Press release: An open letter to Pearson SA | Persverklaring: ’n Ope brief aan Pearson SA

  • 0

An open letter to Pearson SA

........

It is with grave concern that the Afrikaans National Language Body (ANLB) of the Pan South African Language Board took note of the announcement made by Pearson SA that the online version of the Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal or HAT Aanlyn, which includes the HAT Taal-en-Feitegids and HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek, will be retired and placed in end-of-life by August 4th, 2022.

..........

It is with grave concern that the Afrikaans National Language Body (ANLB) of the Pan South African Language Board took note of the announcement made by Pearson SA that the online version of the Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal or HAT Aanlyn, which includes the HAT Taal-en-Feitegids and HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek, will be retired and placed in end-of-life by August 4th, 2022. Moreover, that other providers offering subscriptions to the HAT Aanlyn, will have to desist from doing so too. This means that soon all Afrikaans educators, students, journalists, language practitioners, legal practitioners and so forth who rely on the HAT Aanlyn as their preferred reference work will no longer have access to this invaluable source.

The ANLB recognises that the HAT Aanlyn is Pearson SA’s intellectual property. However, the HAT is so much more than just a title in a publisher’s backlist. As pointed out by the world-renowned lexicographer Rufus Gouws, standard descriptive dictionaries are generally consulted and respected by the average language user. As such, the HAT has, since its inception in 1965 and for more than five decades, been recognised as the authoritative desk dictionary for Afrikaans. It has become a household name and a stalwart in the Afrikaans language community – the saying “Wat is ’n huis sonder ’n HAT?” (What is a home without a HAT) is illustrative of this.

Although we are happy to learn that Pearson SA is still committed to the publication of the printed version of the HAT, the discontinuation of HAT Aanlyn is nevertheless a sad development. As pointed out by Gouws and another world-renowned lexicographer, Danie Prinsloo, the past few decades have witnessed tremendous developments in the field of electronic dictionaries. The electronic medium has become increasingly important for the transfer of knowledge and lexicography, as we are living in a constantly changing world reflected by a constantly changing language. As history has shown, the dictionary of a living language is never complete. It is precisely this fact that makes online dictionaries so valuable – the fact that they can be constantly updated to continuously reflect the world and environment in which the speakers of a language, in this case Afrikaans, function on a daily basis. And it is for this reason that many language practitioners and other language workers nowadays rely heavily on online sources such as the HAT Aanlyn. The discontinuation of a very important online resource of a vibrant language such as Afrikaans can, therefore, be regarded as a step backward for the language and a great tragedy for this language community.

.........

As history has shown, the dictionary of a living language is never complete. It is precisely this fact that makes online dictionaries so valuable – the fact that they can be constantly updated to continuously reflect the world and environment in which the speakers of a language, in this case Afrikaans, function on a daily basis. And it is for this reason that many language practitioners and other language workers nowadays rely heavily on online sources such as the HAT Aanlyn. The discontinuation of a very important online resource of a vibrant language such as Afrikaans can, therefore, be regarded as a step backward for the language and a great tragedy for this language community.

...........

Should Pearson SA no longer see its way clear to supporting online availability of the HAT, the ANLB calls on the company to consider making the online rights to this title available to other providers. The ANLB is aware of more than one publisher wishing to make an offer for HAT Aanlyn and is willing to act as a facilitator in this regard.

As custodians of the linguistic treasures of the Afrikaans community – in which category the HAT certainly falls – the ANLB has a constitutional duty to safeguard the continued well-being and accessibility of the HAT. Its disappearance off the internet is thus impermissible and unthinkable.

’n Ope brief aan Pearson SA

Die Afrikaanse Nasionale Taalliggaam (NTLA) van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad het met diepe ontsteltenis kennis geneem van die aankondiging deur Pearson SA dat Pearson die aanlyn weergawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, of HAT Aanlyn, insluitend die HAT Taal-en-Feitegids en HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek, teen 4 Augustus 2022 gaan onttrek, en dat ander diensverskaffers wat subskripsies vir die HAT Aanlyn verskaf, hierdie diens boonop sal moet staak. Dit beteken dat alle Afrikaanse opvoeders, studente, skoliere, joernaliste, taalpraktisyns, regsgeleerdes, ens. wat op HAT Aanlyn as hul voorkeurnaslaanwerk staatmaak, binnekort nie meer toegang tot hierdie waardevolle bron sal hê nie.

........

Soos deur die wêreldbekende leksikograaf Rufus Gouws aangetoon is, word standaard-verklarende woordeboeke algemeen deur die deursneetaalgebruiker geraadpleeg en gerespekteer. Die HAT word as sodanig reeds sedert sy totstandkoming in 1965 en reeds meer as vyf dekades lank as die gesaghebbendste handwoordeboek van Afrikaans beskou.

.........

Alhoewel die NTLA besef dat die HAT Aanlyn Pearson SA se intellektuele eiendom is, is die HAT veel meer as net nóg ’n titel op ’n uitgewer se swartlys. Soos deur die wêreldbekende leksikograaf Rufus Gouws aangetoon is, word standaard-verklarende woordeboeke algemeen deur die deursneetaalgebruiker geraadpleeg en gerespekteer. Die HAT word as sodanig reeds sedert sy totstandkoming in 1965 en reeds meer as vyf dekades lank as die gesaghebbendste handwoordeboek van Afrikaans beskou. Dit het ’n huishoudelike naam geword en is ’n staatmaker in die Afrikaanse taalgemeenskap – die gesegde “Wat is ’n huis sonder ’n HAT?” is tekenend hiervan.

Alhoewel ons verheug is om te verneem dat Pearson SA steeds verbind is tot die publikasie van die papierweergawe van die HAT, is die staking van HAT Aanlyn nietemin ’n hartseer ontwikkeling. Soos vroeër deur Gouws en een van die ander groot geeste in die leksikografie, Danie Prinsloo, uitgewys is, getuig die afgelope paar dekades van geweldige ontwikkeling op die gebied van die elektroniese leksikografie. Die elektroniese medium het toenemend belangrik geword vir die oordrag van kennis en die leksikografie, aangesien ons in ’n voortdurend veranderende wêreld leef wat in ’n voortdurend veranderende taal uitdrukking vind.

.........

Die elektroniese medium het toenemend belangrik geword vir die oordrag van kennis en die leksikografie, aangesien ons in ’n voortdurend veranderende wêreld leef wat in ’n voortdurend veranderende taal uitdrukking vind.

.........

Soos wat die geskiedenis ons leer, is ’n woordeboek van ’n lewende taal nooit voltooi nie. Dit is juis hierdie feit wat aanlyn woordeboeke so waardevol maak – die feit dat dit voortdurend bygewerk kan word om deurlopend die wêreld en omgewing waarin die sprekers van ‘n taal, in hierdie geval Afrikaans, daagliks funksioneer, te weerspieël. En dit is waarom baie taalpraktisyns en ander taalwerkers deesdae swaar op aanlyn bronne soos HAT Aanlyn steun. Die staking van ’n baie belangrike aanlyn bron van ’n lewenskragtige taal soos Afrikaans kan daarom as ’n terugwaartse stap vir die taal en ’n groot tragedie vir die taalgemeenskap beskou word.    

Indien Pearson SA nie langer hul weg oop kan sien om die aanlyn beskikbaarheid van HAT te ondersteun nie, doen die NTLA ’n ernstige beroep op die maatskappy om dit te oorweeg om die aanlyn regte vir hierdie woordeboek aan ander diensverskaffers beskikbaar te stel. Die NTLA is bewus van meer as een uitgewer wat bereid is om ’n aanbod ten opsigte van HAT Aanlyn te maak, en die NTLA stel hom derhalwe beskikbaar om as fasiliteerder in hierdie verband op te tree.

Die NTLA het, as bewaarders van die taalskat van die Afrikaanse gemeenskap – waarvan die HAT beslis deel uitmaak – ’n grondwetlike verantwoordelikheid om die voortgesette welsyn van en toegang tot die HAT te bewaar. Sy verdwyning van die internet is daarom ontoelaatbaar en ondenkbaar.

Lees ook:

Bly weg van dié woorde om aanstoot te vermy

Die Catch-22 van woordeboekwerk

Luister bo kibbel bou inklusiewe akademiese gemeenskappe

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top