Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
#BanOffOurBodies
2022-05-17"Die tydskrif maak ook ’n belangrike stelling omtrent swart vroue in die VSA. Swart vroue het jaarliks dubbel die aantal onvoorsiene swangerskappe as wit vroue, en meer as drie keer hoë sterftesyfer tydens swangerskap, om redes wat nie beperk is tot beëindiging van die swangerskap nie."
Om ’n kind korrek voor te berei vir ’n seksklag
2022-05-16"Professionele lui laat kindergetuies toe om die insident in vrye narratief te deel. Onduidelikhede word opgeklaar wanneer daar ’n geheelbeeld van die insident gevorm het. Om vir ’n kind te vra of pappa of oom of oupa aan sy of haar verkeerde plekkie gevat het, of iets in dier voege, is ’n onreg wat nege uit tien keer gaan lei tot ’n onskuldigbevinding in die hof."
Elders gesien: Minister se stilte oor taal sluit uit
2022-05-13"Wigte word tussen bevolkingsgroepe ingedryf eerder as dat wedersydse begrip en samehorigheid bevorder word. Daarby ís dit baie moontlik om meer inklusief en gereg met taal om te gaan."
Regsmening bevestig Afrikaans se status as inheemse taal
2022-05-12"Taalaktiviste verwelkom die regsadvies wat aan die Minister verskaf is, maar waarsku dat die stryd om Afrikaans as akademiese taal nog lank nie verby is nie."
US-intreerede: Johan Fourie kyk deur familielens na ekonomiese welvaart
2022-05-12"In Europa en Amerika is die mededinging fel – ons kan baie by hulle leer, maar die geleenthede hier aan die suidpunt bly enorm vir dié met die energie en durf om ’n kans te vat." – Johan Fourie gesels oor sy professorale intreerede op Dinsdag 17 Mei 2022 aan die US se Departement Ekonomie.
RSG: Hoe die openbare debat ontspoor het
2022-05-12"Miskien speel geskiedkundige trauma en interne klasseverskille ’n rol in Afrikaners se neiging om gou-gou in absolute hoekies in te trek, mekaar te etiketteer en op mekaar te skel, eerder as om deur geweegde en deurdringende openbare debat tot gevolgtrekkings te kom."
Moord verkoop: Freek Robinson stel ondersoek in
2022-05-11Freek Robinson gesels met Marida Fitzpatrick, Julian Jansen en Charné Kemp oor die skryf van ware misdaad. Hoekom verkoop hierdie boeke so goed? En hoe takel ’n mens so boek?
Maud: Moeder Moed
2022-05-11"Formidabel kyk sy deur die dekades na my terug. Moedig, waardig, ’n imposante teenwoordigheid in ons sitkamer. My ma het dit nooit laat raam nie en dis plek-plek verniel, maar ek het haar in ’n goue raam gesit. Aan die voorsate moet ’n mens respek betoon."
’n Onderhoud met Annemarie Toebosch: akademikus, aktivis en mensch
2022-05-11"En ik hoop dat ze de lijntjes doortrekken en (gaan) begrijpen dat de VS een voortduren is van een Europees systeem van raciale hierarchie dat, in de Nederlandse context, de Native American genocide, de Holocaust, de Trans-Atlantische slavernij, en Apartheid heeft voortgebracht of gefaciliteerd. Uiteindelijk hoop dat dit doortrekken van de lijntjes tot grotere of kleine actie in hun leven zal leiden."
"As ’n kind kan lees, kan hy vorder in die lewe": ’n onderhoud met Chareldine van der Merwe oor die VVA se lewensbelangrike leeskonferensie
2022-05-11"58% van alle Suid-Afrikaanse huishoudings besit nie ’n boek ... hét nie ’n boek in hulle huis nie. Dis die realiteit. Ma moet kies tussen ’n brood en ’n boek. So dan kies sy natuurlik ’n brood."
Marianne Strydom is oorlede
2022-05-10"LitNet het ’n stille medewerker verloor. Marianne Strydom het Estelle Kruger bygestaan in die skep van tientalle blokraaie."
Persverklaring: Afskaling van aktualiteitsdekking op RSG wek kommer
2022-05-06"As ’n openbare uitsaaier het RSG ’n unieke en belangrike mandaat in diens van die publiek, en daardie mandaat behoort met erns en omsigtigheid benader te word. RSG se bydraers, aanbieders en luisteraars verdien dit."
Daar is ’n gat in ons koerant en in ons lewens: Fred Mouton is weg
2022-05-06"Toe ek die man met die wonderlike talent vir pikturale humor uiteindelik ontmoet, was ek so oorstelp dat ek hom 'Meneer' en 'u' noem, al sê hy 'Nee man, ek is Fred.'"
Elon Musk en Twitter
2022-05-06"Hierdie artikel bespreek die potensiële impak van Musk se aankoop, veral ten opsigte van die kwessies van spraakvryheid en fopnuus."
Ukraine: Artillery – Stalin’s “god of war”
2022-05-05"On the same day Moscow’s chief propagandist warned that Russia had the capacity to ignite a 'Poseidon' underwater nuke capable of submerging Britain with a giant radioactive tsunami, I listened to Freek Robinson on LitNet interviewing Theo Venter on the likelihood of President Putin actually using an atomic bomb."
Afrikaans en Kaaps op skool: Faeed Amardien se pad met die onderwys
2022-05-05"Kinnes is geneig om jou te toets en jou karakter. Jy het een doel gehad toe jy die profession gekies het, en dis om liewens te change, kinnes te educate om meaningful contributions te maak in hulle gemeenskappe."
Suid-Afrika se staatskuld
2022-05-05"Uitgeskryf in syfers beloop dit R1 800 000 000 000 ... Omdat die ekonomiese omstandighede van lande verskil, word die verhouding van staatskuld tot die bruto binnelandse produk (BBP) van ’n land as maatstaf van vergelyking gebruik ... Hierdie verhouding neem jaarliks toe omdat die regering se tekort voor lenings groter is as Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers. Oor nog drie jaar kan staatskuld soveel as 75 persent van die BBP beloop."
Leon Schreiber oor US en Afrikaans
2022-05-05Leon Schreiber, DA-LP, is onlangs tot die Universiteit Stellenbosch (US) se raad verkies. Freek Robinson gesels met hom oor die debat wat nie wil gaan lê nie.
Fury (1936) wys waarom Malema se vigilantewaarskuwing veroordeel moet word
2022-05-05"Julius Malema het die grens van welvoeglikheid oorgesteek toe hy na bewering gedreig het dat die EFF moontlik die reg in eie hande kan neem as hulle die moordenaars opspoor voor die polisie dit kan regkry. Dalk kan ’n baie ou film help om die gevaar van sulke uitsprake te verduidelik."
Op soek na regsekerheid in die warboel van abduksie, menseroof en mensehandel: ’n onderhoud met Beatri Kruger
2022-05-04"Die regsonsekerheid tussen abduksie, menseroof en mensehandel bestaan dikwels omdat die regsdefinisies van hierdie misdade soms nie korrek en konsekwent toegepas is in regspraak nie en omdat sekere wetgewing ook onduidelikhede bevat. Hierdie probleme kan en moet uitgewys en aangespreek word – dit is wat die artikel wil uitlig."
