Aardklop 2018: ’n onderhoud met Tinarie van Wyk Loots oor Swerfgoed
2018-09-27"Ons lag vir hulle omdat hulle grotesk is. En dit maak ons ongemaklik. En hopelik vanuit hierdie ongemak, word ons self dit op die hart gedruk om beter te wees."
Aardklop 2018: Bloed en Bodem, ’n onderhoud
2018-09-27"Ek dink dat die temas oor wat aan wie behoort en wie het reg op enigiets, hetsy liggaam, grond, ras of skuld, nou nogal op brandpunt is. Hierdie teks is reeds oor die afgelope jare ontwikkel as deel van haar [die skrywer van die stuk se] doktoraal oor die grensdrama. Tyd het haar heerlik ingehaal."
Kanarie maak Suid-Afrikaanse debuut by Silwerskermfees
2018-08-21"Hierdie is primêr ’n Suid-Afrikaanse 'coming-of-age'-verhaal met ’n geweldige klomp taboe onderwerpe wat aangespreek word. Dis ’n film oor oorlog, maar die oorlog wat mens met jouself voer. As jy jou lewe lank gekondisioneer word om dit wat jy is te haat, gaan jy uiteraard jou eie grootste vyand word."
Die eenpersoondrama: ’n onderhoud met Nicola Hanekom
2018-08-07"Die meeste drama is op konflik gebaseer. Omdat daar net een karakter is, moet die konflik binne die karakter afspeel. Hoe dan anders? Die gehoor sien die worsteling omdat die karakter die moed het om die masker te laat glip en nie op te sit nie."
Die hede van klassieke musiek: ’n onderhoud met Kristi Boonzaaier
2018-08-01"Klassieke musiek is ’n fantastiese medium van musiek wat ’n sterk impak op baie mense se lewens maak. As kunstenare is dit ons verantwoordelikheid om te verseker dat die musiek betekenisryk en relevant bly vir ons gehore." Op 4 Augustus gaan Kristi Boonzaaier se komposisie vir die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, naamlik Ode to Madiba, by die Winter Symphony Season 2018 Festival opgevoer word.
Vrystaat Kunstefees 2018: Vrynge inspireer ontluikende kunste
2018-07-13"In die afwesigheid van doeltreffende afsetgebiede vir die kunste – veral in gemeenskappe wat migreer het tot meer geïsoleerde vorme van vermaak – het die feeste hulself geposisioneer as die vernaamste rolspelers vir die viering en voortsetting van Suid Afrikaanse kuns. Verder het die kunstefeeste ook ’n bepalende rol begin speel in die ontwikkeling van jong kunstenaars."
The 44th National Arts Festival hits Grahamstown
2018-06-28“Very few other festivals in the country have the demographic diversity of our audience. By numbers, we’re also the largest multi-arts festival of this kind on the continent, and we’ve also been around a lot longer than most.” Marli van Eeden chats to Ashraf Johaardien, executive producer of the National Arts Festival. The 44th National Arts Festival is taking place from 28 June until 8 July in Grahamstown.
Independent filmmaking: “Get out there and make movies”
2018-06-27"On 24 May, the South African Independent Film Festival, or SA Indie Film Fest for short, took place at the Labia Theatre in Cape Town, celebrating independent filmmaking. The festival showcased 22 short films, documentaries, music videos and even VR films from all around the world."
Eerste Kanna in die sak vir nuweling van Die Meermin-kompleks
2018-05-23"Die toekenning wys vir my dat daar hoop is vir mense wat in die 'ander' boksie geplaas word. Dat die ongehoordes ook ’n stem kan hê, en dat mense begin bereid word om regte stories te hoor en nie net stories wat gekondisioneer is as die waarheid nie."
NRNNSA slaan die spyker op die kop
2018-05-10"Die produksie NRNNSA, nuutgeskrewe deur talentvolle jongelinge, slaan die spyker op die kop en bewys dat vandag se teater nie skroom om moeilike vrae te vra nie. Daar is geen heilige koeie nie en die geselskap van NRNNSA huiwer nie om kwessies aan die orde van die dag op die naam te noem nie. Die toneelstuk is op die man af. Dis tong-in-die-kies, die dialoog is pittig en die temas uiters relevant."
Jong Matie-student bekroon as “beste opkomende kunstenaar” by WoordTROfees: ’n onderhoud met Carla Smith
2018-05-03"Die kunste verwelkom nuwelinge, maar daar is nie tyd vir tydmors of ’n passasier wees nie – as jy hard werk en met nuwe idees vorendag kom, wil ek glo dat daar ’n toekoms kan wees."
Suidoosterfees 2018: NATi se bydrae tot Afrikaanse teater
2018-04-25"Afrikaans se heil lê in die kreatiewe omgewings, en teater is ’n sleutelvennoot."
Suidoosterfees 2018: Die toneelstuk NRNNSA, transformasie en die toekoms van teater: ’n onderhoud met Mercy Kannemeyer
2018-04-18"Rakende transformasie is daar baie belangrike en nodige dinge besig om te gebeur. Ons wat nou op universiteit saam met die Fallist-beweging grootword (dis nou onder andere die Fees Must Fall- en Rhodes Must Fall-bewegings), leef in ’n tyd waar ons nie kan bekostig om apaties te wees nie. Dinge is aan die gebeur, en ons sal moet luister en deelneem as ons aktiewe burgers wil wees. As ons ernstig is oor transformasie, sal ons moet saamwerk."

