Die Gordon-instituut vir sakewetenskap (GIBS) het pas ’n gids saamgestel wat sake-ondernemings moet help om korrupsie teen te werk. Die Organisation Undoing Tax Abuse (Outa) was een van die medesamestellers van hierdie gids.
Waarom hierdie gids? vra Freek Robinson aan Stefanie Fick, direkteur van Outa se afdeling vir rekenpligtigheid.
Fick sê enige land se ekonomie is soos ’n emmer water. Elke keer wanneer korrupsie plaasvind, maak dit ’n gat in daardie emmer. Wie betaal vir dié verliese? Dit is ons, die belastingbetalers, se geld wat deur daardie gate verdwyn. Daarom is dit nodig om seker te maak korrupsie word op alle fronte beveg.
Robinson vra toe: Is korrupsie endemies in Suid-Afrika? Hoe gaan julle gids ons prakties baat en nie maar net nog ’n ’n stuk papier word nie? Is daar ander lande wat korrupsie suksesvol kon aanspreek?