Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
"My nooi is in ’n nartjie": ’n onderhoud met Lara Kirsten oor die ClemenGold-projek
2020-10-22"Nadat hy my gedigte ontvang het, het hy met groot opwinding van sy idee vertel – ek moet ’n hele paar skrywers in Suid-Afrika nader om oor die nartjie te skryf."
Rachmaninoff en Hongaarse lanterns
2020-10-21"Later het ons uitmekaargedryf, maar ek onthou haar altyd op ’n agtermiddag in Potchefstroom in die lente: In a dream of Hungarian lanterns / In the mist of some sweet afternoon."
Skoon wasgoed: ’n Rare vriendskap – IL de Villiers
2020-10-21"’n Wysheid wat ek van hom onthou, is dat jy as ’n redakteur vriende van jou skrywers kan maak, maar nie skrywers van jou vriende nie."
Hier is die foutlyn in die DA
2020-10-20"Kom ons veronderstel dit is waar dat die DA nie omgee om steun te verloor nie. Hoekom sou Ngwenya so iets sê? Want geen ervare politikus sou so iets in die openbaar sê nie. Dit is politieke selfmoord."
Persverklaring: Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar
2020-10-20Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se prestasieprys van R75 000.
Is skrywers dan nie kunstenaars nie?
2020-10-20"En skrywers? Blykbaar beskou die regering nie skrywers as kunstenaars nie. Geen definisie van kunstenaars soos wat in die plan voorgehou word, sluit skrywers in nie."
Ampie Coetzee: die Sestiger van die literêre kritiek
2020-10-20"Ampie Coetzee was ’n Sestiger. Wat sy tydgenote en skrywersvriende Breyten Breytenbach, John Miles, André P Brink en vele ander vir die letterkunde gedoen het, het hy vir die literêre kritiek gedoen."
Staatskaping maak korrupsiemodder nóg taaier
2020-10-19"Ek moet byvoeg dat die effek van staatskaping die klimaat vir korrupsie geweldig aangewakker het. Skielik was ons krimineleregstelsel en die SAID gebreek en was daar geen ware bedreiging vir skelms nie, en dit het hulle net meer aangespoor."
Tribuo-fonds: Nuwe fonds help kunste na pandemie
2020-10-19"Kunstenaars wil nie bakhand staan nie, en ons grootste prioriteit is om nou vir kunstenaars en tegnici werk te skep, terwyl ons in gedagte hou dat daar ’n groot nood is. Die volgende siklus open op 1 November en die aansoekvorm sal ook daar beskikbaar wees op ons webblad."
Hoe social media-literate is ôs tydens die fourth industrial revolution?
2020-10-19"Ôs behave met ôse phones soes Pavlov’s dog – die phone moet net beep dan react ôs!"
Wonderwerke te koop
2020-10-19"Adrenalien is ’n kragtige pynstiller. Dit verklaar waarom sommige mense met pyn ná ’n 'genesing' vir ’n rukkie pynvry is – charismatiese opsweping en ekstase speel ’n groot rol. En intussen duur hierdie roekelose 'genesings' voort – goedgelowige slagoffers wat charismatiese bedieninge se donasies in sessyfergetalle in NGO’s laat inrol, belastingvry."
’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum
2020-10-19"In die soeke na ’n strategie vir die insluiting of akkommodering van Kaaps is dit dalk raadsaam om vas te stel wat elders in soortgelyke gevalle gebeur."
Ramaphosa – wolf in skaapbaadjie, of skaap in wolfspajamas?
2020-10-16"Plaasmoorde gaan nie prioriteit kry nie; 76 000 lede van die Weermag gaan nie 'employed' word soos tydens die huidige ramptoestand om plase te beskerm nie, al stel Ramaphosa dit in dieselfde brief dat plaasmoorde ’n bedreiging vir voedselsekerheid is."
Persverklaring: Afrikaanse taalstryder en ‑aktivis Ampie Coetzee sterf
2020-10-16Die Breytenbach-Sentrum in Wellington het met diepe hartseer verneem van die heengaan van Ampie Coetzee, stigterslid van die Breytenbach Sentrum en ook die eerste voorsitter van die Breytenbach Trust.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Elmien du Plessis
2020-10-15Wat gaan van grond word? Freek Robinson gesels met Elmien du Plessis, medeprofessor in onder andere onteieningsreg by Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).
Rus in vrede, Ampie Coetzee
2020-10-15LitNet het met leedwese verneem dat Ampie Coetzee oorlede is.
Stam: ’n onderhoud met Louw Venter
2020-10-15"Ek koester ’n droom vir Afrikaanse film wat op sy eie twee bene kan staan op die wêreldverhoog. Onverbonde aan die vrees oor teer punte vir plaaslike gehore. Afrikaanse film wat broos, dapper en modern is op dieselfde manier as onafhanklike kunsfilms soos dié vanuit Suid-Korea, Suid-Amerika en Europa."
’n Onderhoud met Danie van Wyk, nuwe voorsitter van die DAK Netwerk
2020-10-15"DAK is afgelei van die name van drie prominente Khoi-leiers aan die Kaap in die vroeё 1600’s, naamlik Doman, Autshumao en Krotoa."
