Kommadagga-opinie: Hou ons begrafnis of show ons af?

  • 4

Theolla Langenhoven is ’n deelnemer aan LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool. Sy het hierdie opiniestuk tydens haar residensie in Somerset-Oos geskryf.

.............

Ek like ’n decent funeral, maar nou gaan ons over the top met dit. Kruisig my, stenig my of nog beter, gooi my in die diepste waterput aangesien ek nie kan swem nie, maar nou’s dit ’n status symbol. Met lockdown is daar minder mense by funerals en ek love dit.

Die uncles van die undertaker is altyd so behulpsaam, maar het jy al daai invoices gesien?  Het jy geweet ’n ruiker kan paar honderde rand kos? Kan ons nie sommer vir an’ Soufie by die kerk vra nie? En die kis! Deesdae kry mens so ’n variety, van normal pine na spoggerige hout en selfs marble. Wie weet in elk geval in watter duur boks hulle lê. Moenie die pamphlets vergeet nie. Hulle show die different patterns wat deel van die burial package is en as jy fancy wil wees en die laminated soort wil hê, is dit extra.

Die pall bearers cause ook tension. Daai broer wat nooit oor jou geworry hettie, soek ook nou sy turn en ander wat meer as ’n dag gery het, moet ook shine vang. Kan mossie verniet so ver gery hettie. Don’t forget om die undertaker te remind om die death certificate by Home Affairs te kry nie, anders gaan die slimmes wat policies uitgeneem het, lank wag vir hulle moentjies.

Of jy uit die huis en dan na die kerk of one-time uit ’n saal gedra word, depends of jou dankoffer op datum is. Nowadays deel die undertakers bottled water by die graf uit. Hulle het seker al baie mense met versterkdruppels of water gelawe, hence being prepared.

Colour schemes worry my ook, want burnt orange sal nie kwai by my pas nie. My shade is te vaal vir dit. My ma het try verduidelik dis sodat die familie eenvormig lyk, maar wat nou van die ander mense? Is hulle dan outsiders van die dooie?

En vir wat word die kerk of saal soos ’n matric ball opgedoen?

The most important part of the day is definitely vir baie mense die menu. In die Kaap is dit hoenerkerrie of breyani. Inland word vleis geslag en nie by die local grocer gekoop nie. Plus doughnuts, fancies, pies, samosas, warm Jive of juice (as ons posh wil wees, Coke en Sprite) om die rys mee af te sluk. Baie anties raak ook sommer kwaai as jy nie ekstra borde kos vir hulle wil inpak nie, vir die man en kinders by die huis.

Sê gou hoekom kan ons nie net sandwiches eet nie?

Maar ’n funeral is nie ’n funeral as daar nie mense is nie, so busse of taxi’s moet ook arrange word vir mense wat wil graf toe gaan. Meeste gaan eintlik net saam om hulle eie mense wat al klaar rus hallo te sê. Kyk net mooi next time as jy graf toe gaan – net die close family and friends sien hoe daai expensive kis afsak. Die ander is scattered in die graveyard.

Funerals kan fabulous wees, soos ek gesê het, but we are missing the plot. Oorle’ Jason weet nie eens van die fancygeite wat bo sy kop aangaan nie. Lockdown het funerals mooi intimate kom maak. Only the nearest and dearest van die ontslapene kom staan mekaar by en so unify Jason almal, sonder die afshow.

 

Vind meer uit oor die deelnemers aan LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool:

Kommadagga – hier is ons deelnemers

  • 4

Kommentaar

  • Berdéhan Brand

    Die whities het nog maar altyd by die basics gebly van sandwiches en Rooibos - so hier en daar ’n erg kommin familielid wat met ’n mik-en-druk kamera die wenendes langs die oop graf afneem. Soms is daar ’n speech en die wat dood is, is dan altyd in die hemel. Statig - sê baie, maar baie keer ’n antie Mien wat aandag soek en of flou word, of agter die kis wil aanspring. En dan is dit verby - tot en met die lees van die testament.
    Ek dink hou van die groot gedoente van huisdiens, kerkdiens, die groot eet - is mos meer méns. Die ou expencive ekstratjie is culture. Die vitrual-ding is dalk meer eerlik, maar nie "ons" nie.
    Lekker artikel!

  • Nico Schamrel

    Goed geskryf en raak gevat! Met al die papierwerk is dit nog 'n nagmerrie. Vir R12 000 is my stiefpa veras - al wat ons ontvang het was 'n lelike growwe houtkissie, toegeskroef, geen vernis of 'n naamplaatjie nie. Die verassing het vier weke geneem!

  • Gamida Soeker

    So praar ’n bek, Theolla! Luke jou style van Skye...jy herrit! Sal hou daarvan on nog van jou sprokies en setjies te lees. ♡ Hou so aan! Mooi werk!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top