
Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Coenie de Villiers
2021-04-20Twee legendes op een verhoog: die skrywer Deon Meyer en die musikant Coenie de Villiers vertel hulle kosbaarste Karoo-stories. Saam verken hulle die Karoo-landskap, sy mense, hul vreugdes en pyn. Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte is op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios se inryteater. Marli van Eeden gesels met Coenie de Villiers.

Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Deon Meyer
2021-04-20Twee legendes op een verhoog: die skrywer Deon Meyer en die musikant Coenie de Villiers vertel hulle kosbaarste Karoo-stories. Saam verken hulle die Karoo-landskap, sy mense, hul vreugdes en pyn. Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte is op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios se inryteater. Marli van Eeden gesels met Deon Meyer.

NATi Jong Sterre: Ek, Eva-produksie by Suidoosterfees 2020
2020-11-20"Hierdie produksie handel oor vrouwees. Dit volg die storie van drie verskillende vroulike figure wat deur ’n sisteem onderdruk word. ’n Sisteem wat bestaan uit patriargie, armoede, verlies, seer, ongeluk en vrees. Dit lê klem op die verskillende klasse van die samelewing soos hoër klas, middelklas en laer klas. Dit wys hoe vroue eintlik nie so ver van mekaar geskei is nie, want wat die een raak, het ’n effek op die ander een, ens." Hierdie geleentheid vind 22 November om 12:00 plaas.

NATi Jong Sterre: Kaap-produksie by Suidoosterfees 2020
2020-11-20"Alhoewel die storie afspeel in Kaapstad en kyk na die klank, kleur en kolonialisme van die dorp, gaan dit oor baie meer se 'djep' ('beroof'/'steel') as net daai. Die play is ’n kombinasie van Afrikaans, Afrikaaps, Engels en Gayle. Ek loer en leer maar van Afrikaaps by meesters soos Jitsvinger, Jethrow Louw en Niko10long." Hierdie geleentheid vind 21 November om 19:00 plaas.

Student eerste in Suid-Afrika met ’n PhD in clowning
2020-11-19Klara van Wyk is die enigste Suid-Afrikaner tot dusver wat ’n doktorsgraad in clowning, oftewel narkunde of narrery behaal het. Sy het in Maart 2020 haar PhD in die Universiteit Stellenbosch se Dramadepartement verwerf. Klara vertel vir Marli van Eeden meer oor wat haar graad en navorsing behels.

23-jarige student Joha van Dyk se debuutroman landswyd gepubliseer
2020-11-13"Ek was al aan die skryf vanaf ’n jong ouderdom en dit was nog altyd my droom om ’n skrywer te wees. Ek het op ’n punt gekom in my derde jaar op universiteit waar ek net besef het, 'Wel, ek wou nog altyd ’n skrywer wees; hoe lank wil ek nou nog wag voordat ek kanse begin waag en my manuskripte instuur vir publikasie?'"

Suidoosterfees 2020 by die kykNET Atlantic-inryteater bied aan Klopse Jol!
2020-11-10"Wat baie opwindend is, is dat die musiek wat mense gaan hoor in Klopse Jol! uniek is tot die Kaap, en shows soos hierdie is belangrik om die ryk musiektradisies van ons gemeenskappe te laat voortleef en ook aan wyer, jonger gehore bekend te stel." Hierdie geleentheid vind Donderdag 12 November om 20:00 plaas.

Lag my kla’-komediante gesels oor Suidoosterfees-inryteater-vertoning
2020-11-05Luister wat sommige van die komediante te sê het oor die Lag my kla’-vertoning (Donderdag 5 November | 20:00 | @kykNET Atlantic-inryreater).

Lag my kla’-vertoning bied unieke inryteater-ervaring by Suidoosterfees 2020
2020-11-02"Sover ek weet, is hierdie vertoning op Donderdag 5 November om 20h00 die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaanse gehoor na stand-up-komedie kan kyk as inryteater. Dit vind eksklusief en regstreeks plaas by die kykNET Atlantic-inryteater by Atlantic Studios in Montague Gardens."

Afrikaanse wetenskapfiksierolprent Wesens binnekort in teaters
2020-10-22Die rolprent speel af op ’n plaas in die Karoo in 1967, waar ’n vreemde voorwerp geland het en vier Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensiediens-agente vervolgens onder streng geheimhouding ondersoek instel. Wat volg, is ’n raaiselfilm wat jou tot op die laaste oomblik boei. Die skrywer en regisseur Derick Muller vertel meer. Wesens is landwyd van 23 Oktober af in teaters te sien.

Tribuo-fonds: Nuwe fonds help kunste na pandemie
2020-10-19"Kunstenaars wil nie bakhand staan nie, en ons grootste prioriteit is om nou vir kunstenaars en tegnici werk te skep, terwyl ons in gedagte hou dat daar ’n groot nood is. Die volgende siklus open op 1 November en die aansoekvorm sal ook daar beskikbaar wees op ons webblad."

Afrikaanse rolprent Stam verower internasionale toekenning
2020-10-15"Film moet ons júis ontstel. Maar ook ontroer en laat lag en laat smag en laat dink. Stam is in elk geval ’n internasionale co-production met Nederland, so dinge beweeg al klaar in die regte rigting. In daai konteks beteken erkenning op ’n internasionale vlak vir my baie."

"Liefde love uthando" vier Suid-Afrika se diversiteit in Erfenismaand
2020-09-22"Ons lewe in ’n unieke land met soveel kulture en tale. Dit sorg vir baie ryk en mooi dinge in die kunste asook net vir daaglikse interaksies met ander, maar ongelukkig is daar ook kere wat ons so geheg is aan ons eie kulture dat ons vergeet dat ons almal Suid-Afrikaners is."

ekstasis-kortfilm vertel queerliefdesverhaal van vroue
2020-09-16"Ons dink dit is wonderlik dat queerverteenwoordiging daagliks al hoe meer te sien is en dat dit al hoe minder van ’n taboe onderwerp in die samelewing word. Dit gesê, voel dit asof daar nog baie werk rondom queerverteenwoordiging gedoen moet word, veral as dit by vrouens en non-binary liggame kom."

Geniet die KKNK en Mothership Studios se reeks aanlyn konserte
2020-08-20"Vir die KKNK is dit ’n besonderse voorreg om deel te wees van ’n musiekreeks van dié gehalte en standaard. En as ek kyk na die reaksie van die mense wat reeds gekyk het, is dit ook ’n besonderse ervaring vir die gehore. Dit is wonderlik. Musiek is nodig in dié tye. En hierdie reeks bied dit op steroids!"