Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Wat is ’n "egeltjie"? Solet Scheers praat oor haar kortverhaal in Die meisie met uitroeptekens in haar oë
2022-01-25"Ek is dol op krimpvarkies en het nou reeds al die truuks in die boek gebruik om enetjie in my tuintjie in te lok, maar tevergeefs. Daar heers al etlike jare 'n dodelike siekte onder krimpvarkies in Nederland en die 'dierenambulans het hulle hande vol om soveel moontlik van die diertjies te red voor dit te laat is."
Emeritusaartsbiskop Desmond Mpilo Tutu as "messiaanse" figuur gehuldig
2022-01-24"Tutu se God is die menslike God – en daarom ook die laggende God, soos hy dikwels aangevoer het. Hy is die God wie se beeld ons nie alleen dra nie, maar wat via diegene wat Hom bely die wêreld (wil) omskep in die ruimte waar ons mekaar vind en as medemense dien."
Hoekom het Lindiwe Sisulu nog ’n werk?
2022-01-21"Maar selfs terwyl ons almal weet dis hoe dinge werk in Suid-Afrika, is Lindiwe Sisulu se politieke voortbestaan een of ander wonderwerk. Toegegee, sy het die famous van, maar vir hoe lank kan mens nou eintlik op jou ouers se reputasie ry?"
Die paartie-tapes
2022-01-21"Vandag se generasie het nie ’n vaagste benul van die frustrasies – en vreugdes – wat die musiekliefhebbers van die sewentiger- en tagtigerjare beleef het nie."
Pieter Uys (1956–2022)
2022-01-21Die digter, taalkenner, taalpraktisyn en konseptualiseerder in die reklamebedryf Pieter Uys is op 16 Januarie 2022 in Johannesburg oorlede. Johann Lodewyk Marais bring hulde aan hom.
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Theuns Eloff
2022-01-20Freek Robinson gesels met Theuns Eloff, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, oor opwindende inisiatiewe rakende moedertaalonderrig binne die openbareskoolstelsel, asook in onafhanklike en aanlyn skole.
’n Donker wolk en ’n nuwe skooljaar: ’n gesprek met ’n skoolhoof van Kuilsrivier
2022-01-20“Daar’s niks kos by die huis nie. Mense praat van tegnologie om te leer. By ons skool is daar nie kos vir elke dag nie – watse ding is ’n rekenaar by die huis?”
Die vergete stiefboetie van transformasie in arbeidsverhoudinge
2022-01-20"Mantashe se opmerking oor kaderontplooiing as ’n noodsaaklikheid vir transformasie weerspieël ’n uitgangspunt dat die ANC glo dat alle staatsposisies daardeur besit word en dat hierdie politieke groep kan besluit wie daarin aangestel word. Sonder hierdie mag word daar in wese dan van die ANC gesteel."
Die A tot Z van Omikron
2022-01-19"Die data wys duidelik dat entstowwe ernstige siekte en die dood keer. En ’n skraagdosis halveer die kanse van infeksie. Dié studie wys dat om gevaksineer te wees jou kanse verlaag om ander mense aan te steek, vir beide variante. ’n Persoon wat nie gevaksineer is nie, sal 41% meer waarskynlik ’n ander persoon aansteek as wat ’n gevaksineerde sal doen."
Navorsing oor water en infrastruktuur: die Rozendal-reservoir by Stellenbosch
2022-01-19"Die resultate van die onlangse buitewerkingindeks waarin meer as 200 Suid-Afrikaanse munisipaliteite en agt metrorade geëvalueer word wat dienslewering betref, was in baie opsigte verrassend en selfs ontstellend. ... Daar word vertrou dat die sukses van die Rozendal-reservoirprojek ’n besliste impak sal uitoefen op die evaluering van plaaslike infrastruktuurinstandhouding tydens ’n toekomstige buitewerkingindeks-opname."
Jaar van maak of breek vir Matamela
2022-01-18"Die onthullings en aanbevelings in die eerste deel het die RET-faksie blykbaar ongemaklik gemaak en toe klap die skote met die meningstuk van Lindiwe Sisulu waarin sy onder andere skryf dat regters binne koloniale denke vasgevang is en ook dat die Grondwet net ’n struikelblok vir snelle ekonomiese transformasie in die land is."
On The fall of the University of Cape Town: A further discussion
2022-01-18"On any given issue, how should we weigh up the different issues at stake? This is where we need arguments, including evidence. We need, in other words, to reason our way, as best we can, through the issues. That is exactly what I was doing in the book."
Swerfjaar vir seniors, aflewering vyf: ’n Road trip is nie dieselfde as ’n motortoer nie
2022-01-14"'We do not take a trip,' skryf Steinbeck in Travels with Charley; 'a trip takes us.' Dis ’n waarheid wat ons oor en oor getref het terwyl ons padlangs deur Amerika reis."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ilse Salzwedel en Rudie Heyneke
2022-01-13President Cyril Ramaphosa het onlangs die eerste deel van die Zondo-kommissie se langverwagte verslag oor die ondersoek na staatskaping in ontvangs geneem. Gaan die wiel van die reg tot by optrede teen korrupsie draai? Freek Robinson gesels met joernalis en skrywer Ilse Salzwedel (Permitted plundering ‒ how parliament failed SA) en Rudie Heyneke (Organisation Undoing Tax Abuse (OUTA)).
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Glynnis Breytenbach
2022-01-12Het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kapasiteit om dié wat in die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping geïmpliseer is, strafregtelik aan te kla en te vervolg? Freek Robinson gesels met adv Glynnis Breytenbach, DA-LP, DA-woordvoerder oor justisie en voormalige staatsaanklaer.
Terugkeer se tweede seisoen op VIA: ’n Onderhoud met Hevette Ates
2022-01-12"Die samesyn rondom kos aan etenstafel en die bekoring van die leefstyl in klein dorpe was die inspirasie vir die program."
Die bloed in my are
2022-01-11"My ouma Nicolaas Grobler (gebore Grobler, en getroude van ook Grobler) was sexy. Mag ’n mens dit van ’n voorsaat sê?"
Dis groter as net Djokovic
2022-01-11"Djokovic se appèl was suksesvol ... Dis ’n jammerte, want dit skep die indruk dat sekere persone op grond van sosiale status beter behandeling mag eis as ander."
On The fall of the University of Cape Town by David Benatar: a discussion
2022-01-11"Even if it doesn’t feel like we live in a rights-based constitutional democracy with equal access to the law and to the free exchange of ideas, which is what universities are for, we have no option but to continue to believe and act as if we do. Perhaps that explains his determination to hold on to the idea that people can and should do better. It’s part of his belief in the university as an institution."
Commendatio: Van Ewijck-prys toegeken aan Ingrid Glorie
2022-01-10Die Van Ewijck Stigting se prys vir die bevordering van die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland word vanjaar toegeken aan Ingrid Glorie.
