Persvrystelling: uitvoerende komitee van die US-Konvokasie aanlyn verkies

  • 2

Jan Heunis, Merlyn van der Rheede en Frederik van Dyk

Danksy ’n verkiesing wat die eerste keer aanlyn plaasgevind het, is die grootste aantal stemme ooit deur lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) uitgebring. En dit is ’n toekomswyser vir wyer konstruktiewe insette van alumni by die sake van die Universiteit.

Só som Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die US, die uitkoms van die pas afgelope Konvokasie-verkiesing op waarin gesamentlik 9 877 stemme uitgebring is vir die drie vakante posisies in die uitvoerende komitee. ’n Totaal van 3 380 stemme is uitgebring vir die vakature van president van die Konvokasie, 3 397 vir die posisie van sekretaris en 3 100 vir die vakature van ’n addisionele gewone lid.

"Hierdie is deel van die Universiteit se merkwaardige suksesse tydens hierdie pandemie-jaar met sy vele uitdagings. Nie net was die elektroniese stemproses en die virtuele jaarvergadering "eerstes" vir die Konvokasie nie, maar dit het ’n wyer betrokkenheid van alumni gefasiliteer wat die beperkinge van ’n fisiese-byeenkoms eksponensieel reduseer en tegelykertyd nuwe weë open vir die adviserende rol en taak van die Konvokasie," sê prof De Villiers. 

Die doel van die Konvokasie soos uiteengesit in die Statuut van die Universiteit Stellenbosch, is om die welsyn van die Universiteit te bevorder deur ’n wedersyds-voordelige verhouding tussen die instelling en die lede van die Konvokasie, en om waar gepas, die Senaat en die Raad te adviseer.

Prof De Villiers het by navraag die verkose kandidate gelukgewens met hul aanwysing as lede van die uitvoerende komitee van die Konvokasie. Hy sien uit na konstruktiewe insette van en interaksie met die Konvokasie in die verdere bevordering van die belange van die Universiteit.

 

Die stemme uitgebring was soos volg:

President:

Jan Christiaan Heunis [1900]
Leslie van Rooi [1480]

Sekretaris:

Frederik Rudolph van Dyk [1444]
Thulani Hlatswayo [1055]
Roelf Bert van der Merwe [665]
Jason Lord [233]

Addisionele lid:

Merlyn van der Rheede [1211]
Hannchen Elizabeth Louw [536]
Roelf Bert van der Merwe [471]
CS Mukhari [421]
Andrew Wigley [315]
Jason Lord [146]

Die uitvoerende komitee van die US-Konvokasie sien nou soos volg daar uit:

  • President: Adv JC Heunis
  • Vise-President: Dr Leslie van Rooi
  • Sekretaris:  Mnr FR van Dyk
  • Addisionele lede: Me Esterbeth Singels en Me M van der Rheede
  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Gustaf Claassens

    'n Hupstoot vir Afrikaans in 'n baie vyandige omgewing.

    Ek's nie so seker dat die stuurman van dié Universiteit so opgewonde is nie. Inteendeel ...

  • Veels geluk aan die nuwe verkose lede van die Konvokasie.
    Die US het bekwame en passievolle span wat moedertaal-onderrig tot sy reg sal laat kom.
    Vriende wat onlangs opleiding onder skole in die Noord-Kaap gedoen het, vertel dat leerders naarstigtelik soek na 'n Universiteit waar hulle voorgraads in Afrikaans kan studeer. Plattelanders sukkel steeds om hul voete te vind in 'n leer-omgewing waar al hoe minder Afrikaans in klasse en op kampus gehoor word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top