Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

Estelle Kruger, Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort, Nicol Faasen, Henriëtte Loubser Onderhoude 2020-08-17

Ronel van Oort: "Voordat daar van selfgerigte lees gepraat kan word, behoort leerders in multikulturele klasse eerstens sodanig deur die onderwyser geïnspireer te word om letterkunde te geniet, en tweedens om leesstrategieë te gebruik om selfgerig te kan lees en leer."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-onderhoud met Roelof Botha en Markus en Joe Becker

Freek Robinson, Roelof Botha, Markus Becker, Joe Becker Onderhoude 2020-08-14

Ons toekoms in Suid-Afrika: Is hierdie vier positiewe scenario’s moontlik?

Kan ons werklik Vrouemaand vier sonder om met onsself eerlik te wees?

Lidia Rauch Menings 2020-08-14

"Hoe lank gaan ons dit nog toelaat?"

Wat’s in ’n naam?

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2020-08-14

"Jou naam vertel van jou geslagsregister, weerspieël jou ouers se drome en aspirasies en verklap iets van die zeitgeist waarin jy gebore is."

Mossie en Merv en die verlokking van die langpad

Deborah Steinmair Rubrieke 2020-08-14

"Met die terugry kry my fiets ’n pap wiel. Ek staan die band langs die pad en pomp (tjierie-tjierie) toe twee redelik gehawende mans in ’n garerige, vierkantige bruin tjor – ’n Mazda of Datsun of iets – langs my stilhou. Ek was destyds oop vir die lewe en belewenisse; ek wou alle soorte mense leer ken om oor hulle te skryf."

"Keer die grendelstaat om in die vryheid om iets te beleef"

Johann Rossouw Menings 2020-08-14

Hierdie artikel deur die filosoof Bernard Stiegler het oorspronklik op 19 April 2020 in die Franse dagblad Le Monde verskyn. Uit die Frans vertaal deur Johann Rossouw. In hierdie artikel kyk Stiegler terug op die tronkstraf wat hy tussen 1978 en 1983 vir bankrowe uitgedien het, asook op die voorwaardes waaronder hy dit in iets deugsaams kon omskep.

Potketelbrandewyn

Handré Brand Menings 2020-08-14

"Brandewyn wat deur middel van die potketel-metode geproduseer word is in Suid-Afrika tot nuwe hoogtes gevoer, veral wat die kwaliteit van die plaaslike produkte betref."

COVID-19: ’n Basiese inkomstetoelaag vir armes is juis nou nodig

Jason Lloyd Rubrieke 2020-08-14

"COVID-19 vra menslike en ekonomiese opofferings, maar waar is die regering se opofferings om te sorg dat diegene wat ’n werk of ’n KMMO verloor het, ten minste kos op hul tafel het?"

"Los ons kinders uit!" sê skrywers aan pedofiele

Louise Viljoen (JBay) Menings 2020-08-14

"Hierdie dapper skrywers het in hulle onlangse boeke die kollig geplaas op pedofiele wat op kinders se onskuld teer. Hiermee dek hulle die tafel vir ’n broodnodige gesprek oor hoe ouers én kinders bemagtig kan word om ’n standpunt in te neem teen molestering en ook hulp kan kry."

Skoon wasgoed-rubriek: Die groot blydskap

Frederik de Jager Rubrieke 2020-08-13

"Carol Campbell, skrywer van Karretjiemense, het gedoen wat alle goeie storievertellers doen: Sy het met mense gepraat en na hulle geluister."

Hoe dit is met Steve is beslis nie hoe dit is met die res van ons nie.

Lidia Rauch Menings 2020-08-13

"Wat beteken die Afrikaner-etiket in Suid-Afrika vandag en hoekom sukkel ek met tye om trots te wees daarop?"

Die klein jakkalsies wat die wingerd vreet: Hoe Engelse taalhegemonie stil-stil insluip

Frederik Rudolph van Dyk Menings 2020-08-13

"Dit blyk dat Engelse onderskrifte soos ’n koloniale grenslyn op Afrikaanse films ingebrand word; soos ’n tatoe van onderdanigheid. ’n Vlaggie van meerderwaardigheid wat wapper oor die 'onverstaanbare' brabbeltaal van die Afrikaanssprekende koloniale onderdane."

Commemorating Women’s Day 2020: Hoe kan ôs tien period poverty baklei virrie benefit van vrouens en meisies in need?

Tasneem Daniels Menings 2020-08-07

"Het al die jong skoolmeisies ’n ma, of ’n ouma, of ’n suster byrie huis wat vi hulle kan advise oo menstrual care, en kan hulle sanitary pads en menstrual care products bekostig?"

On the frontline: Interview with Reverend June Dolley Major

Olivia M Coetzee, June Dolley Major Interviews 2020-08-06

"Society covers up for husbands, fathers, grandfathers, neighbours who rape. We watch movies and there is so much sex and violence and the hero in the movie is mostly seen to have many sexual conquests. So sadly, rape is normalised."

Die sielkundige impak van COVID-19: ’n onderhoud

Antoinette Louw, Dap Louw Onderhoude 2020-08-06

"In effek gaan dit ook oor die verlies van beheer oor jou lewensituasie waaroor jy nog altyd beheer gehad het – beheer wat jy eintlik as gegewe aanvaar het, maar waarvan jy eers die ware intense impak besef as jy dit nie meer het nie."

Hoe gaan die DA hom strategies posisioneer teenoor die ANC?

Jason Lloyd Rubrieke 2020-08-06

"Is die tafel nou behoorlik met verskillende beleidsopsies vir die DA gedek om hulle daadwerklik so strategies te posisioneer om ’n tasbare alternatief vir die ANC te kan wees?"

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Johan Burger

Freek Robinson, Johan Burger Onderhoude 2020-08-06

Johan Burger praat met Freek Robinson oor waarom die misdaadsituasie in Suid-Afrika buite beheer is. Freek vra: "Is misdaad so endemies in ons samelewing dat dit al deel is van ’n hedendaagse normaal?"

In memoriam: David Piedt – ’n toonaangewende lewe

Heindrich Wyngaard In memoriam 2020-08-05

"Soos soveel ander byeenkomste moes die KKNK egter ook noodgedwonge afgestel word weens die wêreldwye koronapandemie, wat reeds meer as 500 000 Suid-Afrikaners geïnfekteer het en die lewe van meer as 8 000 geëis het. Dié virus het nou die David wat die apartheid-Goliat oorwin het, neergevel."

Maar wat beteken #challengeaccepted regtig?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-08-05

"Ek wonder hoeveel van die vroue wat hulle wit-en-swart foto’s plaas, die moeite gedoen het om uit te vind waaroor dit regtig gaan."

Outomatiese spraak- en sleutelwoordherkenning in Afrikatale

Febe de Wet, Thomas Niesler Seminare en essays 2020-08-05

"Om byvoorbeeld die vermoëns van die bekende wetenskapsfiksierekenaars soos HAL in die fliek 2001 Space Odyssey en Star Trek se Computer te ontwikkel, vereis ’n ingewikkelde kombinasie van prosesse soos spraakherkenning, natuurlike taalbegrip, liplees, natuurlike taalgenerering en spraaksintese."

Top