Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Die bloed in my are
2022-01-11"My ouma Nicolaas Grobler (gebore Grobler, en getroude van ook Grobler) was sexy. Mag ’n mens dit van ’n voorsaat sê?"
Dis groter as net Djokovic
2022-01-11"Djokovic se appèl was suksesvol ... Dis ’n jammerte, want dit skep die indruk dat sekere persone op grond van sosiale status beter behandeling mag eis as ander."
On The fall of the University of Cape Town by David Benatar: a discussion
2022-01-11"Even if it doesn’t feel like we live in a rights-based constitutional democracy with equal access to the law and to the free exchange of ideas, which is what universities are for, we have no option but to continue to believe and act as if we do. Perhaps that explains his determination to hold on to the idea that people can and should do better. It’s part of his belief in the university as an institution."
Commendatio: Van Ewijck-prys toegeken aan Ingrid Glorie
2022-01-10Die Van Ewijck Stigting se prys vir die bevordering van die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland word vanjaar toegeken aan Ingrid Glorie.
Rooibostee, awê en oepsies
2022-01-07"Is ontasbare kultuurerfenis ’n grafiese uitbeelding van ’n volstruis op die logo van ’n restaurant in Amsterdam wat jy móét afneem want dit herinner jou aan huis? Of in Lissabon graffiti wat die Afrikaanse woord 'bok' in het, waarvan jy ook ’n foto neem? Is dit iemand wat oorkant jou in ’n stil trein op pad York toe in Engeland ná ’n foon-oproep vir jou in Afrikaans vra: 'Is jy van die Kaap?'"
Nuwe jaar, nuwe jy?
2022-01-06"Ek wil dankbaar wees vir die klein goedjies. ’n Sonsondergang wat my herinner in watter mooi land ons bly. ’n Vreemdeling wat die deur oophou vir iemand. Blomme in my tuin. Vriendskap. ’n Meem wat my laat lag. Humoristiese kommentaar op absurde berigte. Die ongebreidelde vreugde van ’n bekende wat besluit het om op sy eie ’n kind aan te neem."
Van dink na doen: ’n onderhoud met Jess Schulschenk
2022-01-05Van dink na doen is ’n podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met die direkteur van die Sustainability Institute, Jess Schulschenk.
Barakat-program: Islam en aktivisme
2022-01-04LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Fatima gesels met Moslem-teoloog en skrywer Farid Esack en joernalis en skrywer Zubeida Jaffer oor Islam en aktivisme. Vir die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met gemeenskapsaktivis Yaaseen Staggie (Sunrise Youth Foundation).
Barakat-program: Ter viering van Vrouemaand (Augustus 2021)
2022-01-03LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Ter viering van Vrouemaand in Augustus 2021 gesels Fatima met Marlene le Roux en Ria Olivier oor die waarde wat Afrikaans tot hul lewe toevoeg. Vir die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met Gadija Kamalie.
Sondes van die vaders besoek die kinders
2021-12-31"As die kinders se vaders vandag nog soveel haat uitstort teen iemand soos Desmond Tutu, moet dit tog op een of ander manier oorgedra word aan hulle kinders en ook aan húlle kinders."
Arch (Desmond Mpilo Tutu)
2021-12-29"Jy
bou ’n brug oor die kloof
tussen Casspir, suburb en township,
maak geloof, gebed en God weer hip en relevant"
Tutu: Nou is die kansel leeg …
2021-12-29"Die beginsels van die teologie van hoop was steeds die kompas vir sy lewe; elke gemeenskap en mens se stryd teen ongelykheid en ongeregtigheid ’n waardige een om in voor te loop: menseregte, gayregte, die bekamping van Vigs, die Israeli-Palestynse krisis, Tibet."
Nog ’n groot boom val: Totsiens, Arch
2021-12-28"Hy was klein van postuur, maar sy skaduwee en sy nalatenskap is enorm."
Die Arch – ’n persoonlike huldeblyk
2021-12-28"Sy stem vir rede en deernis is weg. Ons as Afrikaanssprekende gemeenskap moet nou saamstaan en sy nalatenskap eer."
The passing of Desmond Tutu, 26 December 2021: A few memories
2021-12-27"He was one of the greatest the country has ever seen, iconic beyond description, who stood up for the rights of all South Africans, and whose legendary status reached the rooms, offices, courts of monarchs, heads of nations and spiritual leaders of virtually every country in the world."
Desmond Tutu: Suid-Afrika se gewete tydens en ná apartheid
2021-12-26"Met Tutu se afsterwe verloor die land ’n morele kompas wat ewe onverskrokke geveg het teen die vergrype van die Nasionale Party as teen die korrupsie en wanbestuur van die ANC."
Uit die argief: Die hoop wat Desmond Tutu se Nobel-vredesprys vir Suid-Afrika gebring het
2021-12-26LitNet verneem met leedwese van die afsterwe van emeritus aartsbiskop Desmond Tutu.
Janus op LitNet: terugblik en toekomsvisie
2021-12-23Soos die Janus-figuur, kyk LitNet aan die einde van vanjaar terug – besoek gerus OuLitNet (1999–2006), en ook die argief (2006–2012). LitNet sien ook uit na die toekoms – besoek ons webwerf hier vir nuwe inhoud wat weer van vroeg in die nuwe jaar bygevoeg sal word.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Doris Viljoen
2021-12-23Watter rol kan toekomsnavorsing speel om nuwe tegnologieë, byvoorbeeld internetgebruikersdata, kunsmatige-intelligensie-
Hersien jou gedagtes oor Afrikaans, minister Nzimande
2021-12-23"DAK Netwerk sal graag wil weet hoe die Minister en sy raadgewers tot die besluit gekom het dat Afrikaans nie ’n inheemse taal is nie. Watter formule is gebruik? Iemand kan nie op ’n oggend wakker word en bevind dat Afrikaans nie ’n inheemse taal is nie."
