ATKV-oorde: ’n onderhoud met Reinard du Plessis

  • 0

Naomi Meyer gesels met Reinard du Plessis oor die ATKV-oorde.

Reinard, dis vir my lekker om vandag vir jou vrae te kan stuur oor die ATKV-oorde. Hierdie vreemde jaar het almal van ons baie erg getref. Kan jy vertel: Is die ATKV se vakansieoorde weer oop? Brei asseblief uit oor watter oorde nou weer volstoom aan die gang is, of waarvan mense kan kennis neem as hulle 'n blaaskans tydens die skoolvakansies nodig het. 

Ons is baie dankbaar dat al sewe ons oorde nou weer volstoom aan die gang is. Ons besef dat mense se finansies knap is, daarom ook dat ons verskeie promosies beskikbaar gestel het om dit vir gesinne, paartjies en vriendegroepe meer bekostigbaar te maak om weg te breek. Belangstellendes kan meer hier lees (https://www.atkvoorde.co.za/promosies) oor die verskillende promosies.

Baie van ons wil graag weer wegbreek, maar ons is steeds bewus van Covid se gevare. Kan ek vra oor die veiligheidsmaatreëls wat getref word? 

Ons volg ten nouste die protokol soos ooreengekom met die Departement van Toerisme, tesame met bedryfsliggame soos Fedhasa en TBCSA, om gaste en personeel se gesondheid te beskerm. Ons het ’n volledige COVID-19-protokol wat gaste op ons webwerwe (https://www.atkvoorde.co.za/covid-19-protokol en https://www.atkvresorts.co.za/covid-19-protocol) kan lees. Die dokument is ook aflaaibaar; gaste kan dit dus uitdruk en hou. Daar is ook ’n infografiek op dieselfde webblad wat die belangrikste punte grafies uitbeeld. Ons het ook nou ’n digitale stelsel beskikbaar waar gaste voor aankoms die nodige gesondheidsvraelyste kan voltooi (soos verwag binne die protokol) om hul aankoms by die oord vinniger en makliker te maak.

Kostes is vir baie mense 'n kopseer. Het julle enige spesiale aanbiedinge wat ter sprake is? Of waarvan kan jy ons lesers hieromtrent vertel, asseblief? 

Voornemende gaste kan gerus na hierdie skakel gaan vir ons spesiale anbiedinge: https://www.atkvoorde.co.za/promosies. Gaste kan ook uitsien na ’n November propvol promosies as deel van ons Swart Vrydag-aanbiedinge.

Waarom is vakansieoorde iets om tot stand te bring waaraan die ATKV as organisasie gedink het? Wat is julle oogmerk daarmee? 

Die ATKV se stigters was duidelik mense met visie! Om die ATKV so finansieel onafhanklik as moontlik te maak, om sodoende te kan voortgaan met die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur asook ons verskeie gemeenskapsontwikkeling-, jeug-, en nasiebouprojekte, is die oorde (en bykomende besighede soos die Negester Leefstyl-landgoedere en Hartenbos Seefront) op die been gebring om die ATKV selfonderhoudend te maak.

Hoe sien jy die pad van die ATKV se vakansieoorde vorentoe? 

Alhoewel die Covid-regulasies ons ses maande gekos het, is daar ’n verskeidenheid planne, projekte en opwindende ontwikkelinge in die pyplyn vir die kultuurfokusse sowel as die oorde oor die volgende paar jaar.

  • Daar is nog enkele plekke beskikbaar en mense sal gou moet spring vir die Desember-vakansie.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top