Stefanie Fick

Advokaat Stefanie Fick het meer as 27 jaar se ervaring as regsgeleerde, die meeste daarvan by die destydse Departement van Justisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Sy was ‘n NVG-staatsadvokaat in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Pretoria, met uitgebreide ervaring in die vervolging van handelsmisdade soos bedrog en geldwassery. Sy het in 2017 by die Organisasie Teen Belastingmisbruik (Outa) aangesluit as hoof van hulle regsafdeling, en is tans direkteur van Outa se afdeling vir rekenpligtigheid (Accountability Division).

Korrupsie: die gat in die emmer

Freek Robinson, Stefanie Fick Onderhoude 2023-09-07

Elke keer wanneer korrupsie plaasvind, maak dit ’n gat in daardie emmer. Wie betaal vir dié verliese? Dit is ons, die belastingbetalers, se geld wat deur daardie gate verdwyn. Daarom is dit nodig om seker te maak korrupsie word op alle fronte beveg.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Stefanie Fick

Freek Robinson, Stefanie Fick Onderhoude 2021-02-17

Die tentakels van korrupsie is oral. Wat staan ons te doen? Freek Robinson gesels met advokaat Stefanie Fick van die Organisasie Teen Belastingmisbruik (OUTA).

 

Top