’n Vakansieboodskap van Tannie Evita

  • 0

Desember 2020: vakansietyd! Moet ons nou uit geparkeerde karre vir mekaar waai? Is dit nou ’n Kersfees waar ons klein groen getinselde boompies in die agterste venster van ons kar plaas om met vriende te deel? "Geseënde Kersfees" is ’n goeie boodskap, maar niks is meer geseënd as ’n "Gesonde Lewe" nie. Vier hierdie tyd saam met geliefdes ook in daardie boot van isolasie. Zoom-bel al die vriende daar buite agter toe deure en maskers.

Sosiale afstand vir ’n langer lewe! Nou daar’s ’n goeie boodskap vir die nuwe jaar. Resolusie vir 2021? Neem alles dag vir dag, versigtig, sodat ons weer kan omhels; weet nie wanneer; weet nie waar ...

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top