Marli van Eeden

Marli van Eeden is gebore en getoë in Bellville, en matrikuleer in 2012 aan die Hoërskool DF Malan.

In 2015 voltooi sy haar BA-graad in drama en teaterstudie, met sielkunde en Afrikaans en Nederlands as ekstra vakke, aan die Universiteit Stellenbosch. Sy studeer verder nagraads en verwerf honneursgrade in drama en teaterstudie (met toegepaste teater as spesialisasie) en joernalistiek. Sy is tans besig met haar meestersgraad in joernalistiek.

Tydens haar jare in die Sonop Dameskoshuis op Stellenbosch word sy in 2015 tot studente-welstand-mentor verkies en in 2016 tot huiskomiteelid.

As deel van haar praktiese ervaring tydens haar studie in die joernalistiek voltooi sy internskappe by onder andere Eikestadnuus, MatieMedia, MFM 92.6 fm, Netwerk24 en Die Burger

Marli is tans die assistent inhoudsbestuurder by LitNet en betrokke in die radiobedryf. Sy is die ontbyt-nuusleser by MFM 92.6 fm van 6:00-9:00 elke oggend en bied  op Sondae ’n program aan van 14:00-17:00.  Sy is ook ’n omroeper by Radio Helderberg in Somerset-Wes nadat sy in 2018 ’n nuusleser was. 

In haar vrye tyd lees sy graag, verken sy staproetes en woon sy elke denkbare kunstefees by. Haar droom is om Suid-Afrika (en Afrika) plat te reis. Sy het ’n liefde vir die Karoo, en haar idee van ’n ideale blaaskans is ’n wegbreek na hul familieplaas naby Touwsrivier.

Regisseur gesels oor Toorbos by Toyota US Woordfees 2020

Marli van Eeden, René van Rooyen Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-05

"Wat my eerste opgeval het van die boek, was Dalene se sensitiewe en diep-ondersoekte verkenning van die vroulike protagonis se psige. Jy bewonder haar vir haar vasberadenheid in haar soeke na persoonlike vryheid soos dit afspeel teenoor die konflik tussen haar aardse boswêreld en die mens se behoefte vir vooruitgang." 

Folk 101: Klassiek en kontemporêr in een

Marli van Eeden, Jan-Hendrik Harley Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-05

"Ek dink altyd terug aan iets wat ek jare gelede gehoor het: 'Making music is serious business. Listening to it shouldn't have to be'."

Van Broadway tot op eie bodem: Jong talent pak bekende musiekblyspele aan

Marli van Eeden, Pedro Kruger Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-05

"Birdstraat is ’n ikoniese straat in Stellenbosch. En vir die Woordfees wou ons Broadway na Stellenbosch verplaas."

Luna Paige: "Kuns is goed vir die siel"

Marli van Eeden, Luna Paige Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-05

"Ons leef in ’n tyd waarin die meeste mense redelik onseker is oor hul toekoms, die ekonomie, hul veiligheid en ook op ’n manier hul identiteit en hul 'behoortskap'. Ek het hierdie onsekerhede vir seker nie vrygespring nie en ek het agtergekom dat dit ’n effek het op my selfekspressie en tot baie onlangs op ’n lus vir liedjies skryf."

Danie van Spoegwolf opgewonde oor debuutdigbundel

Marli van Eeden, Danie du Toit Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-19

"Ek wou nog altyd skryf vir ’n lewe. Dis mal dat dit nou my werklikheid is." 

Ikoniese kinderverhaal Huppelkind by Toyota US Woordfees 2020 te sien

Marli van Eeden, Marthinus Basson Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-19

"Huppelkind is soos ’n familievriend vir baie Suid-Afrikaners. Dit het my verbaas, as iemand wat in die 1950’s grootgeword het, hoeveel jongmense dit nog ken." 

Toyota US Woordfees 2020: Woorde op akkoorde ‒ ’n viering van klank

Marli van Eeden, Frazer Barry, Diana Ferrus, Hermien de Vos Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-19

"Mense moet nie vergeet dat hulle op die enigste planeet wat hulle hul tuiste kan noem, woon nie. Ons hoop dat die produksie die gehoor gaan aanspoor om die aarde lief te hê en te versorg."

Internationally acclaimed Moffie is a film about "hurt and shame"

Marli van Eeden, Oliver Hermanus Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-12

"The film is also an exploration of the SADF and its effect on a generation of white men who were fed an ideology of hate and fear."

Eldon van der Merwe van In Slavenhuis 39 opgewonde oor tweede speelvak by Woordfees

Marli van Eeden, Eldon van der Merwe Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-07

"Ons hoop dat die produksie nog na baie verhoë genooi sal word, juis omdat dit so baie kwessies rondom menswees aanspreek."

Cantona James van In Slavenhuis 39 benoem as beste opkomende kunstenaar by Fiëstas

Marli van Eeden, Cantona James Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-04

"Theatre has always been my first love, for the simple fact of the connection one builds with the audience members."

Teksmark 2019: Diverse nuwe skrywers, relevante tekste en innemende dialoog

Marli van Eeden Teater 2019-12-23

Marli van Eeden het gaan hoor wat die skrywers oor hul toneelstukke te sê het.

Francois van Coke oor die suburbs en sy nuutste album

Marli van Eeden, Francois van Coke Onderhoude 2019-11-18

"Ek het grootgeword in die ’burbs en wou my hele lewe wegkom. Vanuit Bellville was Kaapstad baie ver en vol mistiek. Ek het vir myself uit suburbia uit gedroom toe ek ’n kind was. Ek het gesoek na iets anders as die vervelige, tradisionele bestaan." 

Pianis Charl du Plessis gesels oor eerste solo-album

Marli van Eeden, Charl du Plessis Onderhoude 2019-11-07

"Ek staan telkens verstom voor die vermoë wat musiek het om ons uit ons onmiddellike omgewing te laat ontsnap en ons buie te beïnvloed."

Tafelberg se kabelspoor vier 90ste bestaansjaar

Marli van Eeden Reis 2019-11-07

" Vér troon Tafelberg oor die stad uit, kenmerklik aan Kaapstad. Vandeesmaand is dit egter nie die berg self wat in die kalklig is nie, maar eerder die gewilde kabelspoor wat besoekers al dekades lank teen die majestueuse berg op neem."

Ubuntu-kortkursus bevorder gemeenskapsbou

Marli van Eeden, Mary Nel Onderhoude 2019-11-04

Studente van die Universiteit Stellenbosch en die Brandvlei Korrektiewe Sentrum by Worcester in die Wes-Kaap het onlangs die land se heel eerste interdissiplinêre kortkursus wat in die tronk aangebied is, voltooi. Marli van Eeden gesels met Mary Nel, akademiese direkteur van die Ubuntu-kortkursus en senior dosent in die Departement Publiekreg aan die Universiteit van Stellenbosch.

Top