Robyn van de Rhede voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal.
Die volgende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Deidre Jantjies.
Deidre noem in ’n 2019 LitNet-onderhoud met Cliffordene Norton: "Dit is belangrik vir die jongmense om die stories te hoor van hulle voormoeders en -vaders, sodat hulle trots op hulle erfenis kan wees ... Ek is geïnspireer deur die eerste nasie se stories, want ek glo dit is ons verantwoordelikheid om ons voorouers se stories te vertel." (Foto van Deidre Jantjies: Area Code)
Deidre Jantjies het ’n lang geskiedenis van toneelspel; sy het hierdie vaardighede gebruik om haar eie verhale te skryf wat sy in kortfilms omskep het.
Met haar vervaardigingsmaatskappy, Na Aap Productions, wil sy die onbekende geskiedkundige verhale van Suider-Afrika vertel, onder andere die inheemse stories van die Khoekhoen en San.
Sy vertel ook meer oor haar N/uu-, Griekwa-, Nama- en Korana-erfenis.
Luister na die onderhoud:
- Hierdie onderhoud is in Augustus 2020 opgeneem.
- Teks: Menán van Heerden
Lees ook:
"Ek het my voorouers se stories part van my lewe gemaak" – ’n onderhoud met Deidre Jantjies
Lees meer oor Nama, Gariep-Afrikaans en Khoekhoegowab:
"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"
Oranjerivierafrikaans is nxa!: ’n onderhoud met Anzil Kulsen
Bradley van Sitters se staatsrede-lofsang: Khoekhoegowab-, Nama- of "KhoiSan"-seënbede?
Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis