Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Afrikaans: ’n Tydlyn vir skole

Menán van Heerden Menings 2021-12-22

Wat was die eerste Afrikaanse group chat-komedie? Wanneer is die eerste Afrikaanse radiosepie uitgesaai? Watter Afrikaanse rockgroep se album het eerste die beste verkoop op iTunes in Suid-Afrika? Wat was die eerste Afrikaanse hip-hop-lied? Wanneer is terminologiese woordeboeke oor rugby, skoenlappers en kragontwikkeling publiseer? Menán van Heerden is deur Hoërskool Stellenbosch gevra om ’n geskiedkundige tydlyn oor Afrikaans saam te stel. 

FW de Klerk het Afrikaners van die juk van die verlede bevry

Jan Bosman Menings 2021-12-21

"FW de Klerk het op 2 Februarie 1990 ’n deur op ’n skrefie vir my en baie ander Afrikaners oopgemaak om saam met redelike en gematigde Suid-Afrikaners hande te vat en saam te bou aan die uitkoms van gedeelde ideale."

Hulde aan Herman Binge

Kerneels Breytenbach In memoriam 2021-12-21

"Ek skryf hierdie dinge omdat ek self sukkel om sy heengaan te verwerk. Maar die woorde wil nie opstaan nie; hulle kry hom nie gemeet nie."

Woorde wat dinge en gebeurtenisse vasvang

Jana Luther Menings 2021-12-20

"Jaarliks in Desember maak woordeboeke, taalgenootskappe, webblaaie, noem maar op, een ná die ander hul ‘woord van die jaar’ bekend. Soms val die eer ’n nuutskepping te beurt; soms ’n ouer woord. Woorde wat dinge en gebeurtenisse vasvang wat op die jaar hul stempel afgedruk het."

Elders gesien: Herman Binge ons mis jou

Gérard Rudolf Elders gesien 2021-12-17

"Soos ’n saghartige vader loop hy van een persoon op die stel na die ander en deel lekkergoed en biltong uit, maak vriendelike geselsies met akteurs en tegnici, maak seker almal is oukei."

Elders gesien: Herman Binge, in memoriam

Kosie de Villiers Menings 2021-12-17

"Ons lewens was op baie maniere in mekaar vervleg. Ons het vir die eerste keer ontmoet op Stellenbosch, toe ek in matriek was, en Herman het altyd gesê ons kon bloedbroers gewees het."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Mike Schüssler

Freek Robinson, Mike Schüssler Onderhoude 2021-12-17

Die ekonoom Mike Schüssler skets ’n baie donker prentjie, maar hy sê ons mag nie moed opgee nie. Hy moedig almal aan om entrepreneurs te word, al is dit iets soos om as ’n naweekwerkie kaas te maak met ’n familieresep.

Mediavrystelling: Afrikaanse Taalraad oorhandig ope brief aan Ramaphosa

Afrikaanse Taalraad Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2021-12-15

Die Afrikaanse Taalraad het in ’n ope brief aan president Cyril Ramaphosa sy diepe kommer uitgespreek oor die Departement van Hoër Onderwys se taalbeleid. Die brief is op 10 Desember by die Uniegebou oorhandig – op die 25ste herdenking van die ondertekening van die Grondwet, ’n grondwet wat veeltaligheid voorstaan en taalregte beskerm.

Media release: Afrikaans Language Board delivers open letter to President Ramaphosa

Afrikaanse Taalraad Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2021-12-15

In an open letter to President Cyril Ramaphosa, the Afrikaanse Taalraad (Afrikaans Language Council – ATR) expressed its deep concern about the Department of Higher Education's language policy of 2020. The letter was handed over at the Union Buildings on 10 December – on the 25th anniversary of the signing of the Constitution, a constitution that promotes multilingualism and protects language rights.

Die vrystelling van die slawe

Michael le Cordeur Menings 2021-12-15

"Daar word dikwels die aanname gemaak dat ‘bruinmense’ nie so swaar gely het onder die Europese maghebbers nie. Die feite vertel ’n ander storie. Slawe is soos diere in die bos gevang en met slaweskepe na SA en elders vervoer waar hulle op veilings verkoop is."

’n Nuwe volkslied vir Versoeningsdag?

Jason Lloyd Rubrieke 2021-12-14

"Daar is egter sekere mense of politieke partye wat nie gelukkig is met die sameflansing nie. Omdat dit eersdaags Versoeningsdag is, is dit miskien heel gepas om weer na die debat oor die volkslied te kyk."

Wôd gou gesond, uncle Cyril!

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-12-13

"Maa ôs sal moet wêk annie messaging rondom die vaccine, wan ammel is mos nou experts. Kon nie eens stannerd 6 wetenskap deukom ie, maa nou wiet hulle bietere assie scientists. En al wat ek nou sien op social media, is al daai anti-vaksers wat vra hoekom het uncle Covid gekry as uncle gedouble-jab is."

Het FW de Klerk "bloed aan sy hande"?

Freek Robinson Menings 2021-12-13

"Die Waarheid en Versoeningskommissie moes so ’n liggaam gewees het, maar dit het net ten dele die waarheid en min versoening gelewer. Ná De Klerk se getuienis voor die kommissie, het die voorsitter, aartsbiskop Desbond Tutu, sy teleurstelling uitgespreek dat De Klerk nie begrip gehad het vir die wreedheid van gruwels wat die veiligheidsmagte gepleeg het nie. Tutu het nie De Klerk se getuienis geglo dat hy nie van sulke vergrype geweet het nie."

Swerfjaar vir seniors, aflewering vier: Watter fliek was dit nou weer?

Marita van der Vyver Rubrieke 2021-12-13

"Want ons het grootgeword met Amerikaanse rolprente, ons kyk deesdae aanhoudend Amerikaanse TV-reekse, ons luister van jongs af na Amerikaanse musiek en lees Amerikaanse boeke. Ons kulturele verwysingswêreld is deur dié land gevorm – of ons nou daarvan hou of nie."

Wilbur Smith, an obituary

James Woodhouse Books and writers 2021-12-13

"And then, out of a crowd, there he was – standing at my table with his hand held out. To this day I can still hear his voice in my head, see that wry smile. ‘James Woodhouse,’ he said. ‘I’m Wilbur Smith.’ As if he needed to introduce himself."

Die tyd van die tegnokrate

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-12-13

"Die tyd van die tegnokrate het onherroeplik aangebreek. Laasgenoemde is waar, soveel méér as vir enige tydvak in die mens se geskiedenis. Vandag bestudeer navorsers die impak van tegnologiese verslawing. Maar – tegnologie het ook ’n meedoënlose metgesel geword; as jy nie bybly nie, moet jy nie genade verwag nie. Wetenskapfiksie, soos ons dit eens geken het, het gaandeweg geskiedenis geword."

Die Desember van die neefs

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-12-08

"Daar was al soveel Desembers in my lewe. Nege-en-vyftig om presies te wees. Die meeste daarvan het verdwyn in die woestynlandskap van die verlede. As ek oor my skouer kyk, sien ek hier en daar ’n duin: ’n nag op die strand by Boggomsbaai, jare se son, branders en vrugtekoek."

University seminar: Language of instruction – how do we respond responsibly?

Arlys van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-12-08

"Unlike the UFS, where Afrikaans enrolments had dwindled to 20% at the time of the policy revision, the University of Stellenbosch has an opportunity to demonstrate inclusivity of the multilingual environment where they are situated and not to follow a reductionist approach of monolingualism."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Corné Mulder

Freek Robinson, Corné Mulder Onderhoude 2021-12-08

Verskeie politieke partye, waaronder die VF+, die ANC en die DA, doen reeds ’n geruime tyd navorsing oor koalisiepolitiek in ander lande. Nou, vir die eerste keer, het die kiesers ’n opdrag gegee om hierdie kennis te toets.

Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2021-12-07

"Die woorde 'waar redelikerwys doenlik' kom nie minder nie as 16 keer in die dokument voor wanneer Afrikaans ter sprake is. Hoe lank sal dit nog 'redelikerwys doenlik' wees om in sekere modules in Afrikaans klas te gee aan die US en wie gaan daaroor besluit? is ’n vraag waaroor baie mense wonder."

Top