Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Die smal of die breë weg? Stof tot nadenke ook vir georganiseerde landbou!
2020-07-09"Dit is die taak nou van Mboweni om die ekonomie op die herstelpad te plaas. Daarom sy beroep op almal om van die breë weg af te sien en hul tot die smal pad te wend."
Jakes Gerwel se soet nalatenskap vir Afrikaans
2020-07-09"Sy pa was ’n eweneens formidabele man wat vir sy tien kinders ’n skool gebou het, want daar was geen skool naby nie. Hierdie skool het die plek geword waar vele ander Oos-Kaapse kinders hulle geleerdheid ontvang het …"
Ennio Morricone: meester van die klankbaan
2020-07-09"Hier is een van die weinige rolprentkomponiste wie se musiek nie alleen sekere beelde opgeroep het met slegs enkele note nie, maar waarna sonder beelde geluister kon word."
#opdielug met Veronique Jephtas
2020-07-08Die negende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Veronique Jephtas. Sy is een van die ses skrywers wat gekies is om in Julie in die Paulet-huis in Somerset-Oos te gaan woon vir die Jakes Gerwel-stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020. Robyn gesels met Veronique oor, onder andere, haar dramaproduksie Hoe change hulle (Toyota US Woordfees 2020), die toekoms van Kaaps en haar aktivisme.
’n Manifes vir Afrikaans – ’n repliek
2020-07-08"Geen Afrikaansinstansie of Afrikaansdosent het hom verwerdig om te reageer nie."
"Vanuit mijn universitaire biotoop" ‒ Alwyn Roux in gesprek met Yves T’Sjoen
2020-07-08"Internationale samenwerking is van cruciaal belang."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Francis Petersen
2020-07-07Voortaan gaan Freek Robinson weekliks met belangrike Suid-Afrikaanse rolspelers gesels. Eerste aan die beurt is Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV). Freek gesels met Francis oor transformasie en die besluit om die standbeeld van oudpresident Marthinus Theunis Steyn te verwyder.
Die paper trail
2020-07-07"Miskien is die TikToks en die shares en die statusse en story updates tog deel van die boekhou wat wys dat die veliede ’n stem sal hê in die toekoms."
Die lewe in ’n korona-hotspot
2020-07-07"Dis ’n nimmereindigende reeks begrafnisse, en meesal weet jy nie eens meer wie dood is nie."
Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Hein Viljoen
2020-07-06In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy en Hein Viljoen oor NP Van Wyk Louw.
Boeke en die ongewastes
2020-07-06"Hulle het soos my familie begin voel, of soos eendmossels wat op my aangepak het. Ek was jonk en Calvinisties met ’n skuldkompleks so groot soos Tafelberg. Hulle het al meer in my oë begin kyk en later moes ek die dorp verlaat om hulle af te skud."
Gemaskerde grysaards
2020-07-06"Ek het oudword al sedert my geboorte onder lede en soos die jare aanstap, raak dit net al erger. As dit so aangaan kan dit later miskien my dood beteken."
Die dood kom uiteindelik vir almal in Nieu-Mexiko
2020-07-02"Nes ek vir die eerste maal innig met Nieu-Mexiko kennis begin maak – dís nou as agterdoek én karakter in die ubervermaaklike televisiereeks Breaking bad – blaai ek Carel van der Merwe se baksteen van ’n biografie, Kansvatter (2019), oop, oor die lewe van generaal Ben Viljoen, veteraan van die Suid-Afrikaanse Oorlog (in minder woke tye die Anglo-Boereoorlog genoem), wat ná die ZAR se nederlaag na daardie Amerikaanse deelstaat uitwyk enkele jare voor dit in 1912 deelstaatstatus verkry."
Van Vuuren se kruipverskoning ondermyn die rol van samehang in openbare morele diskoers
2020-07-02"As Rob van Vuuren sensitief was vir die samehang van simboliek in die kunste, sou hy dalk besef het dat sy mea culpa-oomblik verabsoluterende gevolge het vir die diskoers oor sistemiese diskriminasie in ons alledaagse kultuur."
Opperlandse overpeinzingen van een neerlandist V
2020-07-02"Uit de debatten en menig opiniestuk mag blijken dat geen consensus bestaat over wat een canon precies behelst; of een canon überhaupt nodig is, wie de samenstelling bepaalt, hoe dynamisch of statisch hij dan wel is. In een geglobaliseerde wereld is cultuur ('onze cultuur') geen exclusief binnenlands product, geen statisch gebouw van onomkeerbare data en onweerlegbare visies."
Tieners se stryd met die "nuwe normaal" in ’n grendelstaat
2020-07-02"Soms is die bloedjies so oulik jy kan hulle opvreet en soms so onmoontlik jy wens jy het hulle opgevreet."
Is daar plek vir my wit skuld?
2020-07-02"My buurman en baie van die inwoners in ons blok is swart, bruin en Indiër en ek is bewus dat Suid-Afrika se ongelykheid nie meer suiwer op raslyne getrek kan word nie. Maar in dieselfde asem kan ek hoegenaamd nie ons geskiedenis van meer as 365 jaar uitvee en nie raaksien hoe hierdie realiteit uitgekerf is om mense van kleur te benadeel en wit mense te bevoordeel nie."
Radiodramas: 2020-New Voices-program (Kunstekaap)
2020-07-02Menán van Heerden gesels met Rafiek Mammon oor die Kunstekaap se meertalige 2020-New Voices-program in die tyd van COVID-19. Die teaterproduksies word vanjaar as radiodramas uitgesaai.
#opdielug met Tasneem Daniels
2020-07-02Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met Tasneem Daniels oor haar dramaproduksie Miela’s box. Hierdie Suidoosterfees-toneelstuk is onlangs op Radio 786 as radiodrama uitgesaai as deel van die Kunstekaap se 2020-New Voices-program, in samewerking met die Suidoosterfees, die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Jakes Gerwel-stigting.
Hofuitspraak oor Afrikaans by Unisa ’n ligpunt in ’n donker omgewing
2020-07-02"Hierdie nuwe gees om meertaligheid te dryf moet volgens Steenkamp verwelkom word. Hy sê mense moet besef Afrikaans is ook ’n inheemse taal en nie ’n oorblyfsel van kolonialisme nie."
