Mbali Ntuli gaan nie die DA se leier word nie, maar …

  • 0

Die dinamiese jong politikus, Mbali Ntuli (32) van KwaZulu-Natal, sal na alle waarskynlikheid nie die DA-leier word nie omdat – soos sy dit onlangs gestel het – “die DA nie die vermoë het om die verbeelding van Suid-Afrikaners, veral voorheen benadeeldes, aan te gryp nie”.

Ntuli is saam met John Steenhuisen, waarnemende DA-leier, ’n kandidaat vir die pos van DA-leier.

Politieke kommentators, soos Ismail Lagardien, stem na alle waarskynlikheid saam met Mbali se bogenoemde uitlating omdat hy hom onlangs soos volg in die Daily Maverick oor haar kandidatuur uitgelaat het:

“If we take her at her word, the DA that Ntuli represents is not your bog-standard liberal party. In its most elementary conception, the liberalism that the DA has come to represent is obsessively obeisant to atomised individualism, free-market fundamentalism driven by a convenient meritocracy that is a neat fig leaf for social Darwinism, and the protection of vertically segmented white privilege. Race, barely a generation after apartheid, is one of the DA’s blind spots.

“The DA that Ntuli envisions is a party that acknowledges the legatees of apartheid (black people), the iniquities of that system (unbalanced development, structural inequality that endures, and poverty that is, by and large, the inheritance of 350 years of injustice), and the need to (finally) break with a type of market-led gradualism, in terms of which poverty and inequality will disappear when they disappear, let’s just move on. This approach sits more comfortably with the eight-second performativity of the purple cows”.

Lagerdien skryf verder:

“This brings us to what may happen should Ntuli beat Steenhuisen. The we-don’t-see-race, and Last Outpost types, will probably abandon the DA. Some may go to the left and some to the right. There is not much to the left that would accommodate those that are uncomfortable with a strong black woman at the head of the party”.

Die DA maak hom tans gereed om sy eerste virtuele federale kongres – die hoogste besluitnemende liggaam van dié party wat elke derde jaar vergader – op 31 Oktober en 1 November te hou. Federale leiers – soos die poste van DA-leier, federale voorsitter en drie federale ondervoorsitters – sal ook tydens dié kongres verkies word.

Volgens Ntuli is die DA so strategies rigtingloos dat die party nie eens tydens oudpres. Jacob Zuma se presidentskap die verbeelding van Suid-Afrika kon aangryp nie.

“Ek dink dit is omdat die DA nie die werklikheid van Suid-Afrikaners verstaan nie. Dis waarom ek vir die leierskap staan, want jy het ’n leier nodig wat die realiteite van Suid-Afrika verstaan”.

Ntuli sê die DA “must communicate clearly on where we stand with respect to issues like employment, housing and redress. If not, the vast majority of South Africans will not listen to us …”

Sy sê ook “the DA needed to decide whether to continue with the current trajectory (the blue pill), where it represents the ‘voices of the few’, or whether it wanted to cultivate a new way – with me at the helm”.

Die DA het onlangs op sy beleidskonferensie in ’n waaghalsige skuif homself finaal van rasgegronde regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging gedistansieer. Dit is ’n twispunt wat reeds groot skade op topvlak aan die DA aangerig het.

Ntuli verwerp dié benadering van die DA en sê almal in die land streef nie-rassigheid na nie, maar jy moet die realiteit van voorheen benadeelde mense in ag neem.

“Ras maak steeds saak. Dit is nie slim van die DA om in ’n filosofiese stem met die mense te praat oor waar ons behoort te wees in die toekoms in terme van nie-rassigheid nie. Die werkloosheid, armoede en ongelykheid moet nou aangespreek word. Dit is die realiteit. Ras en sy tragiese gevolge is die realiteit en mense voel dit elke dag aan hul lyf”.

Die politieke wetenskaplike, Steven Friedman, het geskryf die DA se beleid is nie rasblind nie, maar blind vir rassisme.

’n Ander politieke ontleder het gesê die DA se beleid van nie-rassigheid is niks nuuts nie en bied ook geen nuwe uitdagings of moontlikhede nie. Al wat dit doen is om die bestaande en uitsluitendende koloniale-en apartheidsraamwerk van die ekonomie te herbevestig, uit te bou en te verskans.

Intussen het Mbali gevra dat alle besluite wat die DA geneem het, insluitend dié van die beleidskongres, op die komende federale kongres hersien en bekragtig moet word. Dit beteken, volgens Mbali, almal sal betrokke wees by die finale proses en uiteindelik eienaarskap van hul besluite neem.

Dié versoek sal na alle waarskynlikheid teengestaan word deur die DA-leierskap omdat hulle die afgelope klompie weke na bewering alles in die stryd werp om Ntuli te keer om haar kandidatuur in die openbaar te bemark en te bevorder.

Ntuli se uitdaging aan Steenhuisen tot vier openbare debatte is onmiddellik deur die DA se federale raad verbied. Steenhuisen wou glo nie betrek word by ’n bespreking oor ras nie.

Hierop het Lagardien soos volg reageer:

“Well, Steenhuisen can run from that discussion, but he can’t hide. The best of us have imagined a post-race, or a non-racial society and polity, and have been disappointed. Nonetheless, setting aside identity politics, the enduring legacy of apartheid is hard to avoid”.

Volgens Ntuli se veldtogpersoneel was die DA se besluit nadelig vir haar, “aangesien Steenhuisen ampshalwe meer mediadekking kry”. Die gevolg is dat Ntuli vermoedelik ook minder geleenthede gekry het om vergaderings met DA-lede te hou.

Daarteenoor het Steenhuisen, soos Rapport berig het, die afgelope maand onder meer vier vergaderings in Gauteng en die Wes-Kaap, drie in KwaZulu-Natal en twee in die Oos-Kaap, asook vergaderings in Limpopo en die Noord-Kaap gehou.

Die DA het self sover gegaan om Ntuli se virtuele toespraak (“’n townhall” wat op sosiale media uitgesaai sou word”) op die nippertjie te kanseller. Ntuli sou haar kandidatuur nie net aan DA-lede bemark nie, maar ook aan die breë publiek.

“Dit druis teen die gees van my begeerte dat ander Suid-Afrikaners ook kan aansluit,” het Ntuli getwiet.

Ntuli gaan nie die DA se leier word nie, maar – soos Peter Bruce in sy Sunday Times-rubriek skryf – “Ntuli is in every sense an asset to the DA, yet its leaders treat her like a liability, whispering ‘African nationalist’ into the backs of their hands at every mention of her name and of many strong black people among the DA membership. It is very disturbing”.

Oor Steenhuisen skryf Bruce: “He will be a defensive leadership, trying to claw back lost white votes”.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top