Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Auschwitz-Birkenau: 75 jaar ná die bevryding
2020-01-27"Op 27 Januarie 2020 is dit 75 jaar nadat die reuse-konsentrasiekamp Auschwitz-Birkenau deur troepe van die Rooi Leër bevry is. ... Ons, en ons kinders en hulle kinders, moet juis hiervan weet."
Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa
2020-01-24"Hoe kan ons Afrikaanse letterkunde aanbied vir nuwe generasies studente op ’n manier wat die skanse van die laer deurbreek? Hoe word die studie van Afrikaanse letterkunde in verhouding gebring met ander geskiedenisse, tale, literêre tradisies en invloede?"
Nou in die verlede: Teignmouth Melvill, Nevill Coghill en die koningin se Vaandel
2020-01-22"Op 22 Januarie 1879 is die magtige Britse leër een van sy swaarste nederlae deur die Zoeloe-krygers by Isandlwana toegedien. ... Dit is terloops hierdie slagting wat die gewilde wyle Johnny Clegg geïnspireer het om 'Impi' te skep."
Hoop ten spyte van
2020-01-22"Ons moet ophou kyk na die regering om enigiets te doen. Dis gewone mense wat die verskil maak."
Sleutels tot ’n suksesvolle, volhoubare fees
2020-01-22Die navorser Engelina du Plessis deel waardevolle insigte oor wat feeste in Suid-Afrika suksesvol maak.
Sensuur: Nog springlewendig en gesond, dankie!
2020-01-21Conrad Botes en Anton Kannemeyer se muilband-ervarings met boeke en kunsuitstallings demonstreer dat die dae van sensuur nog lank nie getel is nie.
Ôs vroulike geloofleiers is nie ’n new age dingie
2020-01-20"Ôs ma’s, oumas en allie vroumense in ôse lineage was ôse eerste imams."
Om Afrika te verbeel: Brugfuncties van Breytenbach en Gorée Instituut
2020-01-17"Het VisionKeeper-project is gericht op de wijze waarop Breytenbach in zijn toespraken en essays, in 'prozas' en vooral gedichten beelden van Afrika construeert en reflecteert over Afrika en de betekenis van Afrikaans."
Legaat van Cecile Cilliers naar de Universiteit Gent
2020-01-15"Het legaat van Dr. Cilliers betreft een genereuze schenking: het gaat over meer dan tweehonderd boeken met vooral Afrikaanse poëzie."
Die opkoms van die introvert
2020-01-15"Eerder as om te verstaan, word gepoog om te verander, te help. Die 'stil enetjie' om nuwe vriende te maak. Die muurblom wat die lewe en al die genot wat dit bied, misloop, hier eenkant in die hoek, ver weg uit die kring van die skoffelendes."
Toekomsgerigte grondhervorming moet ideologiese kitsoplossings vervang
2020-01-15"Ideologiese dogmatici in Suid-Afrika mors in elk geval met mense se tyd, geduld en welsyn deur aldag te sit en wag vir die geskiedenis se noodwendige trein van progressie om ons te kom oplaai terwyl hulle onbenullige voorbereidings vir ’n revolusionêre toekoms tref."
Die belang en behoud van musiekvenues in Kaapstad
2020-01-15"Ek het ’n paar venues se eienaars en bestuurders gaan opsoek om te hoor hoe hulle oor ’n leë verhoog voel."
Morfeus moet trou
2020-01-14"Nee, my blind date is nie ’n reeksmoordenaar nie. Net ’n skadelose dokter, en sy enigste verhouding is met sy draks."
Blaas anti-swart vooroordeel in die media rassehaat aan?
2020-01-14"Natuurlik word dit nooit prontuit gesê nie, maar die onderliggende boodskap is dat wanneer wit mense moor, daar redes en versagtende omstandighede moet wees."
Skote in die nag
2020-01-14LitNet het Afrikaanse skrywers wat ’n verbintenis met Johannesburg het, gevra om hul gewaarwordinge oor die verbyryskietvoorvalle tydens Nuwejaar-feesvieringe in die stad met lesers te deel.
Skote in die nag: “Is Melville dood?”
2020-01-14"Nou, nege dae na die geskietery by Poppy’s, sit ek op die voorstoep by Nuno’s met ’n Windhoek Draught gerusstellend in my hand terwyl my hond verveeld tussen die tafels rondsnuffel vir iets interessant."
Skote in die nag: ’n Duisend en iets nagte later
2020-01-14"'Ek sien jy is op ’n selfmoordsending,' sê die man met die Panamahoed, swart jas en blinkswart skoene by die tafel langs my terwyl ek die skroefprop van my tweede bottel Tall Horse-merlot laat oopknars."
Skote in die nag: Is Joburgers nou lafaards?
2020-01-14"Wat Joburg se onderwêreld gedoen het, was om konstant ’n spieël op te hou sodat inwoners weet dat die blink en goud ook ’n donker kant het."
Skote in die nag: Drie maal om die blok
2020-01-14"Die eksentrisiteit van Melville was te siene in die feit dat die land se voorste intellektuele kon karaoke sing by Poppy’s op Maandae terwyl ’n transaksie in die onderwêreld op ’n sypaadjietafel gesluit word."
