.
Dit is waarom almal van ons weer en weer Covid gaan kry. Almal. Ingeënt of nie.
Die entstof hou jou uit die hospitaal uit.
Intussen lê die antivaksers in beddens wat nodig is vir ander pasiënte. By Groote Schuur is daar ’n waglys van honderde kankerpasiënte wat dringend ’n operasie nodig het, maar daar is nie genoeg beddens nie, want die mense sonder inentings lê daardie beddens vol.

Inentings maak almal se lewens beter.
Daar gaan mense wees wat nie in feite wil glo nie, maar deel dit asseblief. Dit mag dié wat nog twyfel, help.
Kommentaar
As die teenvaksers nou nog nie kop kry nie, moet hul die gevolge dra. Die president moet 'n afsnydatum vir vernietvaksienes aankondig. Daarna moet mense duur betaal daarvoor. Dan sal meer mense spring... Hy moet terugtrek dat mense betaal gaan word om te vaksineer. Nou wag baie...
Is gister opgeneem in die hospitaal. Het reeds twee vaksines gekry. My simptome is baie lig, drup in die neus en slegte smaak in die mond. Hot flashes in my gesig en 'n hoë polsslag. Bloeddruk is normaal en suurstof 97. Dink ek het die simptome al vier dae. Sal hoor wat die dokter sê môreoggend.