Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Stefanie Fick

  • 3

Die tentakels van korrupsie is oral. Wat staan ons te doen?

Freek Robinson gesels met advokaat Stefanie Fick van die Organisasie Teen Belastingmisbruik (OUTA).

  • 3

Kommentaar

  • Dr. Gerrie Venter

    Uitstekend. Maar hierdie siekte is nie maklik om te genees nie. Sterkte met hierdie soort van aanbiedings . Seënwense

  • Willem de Vos

    Volgens Atkinson (2007:68) word die probleme van korrupsie dikwels in openbare petisies onthul en is daar groeiende kommer in Suid-Afrika oor wat in werklikheid onder regeringskorrupsie verstaan word. Die Instituut vir Demokrasie in Suid-Afrika (Idasa) het in 2005 ’n opname gemaak wat onthul het dat 24% van deelnemers onder die indruk was dat plaaslike regerings en plaaslike kamers by korrupte aktiwiteite betrokke was (Buhlungu, Daniel en Southall 2007:68). Tydens die verrigtinge van die PMG wat handel oor die TKT se vordering met dissiplinêre gevalle wat teen staatsamptenare in Limpopo ondersoek word, het verskeie rolspelers in die stryd teen korrupte staatsamptenare ’n aantal perspektiewe verskaf oor faktore wat die doeltreffende ondersoek van sulke gevalle verhinder. Tekoetsile Motlashuping (African National Congress, Noordwes) het die TKT gemaan om nie te lank stil te staan by die sake wat nog hangende is nie, aangesien dit moontlik die sake kan verswak (TKT 2016). Anwa Dramat (vorige nasionale hoof van die DPMO) het bygevoeg dat die TKT en die Departement van Openbare Diens en Administrasie bekend gemaak het dat hulle die probleem onthul het van die staatsamptenare wat korrupsie-aanklagte ontduik, asook ander wat by een departement bedank en dan weer op ’n munisipale vlak te voorskyn kom (Departement van Openbare Diens en Administrasie 2015). Johan du Plooy (groepleier, TKT) het geantwoord dat dit onmoontlik is om ’n getuie te dwing om onder eed in die hof te getuig en dat dit in party gevalle groot vertragings veroorsaak (Parliamentary Monitoring Group 2014). Dramat het ook bevestig dat selfs indien die amptenare bedank, die kriminele klagtes voortbestaan so lank as wat hulle in die land woon (Parliamentary Monitoring Group 2014).

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top