Bouwer Bosch

Bouwer Bosch is in 1984 in Pretoria gebore en verhuis 2 dae na sy geboorte na Potchefstroom. Hy onthou alles asof dit gister gebeur het en hy is nié 3 dae terug gebore nie.

Bouwer maak kleuterskool, laerskool en hoërskool klaar in Potchefstroom en verhuis vir 2 jaar na skool na Pretoria waar hy gaan werk het by 13th Floor - 'n organisasie wat in die kunste spesialiseer. Na 2 jaar by 13th Floor verhuis Bouwer vir 5 maande na die VSA waar hy drama gaan doen het vir 'n organisasie genaamd Christ in Youth.

Huidiglik is Bouwer 'n derdejaar BA Kommunikasie-student aan die Noordwes Universtiteit te Potchefstroom en is ook die sanger, liriekskrywer en kitaarspeler vir 'n rock band genaamd Straatligkinders (sien www.straatligkinders.co.za).

In sy spaartyd ry hy graag rolskaatse, "high 5" vreemde mense in die straat en probeer vasstel of mens vorentoe kan "moonwalk".

Opgedateer/Updated: 2008-05-21
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Dans Dans Lisa oor Pyl en Boog

Henry Cloete, Bouwer Bosch, Deon Meiring 2013-04-10 "Die basiese idee agter dit is maar die feit dat dit ’n wapen is wat op twee aparte dele staatmaak wat moet saamwerk om optimaal te funksioneer. Dis nogal hoe Dans Dans Lisa ook werk."

Bouwer Bosch oor Straatligkinders se Konings met Verskonings

Henry Cloete, Bouwer Bosch 2012-11-13 "Ons wil liedjies skryf wat ons help om te oorleef, emosioneel en finansieel. Ons gooi nie Bybels in die moshpits by ons shows nie en ons probeer ook niemand verander van ons vriende wat nie soos ons voel nie."

Ietsie waarop die siel ook kan langarm: Bouwer Bosch oor Almal maak voute

Annie Klopper, Bouwer Bosch 2012-02-29 Bouwer Bosch weet hy het nie juis ’n stem wat Idols-beoordelaars of koorafrigters sal beïndruk nie. Maar sy gees, selfspot, soms pittige, soms diep lirieke en eerlike aanpak vergoed daarvoor.
Top