"Liefde love uthando" vier Suid-Afrika se diversiteit in Erfenismaand

  • 0

Die kunstenaar Bouwer Bosch se nuutste liedjie, “Liefde love uthando”, spreek tot sy passie vir samehorigheid en ubuntu, en is gepas vir September, wat Suid-Afrikaners as Erfenismaand vier, met Erfenisdag op 24 September. Bouwer span kragte met die talentvolle sangers Gazelle en Freddy L saam wat beide hul eie verse vir die liedjie geskryf het.

Volgens Bouwer wou hy ’n lied skep wat mense herinner dat Suid-Afrikaners eintlik meer eenders as verskillend is.

“Ons lewe in ’n unieke land met soveel kulture en tale. Dit sorg vir baie ryk en mooi dinge in die kunste asook net vir daaglikse interaksies met ander, maar ongelukkig is daar ook kere wat ons so geheg is aan ons eie kulture dat ons vergeet dat ons almal Suid-Afrikaners is.”

“Liefde love uthando” is ’n metafoor vir jou verhouding met jou gemeenskap, jou land, jou kultuur, jou geskiedenis en jou toekoms.

Bouwer sê: “Die lied skep hoop; dit sê dat ons hier wil bly.”

Bouwer, Freddy L en Gazelle vertel meer.

Please tell us more about “Liefde love uthando” – what was the inspiration behind the song? And what is the message that you wanted to convey?

Bouwer: Ek moet begin deur te sê elkeen het apart sy verse geskryf en ek het die musiek, pre-chorus en chorus geskryf, en toe ek die song begin skryf het, was my idee om ’n liefdeslied vir Suid-Afrika te skryf. Om ’n lied te skryf waar die geliefde in die lied Suid-Afrika is. Ons het maar ’n gekompliseerde liefde met ons land. So mooi as wat alles hier is, is daar tog dinge wat nie reg is nie en soms sukkel ons maar met menseverhoudinge en ek wou ’n lied aanpak waar dit gaan oor ’n verhouding, en in dié geval is die verhouding met die land. Die mooi ding van hierdie saamwerkprojek met Gazelle en Freddy L is dat elkeen sy eie idee en storie na die tafel toe kon bring en luisteraars kan ook daaruit vat wat hulle wil. Soms kry die luisteraar iets uit ’n lied uit wat nooit die bedoeling was nie en dit is wat musiek so kragtig maak vir my. Die idee agter die musiekfilm wat ’n groot rol speel saam met die lied is om stories te vertel om te wys dat ons eintlik baie meer gemeen het as Suid-Afrikaners as wat ons verskillend maak. Ons fokus net soms te veel op die verskille.

Bouwer Bosch

What is the significance of the title – the word “love” written in different languages?

Freddy L: Gazelle suggested we call it that because we are three musicians that came together. We sing in Afrikaans, English and Zulu in the song, so it was a great idea. Ons wou ook iets anders doen. Ons werk saam met Zoeloes, kuier saam met Engelsmanne, maar selde sing ons saam, en ons wou iets doen wat ’n bietjie anders is. Titels is ook soms ’n lekker manier om mense iets nuuts te leer. Nou kan Suid-Afrikaners die woord vir liefde in vier verskillende tale leer (“uthando” is ook die Xhosa-woord vir liefde).

What does the word “love” mean to you?

Bouwer: Liefde is ’n uitdagende emosie, een wat jou soms buite jouself laat voel en een wat jou ook soms kan insluk. Liefde kom in verskillende vorme en geure en ek het al gevind dit is makliker om lief te hê as om iemand toe te laat om jou lief te hê. Die woord “liefde” is ’n werkwoord vir my. Dit is ’n keuse, iets wat mens aan kan werk, soos jou spiere in die gimnasium – hoe meer mens oefen, hoe sterker word mens, en ek voel dit is so met liefde ook. Liefde is soms moeilik ook, want daar kan liefde in mense wees wat soms nie iets liefdevol doen nie, want op die ou end is ons almal maar net mense en elkeen het hul eie storie en dinge waarmee hulle rondloop. Liefde is ook moeiliker as haat en dit is waar ek hoopvol is oor Suid-Afrika. Ons kom uit ’n lelike verlede uit en ons leer nuut om ons medemens lief te hê en ek sien dag op dag mooi dinge en mooi mense wat probeer en hierdie land ’n beter plek maak.

Freddy L: The word “love” means understanding, patience and kindness, whether we agree or not on certain topics and ideas.

Freddy L

Gazelle: Liefde is die diepste uitdrukking van die lewe. Die energie wat ’n gelukkige leeftyd bepaal, ’n magneet van positiewe belewenisse.

How did the idea come about for the three of you to collaborate on this song?

Bouwer: Ek het die musiek begin skryf in Maart toe ek in die Drakensberge was. Toe ek terug is by die huis in Johannesburg, het ek een aand op Instagram ’n bietjie my proses gedeel via ’n regstreekse uitsending en Gazelle was toevallig ook besig om te kyk en hy het ’n bietjie notas gegee en sommer saam gesels oor die liedjie. Dit het maar net reg gevoel om hom te vra of hy sou deel wou wees van die lied. Ons het ons dele opgeneem (hy het sy dele in Hoedspruit opgeneem) en ek het gevoel ons kort ’n unieke stem, amper iets naby aan Joseph Tshabalala van Ladysmith Black Mambazo, en ek onthou toe dat ek in 2013 by ’n troue in Durban vir Freddy hoor sing het, en ek sal nooit sy stem vergeet nie. Ek het toe uitgereik na hom toe en begin gesels oor die projek en hy was dadelik aan boord.

Gazelle: One fine day during lockdown het ek op die plaas in Limpopo gesit nadat ek in Suid-Afrika gestrand was sedert Maart en ek het vir ’n oomblik deur my foon gegaan. ’n Instagram Live van Bouwer het opgepop en hy het ’n melodie gedeel op kitaar wat hy besig was om aan te werk. Ek het baie daarvan gehou en ’n comment gemaak en die res is geskiedenis. Goeie geskiedenis, want ons het begin praat oor die liedjie en ek het begin skryf op stappies deur die berge en velde rondom Ohrigstad en afgekom op woorde en melodies wat my die tema laat invoel het. Deur verdere gesprekke het ons geweet die lied moet groter as net ons twee wees, en meer mense betrokke kry. Soos Freddy en Concord Nkabinde.

Tell us more about the music video and the concept of it?

Bouwer: Die idee was maar net om dans te gebruik as ’n medium om te wys dat ons baie gemeen het as dit kom by ons geskiedenis en erfenis as Suid-Afrikaners. Daar is baie dans video’s daar buite, maar nog nooit het dansers gesels oor die danse nie, om te verstaan wat hulle doen nie, en ons wou dit doen. Deur die geskiedenis en stories te deel van die danse en belangrikheid daarvan vir kulture hou jy ’n spieël op vir die kykers dat hulle kan sien dat elke kultuurgroep lief is vir dans, elkeen ag sy erfenis as belangrik en ons moet ons verskille kan vier, maar ons moet ook ons eendersheid erken en kan vier. Daar is ’n langer musiekfilm wat net voor Erfenisdag gaan uitkom wat ’n bietjie meer vertel van elkeen se kultuurgroep en die belangrikheid van musiek en dans binne hul kulture.

South Africa is currently in turmoil and tensions in the country are high – what is your opinion of the current state of affairs in South Africa?

Bouwer: Ek dink hierdie is maar deel van die groeiproses. Suid-Afrika soos ons hom nou ken is maar 26 jaar oud, en hy het ’n bietjie van ’n drankprobleem ook, so as jy so na dit kyk, voel ek alles gaan oukei wees. Maar ek kan wel sê dat ek dink ons het nog baie werk om te doen rondom empatie en net gesprekke hê met mekaar. Ons baklei gou, maar is traag om te gesels oor dinge, en dit is gewoonlik in die gesprekke waar die genesing en samehorigheid begin gebeur. Ons land is ’n klein bietjie behep met velkleur en dit trek die aandag af van kulture af. Dit is nie ons velkleur wat ons verskillend maak nie, dit is ons verskillende kulture en ons het te min spasie vir elkeen om dit uit te leef. Ek dink ook ons moet nie die fout maak deur na die geraasmakers aanlyn te luister nie –  hulle werk is om geraas te maak en te polariseer. As jy net jou doel voor oë hou, vriendelik is met jou buurman en so nou en dan jouself in iemand anders se skoene plaas, sal ons baie gou ’n gesonder land en samelewing hê, voel ek. Wie gehoor wil word, moet ongelukkig eers luister, so ek hoop maar ons kan meer na mekaar begin luister.

Freddy L: I think South Africans need to listen to one another. We’re a very diverse and complicated nation. We all have a responsibility in this democracy, and if we don’t pull our weight, it’ll definitely show. It’s not easily done, but we need to start somewhere.

Gazelle: Ek moet sê, party dae lyk dit maa dismal en donker. Dit is glad nie in ’n goeie plek nie. Elke jaar ry ek van Limpopo tot in die Kaap en sien die ware land en sy mense in ’n werklikheid. Ver weg van die bubbles van Kaapstad en Johannesburg en Pretoria ens. En dit breek my hart om elke jaar huis toe te kom en te sien hoe dit so baie voel asof dinge besig is om uitmekaar te val. Maar daar is hoop. Soos Bouwer sê, hope vol hoop. Want daar is baie meer ongelooflike mense in hierdie land as skollies en negatiewe n**iers wat die land leeg steel of afbreek waar mens moet bou.

Are you positive about South Africa’s future?

Bouwer: Ja beslis. Daar is baie probleme – ek is nie naïef nie – maar waar daar probleme is, is daar ook oplossings en dit is wat my opgewonde maak. Daar sal altyd meer goed as sleg in die land wees. Dit moet ook baie sleg gaan voor dit goed kan gaan en ek glo ons is nou in so ’n tyd. Ons land het wonderlike mense wat hierdie dinge wil maak werk en hulle is die eintlik helde vir wie ons ons hoed moet afhaal.

Freddy L: I’m positive about the potential it has, and the fact that we could be a better example to the rest of the world.

Gazelle: Dis maa ’n mix van lig en donker, op en af in gevoel. Maar dis maar hoe die lewe ook loop en die realiteit van menswees ook is. Daar is ongelooflike potensiaal wanner mense bymekaar kan begin staan teen die regte vyande van vrede, die mense wat ons unity wil breek en die paar wat hulp nodig het. Ek’t gister saam met drie ex-gangsters in Kuilsrivier gechat wat hul lewe omgeswaai het en plante plant met ’n ongelooflike projek genaamd Streetscapes. So dit gee my hoop. Al wat ons kan doen is om te besluit hoe ons reageer op wat na ons toe kom. So ek sou sê dit is op ons elkeen se skouers om die storie en toekoms te skryf wat ons wil het deur klein treetjies. Al voel dit soos om ’n swembad met ’n lepel vol te maak.

Gazelle

With Heritage Day coming up, what makes you proudly South African?

Bouwer: Om te sien waar ons was en waar ons nou is, is merkwaardig. Ons land kan ’n storie vertel wat min ander lande kan vertel, en om deel van so ’n land te wees is merkwaardig. Om deel van ’n land te wees, te werk daaraan om dinge beter te maak, is ’n voorreg. Ons staan nie stil nie, ons hou aan beweeg. Ons vryf mekaar soms verkeerd op, maar dis ook oukei, ons is net mense. Vir elke vyf vyande wat gemaak word, word daar 50 nuwe vriende gemaak en ek dink daar is meer mens wat elke dag hulle moue oprol en hul hande vuilmaak om dinge te fix as dié wat daar is wat net stilsit en kla.

Freddy L: I’m proudly South African cos I don’t have to conform, and I can be who I am whether I’m understood or not.

Gazelle: Die kuns van braai. Want dit is my grootste passie en seker ’n craft wat ek die meeste ure in my ingesit het. Dit is waar, maar sekerlik is daar baie groter dinge, soos die feit dat daar geen land soos dié is nie met sy eie unieke lang geskiedenis van vele verskillende mense wat oor honderde en duisende jare gekom en gegaan het om soveel kulture bymekaar te bring in ’n fruit salad van potensiaal. Al wat ons moet doen, is dit sien en weet dat wat ons dink ons curse is, is eintlik ons blessing. Die gif van ons verlede is die medisyne van ons toekoms.

  • Foto’s: verskaf
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top