
Foto: https://www.ufs.ac.za/images/
Kollegas en oudkollegas van die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, UV, September 2021
Jacob Cornelius Steyn se verbintenis met die UV strek oor vele dekades. Hy begin sy studie in 1956 aan die UOVS en daarna volg ’n loopbaan in die joernalistiek. Sy vermoë om Afrikaans as taalinstrument in te span is verfyn as redaksielid van Die Volksblad (1959-1964) en hoofredaksielid van Rapport (1974-1975). Hy sit sy nagraadse studie (1964-1967) in die Nederlande voort en behaal ’n Drs Litt Cum laude aan die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam. Hy het in 1985 teruggekeer na die UOVS.
’n Kreatiewe fase het (tussen 1975 en 1991) gevolg. In die tyd verskyn die bundel Grammatika van liefhê – ’n bundel in vernufpoësie en verskeie prosawerke, bv Die verlore vader, Hoeke boerseuns ons was, ens.
(Prof) Jaap Steyn se besorgdheid spesifiek wat minderheidstale betref, blyk uit die verskyning van die boek Tuiste in eie taal (1980). Naas vier monografieë verskyn daar net meer as tagtig geakkrediteerde artikels in vaktydskrifte uit sy pen.
Aan die einde van sy akademiese loopbaan het Jaap Steyn hom onderskei as biograaf met die biografieë van onder andere NP van Wyk Louw en MER toe hy ’n ereprofessor van die dept. Afrikaans en Nederlands aan die UV was.
Jaap Steyn se lewenswerk getuig van verskeidenheid en ’n liefde en passie vir Afrikaans, die taal waarin hy ’n magdom prestasies behaal het.
Met hierdie bydrae huldig die kollegas en oudkollegas in die deptartement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, UV ons kollega en navorsingsgenoot Jaap Steyn as mens, taalvakman, kultuurhistorikus en kreatiewe skrywer.
Jaap Steyn se kollegas het nie net ’n kollegiale verbintenis met hom gehad nie, maar ook ’n vriendskaplike verhouding. Ons vier dus ook Jaap Steyn se bydrae in Afrikaans en sy nalatenskap as mens.
- Die huldigingsdiens vind Dinsdag om elfuur in Bloemfontein plaas. Indien iemand die diens wil bywoon, laat weet asseblief voor Maandag, 11 September om 12h00 vir Marthie Kemp (0735040741). Die diens sal ook gestroom word en die skakel sal om 10h00 per Whatsapp of SMS gestuur word aan diegene wat vooraf daarom vra.
Lees ook: