Persverklaring: Kyk aanlyn na Ampie Coetzee se huldiging in digterstuin

  • 0

Foto: verskaf

Ampie Coetzee (81), Afrikaanse letterkundige en stigterslid van die Breytenbach Kuns- en Kultuursentrum in Wellington wat vroegoggend op 15 Oktober in die Paarl-hospitaal na hartversaking gesterf het, se huldigingsbyeenkoms Sondag 25 Oktober om 11:00 in die digterstuin by die Breytenbach Sentrum sal aanlyn gevolg kan word.

Die skakel is https://www.youtube.com/user/BreytenbachSent.

Almal is welkom om die huldiging in die digterstuin by te woon, maar weens die COVID-regulasies sal ’n beperkte aantal mense toegelaat word en die veiligheidsmaatreëels streng toegepas word. Vriende en belangstellendes wat die geleentheid wil bywoon, word versoek om vir Jessica by 021 873 2786 te kontak.

Die Breytenbach Sentrum is op die hoek van Burger- en Malherbestraat.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top