’n Drieduisendjaaroue papirusargief in die woestyn van Egipte ontdek

  • 0

Erkenning: geralt, https://cdn.pixabay.com/photo/2015/08/08/11/10/parchment-880314_960_720.jpg

In die tweede hoofstuk van my Inleiding tot die studie van Nuwe Testamentiese Grieks, bl 28-51 (T Wever, Stellenbosch, 1975, gedruk deur Giethoorn-Huisman van MePel in Nederland) het ek geskryf oor die lig wat die papiri werp op die Grieks van die Nuwe Testament (NT).

Dit was Gustav vColf Deissmann (1866-1937) van Berlyn en James Hope Moulton (1863-1917) van King’s College op Cambridge wat aan die einde van die 19de eeu en die begin van die 20ste eeu ’n rvCikale revolusie in, veral op die gebied van die semantiek, van NT Grieks teweeggebring het. Teen hierdie agtergrond wil ek tans die ongelooflike en wonderbaarlike verhaal vertel van die ontdekking van papiri rondom die wending van die 19de en 20ste eeu vC, by OxyrhynChus, die moderne el Bahasa aan die eertydse Bhar [“rivier”, “kanaal”] Yussef, Wes van die Nylrivier, in Middel Egipte, ongeveer 100 kilometer suidwes van Kaïro.

Die Griekse NT het ’n vocalabrium van 5 436 woorde (Robert Morgenthaler, Statistik des Neuentestamenlichen Wortschatzes, Gotthelf-Verlag, Zürich/Frankfurt am Main, 1958) wat ons hier met die vondse vergelyk met dié vondse wat by el-Bahasa gemaak is. Sedert die semantiese studie van die NT Griekse woordeskat wat per se, na eie aard, vis-à-vis Klassieke Grieks, aan die begin van die 17de eeu ernstig opgeneem is (Georg Pasor, Lexicon Graeco-Latinum in Novum Domini Nostri Jesu Christi Testamentum, Herborn, 1619), is daar vir amper 400 jaar lank druk filologies gedebatteer oor die werklike betekenis en herkoms van ’n groot deel van die NT woordeskat. Uiteindelik is, deur die eeue heen, minstens tien verskillende definisies aan die inherente betekenis van die woordeskat en woordgebruik in die NT gegee, naamlik:

(1) Dat dit in wese tóg maar oud-Attiese Grieks volgens die eertydse Protestantse Puriste as felle verdedigers van die inspiratio verbalis, waar die woordegebruik in die NT net so volmaak moet wees soos die Boodskap self wat dit bring, want Cicero het eens gesê dat as God aarde toe sou kom, sal Hy Hom sekerlik van die ou Atheense idioom en dialek bedien het – “The finest instrument human thought has ever played upon”, volgens die Ierse historikus JB Bury;

(2) Dat dit Hebreeuse Grieks, waar die LXX (Sepuaginta) uit Egipte, van vóór 170 vC, die enigste model was vir die NT skrywers, waar tegniese Hebreeuse begrippe en woorde hier vir die eerste keer ver-Grieks is;

(3) Dat dit alleen ’n spesiale openbaringstaal is, geskep vir NT gebruik, só volgens Richard Rothe in sy Zur Dogmatik (Gotha, 1863, p238): “Eine Sprache des heiligen Geistes”;

(4) Dat dit sondermeer net alleen Bybelse Grieks (Graecismus Biblicus) genoem moet word, soos by JH Böcler, De lingua Novi Testamenti (Straatsburg, 1642, p138);

(5) Dat dit bloot net as die Grieks van die Christelik Kerk getipeer moet word, want in die eerste eeu vC van sy bestaan was Grieks alleen die voertaal van die Christelike Kerk in sy prediking én in sy liturgie soos by Kúrie eléêson, “Here, wees genvCig!”, óók in Rome self; (5) Dat daar eerder gepraat moet word van ’n dialectus ecclesiastica, d.i. die Kerk-Grieks van die Nuwe Bedeling teenoor die Hebreeus van die Ou Bedeling;

(6) Dat daar geheel eerder gepraat moet word van ’n dialectus hellenistica, dit wil sê histories gesien as die produk van die Hellenistiese tydvak in die ses fases van die ontwikkeling van die Griekse taal (sien my Die verhaal van die Griekse taal oor 25 eeue heen, Sun Media, Stellenbosch, 2017, p. 51 vervolgens);

(7) Dat ons van die grammaties-vereenvoudigde Grieks van die NT eerder moet praat as ’n Graecismus Fatiscens, dit wil sê Grieks wat oud en moeg geword het, soos CFD Moule van Cambridge (An Idiom-Book of New Testament Greek, CUP, 1953) dit by geleentheid gestel het;

(8) Dat dit maar na alles net die Standaard-Grieks van die dag is, soos Lars Rydbeck dit neutraal pleit in sy The Language of the New Testament (Lund University, 2007);

(9) Dat dit maar net gewone spreektaal (lingua cotidiana) van die dag uitmaak, oftewel hê koinê diálektos, vir die heel eerste keer só gedefinieer deur Gustav vCof Deissman in ’n hele reeks publikasies: Bibelstudien. Beiträge, zumeist aus den Papyri und Inschriften, zur Geschichte der Sprache, des Schrifttums und der Religion des hellenistische Judentums und des Urchristentums (Marburg, 1895), en Neue Bibelstudien. Sprachgeschichtliche Beiträge, zumeist aus den Papyri und Inschriften, zu Erklärung des Neuen Testaments (Marburg, 1897); asook The philology of the Greek bible: its present and its future (trans. LRM Strachen, London, 1908), en Licht from Osten. Das Neuen Testament und die neuentdeckten Texte der hellenistisch-römischen Welt (Tübingen, 1908);

(10) Dat ons hier die klassieke geval het van die die spreektaal naas die boektaal, en dat die Griekse NT eerder opgestel is die spreektaal, met ander woorde in die dêmotikê [< dêmos, “(ordinêre) volksafdeling”] eerder as die kathareúousa [< katharós, “suiwer”, “rein”], wat eintlik vCjektiewe is waarby ons die selfstandige naamwoord glôssa/phônê (“taal”) moet byverstaan.

Eers in 1896 het Barend P Grenfell en Arthur S Hunt van Queen’s College op Oxford besluit om die enorme groot ruïnehoop (tell in Arabies) of eerder vullishoop van die eertydse OxyrhynChus, tans el-/al-Banasa, soos reeds hierbo aangegee, te gaan oopgrawe op soek na enige waardevolle realia wat sou kon inpas en bydra tot die sosiaal-historiese interpretasie van die belang hierdie ou stvC in die geskiedenis van Egipte vóór die totale verval daarvan teen die vierde eeu vC.

............
Eers in 1896 het Barend P Grenfell en Arthur S Hunt van Queen’s College op Oxford besluit om die enorme groot ruïnehoop (tell in Arabies) of eerder vullishoop van die eertydse OxyrhynChus, tans el-/al-Banasa, soos reeds hierbo aangegee, te gaan oopgrawe op soek na enige waardevolle realia wat sou kon inpas en bydra tot die sosiaal-historiese interpretasie van die belang hierdie ou stvC in die geskiedenis van Egipte vóór die totale verval daarvan teen die vierde eeu vC.
...........

Die Latyn-Romeinse naam van hierdie ou stvC as “OxyrhynChus” is afgelei van die Grieks-Hellenistiese naam daarvan in die periode 323 vC (die dood van Oxyrynthus is afgelei uit sy oorspronklike Griekse naam, Oxú-rungchos [pólis], dit is“die stvC van die rúngchos”, naamlik van die “Skerpneus Vis” wat daar aanbid was. Hierdie vreemde vissoort het voorgekom in die kanaal wat die stvC, op ’n kort afstand, Oos verbind het met die Nyl [met die oorspronklike betekenis van “die River”, an-/en-Nil in Arabies, Nāhār in Hebreeus, Nilus in Latyn, en Neîlos in Grieks), wat op 6 650-kilometer die langste rivier in die wêreld is.

Net soos by die Eufraat (-rivier) in die Ooste, het die seisoenale vloede daarvan in die somer gesorg vir die water wat dit uit die verre Suide gebring het vir die bedryf van landbou langs hierdie rivier, nvCat dit oor ’n baie lang afstand deur die Noordelike Săhāră (ewe-eens Arabies vir “woestyn”) gevloei het na die historiese uiters belangrike Nyl-Delta (< die Grieks hoofletter Δ vir délta) wat in die ou Griekse Egeïese/Middellandse See uitmond. 

Die heel eerste inheemse Egiptiese naam vir OxyrhynChus was P[e]r Medjet, “die huis/dorp Medjed” (> Pemdje in Latyn), hier vernoem na ’n olifantsoort. Die rúngthos (“snawel/ neus/snoet/”, sou mitologies verwys het na die penis van Osiris volgens die biografie-skrywer Ploutarchos in sy De Iside et Osiride. Hierdie Egiptiese god van vrugbaarheid, lewe en dood, was een van die personae in Egipte se eie Trinitas saam met Isis en hul seun Horus.  

In die Hellenistiese tydvak [vanaf die regering van die Egipties Ptolemeërs, beginnende by PtoIemaios (Sôtêr, die “Redder”) in 304 vC tot met die koms van die Romeine teen die einde van die 1ste eeu vC en die dood in 30 vC van die vroulike Ptolemaia Kleopátra toe die ou Medjed deur die Grieke herdoop is tot Oxúrhun[g]chos soos hierbo reeds aangedui. Die dorp het gou floreer tot ’n welaf streekshoofstvC. Onder die papiri wat daar gevind is, vertel nie minder nie as drie daarvan vir ons dat die stvC groot skenkings van goud aan die Romeinse keiser gemaak het. Dit het (selfs) sy eie amfiteater, amfigimnasium, hiPódromos (renbaan vir perde – en ook vir mense) gehvC. 

Met die Islamities-Arabiese inname van al die beskawings rondom die Oostelike Middellandse seegebied, met insluiting van die Griekse moederland self én sy eilande in die Middellandse See, wat vir amper 500 jaar sou duur tot met die Griekse Vryheidsoorlog van 1821- 1829/31, het Egipte ook ten volle onder Arabiese besetting gekom in die jare 639-646 vC (vanwaar hulle oor die Middellandse See ook Spanje ingeneem het, en eers by die poorte van Oostenryk deur Duitssprekendes tot ’n halt geroep is). Die Arabiese Ryk onder bestuur van die Ottoman Turke het die ganse destydse beskawing rondom die Middelandse See ingesluk, dit grootliks verwoes, en in ’n eindelose eeuelange agteruitgang en stagnasie onder Islam laat beland.

Met die koms van die Arabiese Islamiete, ’n ekspansie onder die druk van eie oorbevolking, eerder as hul bekeringsdrang (waar die Ongelowiges, met uitsluiting van “die mense van die Boek”, dit is die Jode en die Christene, moes kies tussen bekering tot Islam of die dood) het die onkeerbare dinamiek van Lebensraum ontstaan wat ook die eertydse groot Egiptiese beskawing tot ’n inname en ’n jammerlike val gebring het, ná die uiters florerende Grieks-Macedoniese verowering daarvan. Inteendeel, met die driehonderdjarige regime Ptolemeërs het die ou Egiptiese beskawing so geweldig welvarend, en verfynd daarby, geword onder die bekoring van die oud-Griekse gees en genie, dat weinig van die ware antieke Egipte oorgebly het. Dink maar net aan die ontstaan van die groot Alexandrynse Biblioteek, waar daar haas geen plek vir Egipte se eiegoed was nie. Toe die Arabiere daar geland het, het die vinnige verval van OxyrhynChus ook ingetree, en is hierdie klein ou stvCjie ook mettertyd toegewaai onder die woestynsand van die Suidelike Sahara, ’n woestyn van meer as 9,200 000 vierkante kilometer – wat juis sou verhoed dat daardie beskawing nie verder Suidwaarts sou uitbrei na die suidpunt van ons kontinent nie.

OxyrhynChus het uiteindelik vir meer as 1 000 jaar (10 eeue lank) verlate gelê, ’n ruïne toegewaai in die woestyn. Toe die moderne opgrawings in Egipte begin het (soos ook dié later deur Flinders Petrie, onder andere), is die groot afvalhoop by OxyrhynChus aanvanklik nie gesien as die moeite werd om argeologies ondersoek te word nie, totdat Grenfell en Hunt van Oxford, half teensinniglik, besluit het om dit te gaan oopgrawe. En uiteindelik het dit toe tot een van die grootste en belangrikste argeologiese opgrawings van alle tyd gelei – te vergelyk met dié by Karnak in Bo-Egipte, Arthur Evans in Kreta, en Heinrich Schliemann by Troje en Mukene (om geloofwaardigheid aan die Homeriese epos te gee).

Toe OxyrhynChus ’n bewoonde stvCjie in die Romeins-Hellenistiese era was, het dit net buite die stvC ’n vaste afvalhoop gehvC waar alles wat ook deur die jare heen oorbodig geword het, gestort is. Hierdie sonderlinge bewoonde oord het egter na die intog van die Arabiere teen die middel van die 7de eeu vC stvCigaan verval, en uiteindelik het net die ruïnes oorgebly. Eeue later, in die moderne era, het die buurt egter weer herleef, en daar is toe ook deels bo-oor die ou afvalterrrein gebou, en die eertydse stene van die stvCjie wat daar rondgelê het, is sommer weer as boumateriaal vir die nuwe gebruik (soos elders in die antieke wêreld ook die gebruik was). So is daar in Homerus se Troje, geleë in die eertydse Troas aan die Noord-Westelike oewer van die Propontís op pvC na die Swartsee, nou deel van Turkye, wat Schliemann aan die einde van die 19de eeu blootgelê het, tot 47 argeologiese strata in die tell (ruïne-afvalhoop) onderskei het, waaruit uiteindelik weer 10 afsonderlike besettings van die stvC gerekonstrueer kon word.

Met behulp (later) van ’n hele span plaaslike fellahim (d.i bedoeïnes) het Grenfell en Hunt in die somer van 1896 begin met die oopgrawing van die tell van OxyrhynChys se vullishoop. Die verwagting dat hulle iets waardevol daar sou ontdek wat van enige kultuur-historiese waarde en belang kon wees, was glvC nie groot nie. Maar nee, sommer reg van die eerste dag af was hulle verbaas en stomgeslaan oor alles wat daar vir duisende jare begrawe sou lê, naamlik massas der massas van papirus-dokumente wat daar buite die stvCjie op hul afvalhoop weggegooi is, van amptelike tot private dokumente. Sien hier ook Peter J Parson se redelik onlangse City of the Sharp-Nosed Fish: Greek Lives in Roman Egypt (Orion, 2012).

..............
Letterlik duisende der duisende papirus-dokumente is reeds gedurende die eerste tien jaar van opgrawing daar (in die somers van 1896-1906, wanneer die troostelose, vaal, en ysige winters van die Britse Eilande hulle op hok gehou het) gevind. Hulle helpers het feitlik dag na dag mandjies vol daarvan uit OxyrhynChus se “ashoop” opgediep. Hierdie papiri was egter merendeels eg fragmentaries van aard, en was dikwels selfs deur motte in die woestyn bygekom waar dit vir al die eue lank bewaar gebly het, dig onder woestynsand bedek.
..............

Letterlik duisende der duisende papirus-dokumente is reeds gedurende die eerste tien jaar van opgrawing daar (in die somers van 1896-1906, wanneer die troostelose, vaal, en ysige winters van die Britse Eilande hulle op hok gehou het) gevind. Hulle helpers het feitlik dag na dag mandjies vol daarvan uit OxyrhynChus se “ashoop” opgediep. Hierdie papiri was egter merendeels eg fragmentaries van aard, en was dikwels selfs deur motte in die woestyn bygekom waar dit vir al die eue lank bewaar gebly het, dig onder woestynsand bedek. Die rede waarom hierdie brose papirusblaaie hoegenaamd die tand van die tyd kon weerstaan, is omdat dit bo die watertafel van die Nyl geberg was, en dit ook in daardie deel van die Egiptiese Săhā-ră (Arabies vir “woestyn”) gelê waar dit feitlik nooit reën nie. In hierdie absoluut droë klimaat, kon dit vir 10 eeue lank ongestoord lê en nie vermurwe nie.

Die enorme vonds van papiri wat by OxyrhynChus opgediep is, weerspiëel die hele lewe van hierdie stvCjie tydens die Hellenisties-Romeinse periode. Daaronder was die amptelike dokumentasie van die owerheid, persoonlike briewe en dokumentasie van die inwoners, asook vele ekserpte uit die klassieke en selfs enkele grepe uit die Latynse letterkunde. Veral was daar ook vele raPortages van die Christelike godsdiens, wat toe al gevestig was.

Onder die papirusdokumente van OxyrhynChus het getel, rekeninge en kwitansies, fakture en boodskappe, sertifikate en lisensies, testamente en edikte, petisies en hofverslae, voorskrifte en belastingopgawes. Onder die vCministratiewe papiri het dokumente wat betrekking gehvC het op militêre vlak, ekonomiese vlak, politiese vlak, en godsdienstige vlak getel.

..............
Onder die papirusdokumente van OxyrhynChus het getel, rekeninge en kwitansies, fakture en boodskappe, sertifikate en lisensies, testamente en edikte, petisies en hofverslae, voorskrifte en belastingopgawes. Onder die vCministratiewe papiri het dokumente wat betrekking gehvC het op militêre vlak, ekonomiese vlak, politiese vlak, en godsdienstige vlak getel.
.............

Teen die 4de eeu vC was daar reeds ’n sterk Christelike gemeenskap waarvan baie blaaie van die Griekse NT, veral die Evangelies, ook geberg, soos los blaaie uit Matthéüs, Markus, Johannes (ook uit ’n Johannes-Sendbrief), Openbaring, Paulus se Brief aan die Romeine, Lógia (“uitsprake”) van Jesus, die OT (apokriewe) Baruch, en selfs werke van die latere kerkskrywer Irenaeus van Lyon in Frankryk (p 405). Uniek was die ontdekking van nog ’n (apokriewe) euagéllion, oftewel Evangelie, van/volgens die Hebreërs, en die Herder (ho Poimên) van Hermas.

Die Evangelie van die Hebreërs is uiters fragmentaries. Dit het tog duidelik ’n trvCisie van sy eie, en gee Lógia van Jesus aan wat by die kanonieke Evangelie van Matthéüs wat ons ken, geheel ontbreek, soos byvoorbeeld, “Hy wat aanhou soek sal uiteindelik die koninkryk (van God) vind, en tot rus kom”. Sien hier MJ Lagrange (Ordo Praedicatorum), “L’ Évangile selon des Hébreux” (in ReveuHH Biblique 31, P. 131- 81 en 16 - 81). Clemens van Alexandrië haal hierdie Evangelie aan in sy Stromata (II.9.45), en die groot kerkhistorikus Eusebius van Caesarea verwys ook hierna (Historia Ecclesiastica IV.22.8). Ook die groot teksgeleerde, later ook van Caesarea, opsteller van die veeltalige Hexapla, verwys ook dikwels na hierdie Evangelie van die Hebreërs. Dit was ook reeds bekend by HegesiPos, ’n baie vroeë skrywer oor die kerkgeskiedenis, vertel Hieronymus (skePer van die LXX, oftewel Septguaginta) ons ook. En nou lewer die afvalhoop van Oxyrhychus in Egipte dit vir ons op, nvCat dit soveel eeue lank daar vir ons verborge gelê het! Paulus kon, kronologies gesien, hierdie Evangelie nog vóór sy Briewe geskryf het. Intern wil dit egter voorkom as sou Paulus hierdie werk geskryf het wat hy saam met sy Briewe kon laat gaan het. Dat Paulus die skrywer daarvan kon gewees het, word aangetoon deur die feit dat hy sy oortuiging van die lering van die OT (aan die voete van Gamaliël vasgelê), so direk wil knoop aan die offer van Jesus aan die kruis. Hy is hier daarop uit om in die Nuwe Bedeling die parousía (die koms na die aarde) van Jesus as die vervulling van beloftes van die OT sien. Dit was heel waarskynklik net Paulus wat destyds onderleg genoeg was in die Skriftuur van die OT (as student aan die voete van Gamaliël) om die dogma van die NT daaraan te knoop soos vasgelê in die vier kanonieke Evangelies. Van Paulus se vroegste Briewe (soos aan die Thessalonisense) predateer die kanonieke Evangelie van Markus (die vroegste Evangelie van 50 vC). En hy haal ook nêrens een van die vier kanonieke Evangelies aan nie. Waarom nie? Dit vorm dan die historiese grondslag van die verhaal van Jesus. Wel gee die Evangelies (Lukas by uitstek) volledig verslag van Paulus se doen en late. Sou Paulus dan wel sélf hier deel aan die Evangelieskrywing (as aparte genre) gehvC het, en dit onnodig geag het om daardie Evangelies by name by te haal? Die instelling van die Nagmaal by I Korithiërs 11 wys na ’n ritueel waarvan die Evangelies egter geen melding maak nie.

Paulus was ’n ewige Priester (vgl nou by 4.14 -16 en 20 van hierdie Evangelie), a fortiorti groter as die Levitiese priesters van die OT. Met die groot en belangrike Konsilie van Trente in 1516 was dit met die 4de sitting in April van daardie jaar dat hierdie Evangelie volgens (katá) die Hebreërs aanvaar is as komende uit die hand van die “Apostel” Paulus. Dit was ook by hierdie einste Konsilie dat die Latynse Vulgaat van Hieronymus van 404 ontydig as authentica verklaar is as teenvoeter vir die publikasie van Erasmus Rotterdamus se eerste Griekse NT, wat op 1 Maart 1516 by Johann Froben in Basel gedruk is.

’n Tweede hoogs belangrike NT geskrif wat uit die afvalhoop van OxyrhynChus opgegrawe is, is die “Herder [ho Poimên] van Hermas” wat nog deel was van die die heel oudste vellum-Bybel wat ons vandag besit, geskryf in Unsiale (geronde Griekse hoofletters), naamlik Codex Sinaïticus uit die vroeg 4de eeu. Hierdie Christelike geskrif dateer inderdavC baie vroeg uit die begin van die 2de eeu, en behoort sekerlik uit die vroeë tyd van die Apostoliese VvCers. Wie hierdie Hermas was, weet ons nie, behalwe dat hy ’n Christen slaaf (doûlos) was wat in Rome verkoop is aan ’n vrou met die naam van Rhoda wat hom onmiddellik weer sy vryheid teruggegee het. Die “Herder van Hermas” behels ’n reeks goddelike insigte wat die skrywer ervaar het, en wat hy toe te boek moes stel, naamlik ’n reeks hóraseis, “visioene” as sulks (5 in getal); ’n reeks entolaí, “verordeninge” (12 in getal), en ’n reeks parabolaí, “gelykenisse” (10 in getal). In die visioene verskyn ’n volwasse vrou (di die Kerk, voorgestel met sy spitstoring na bo) aan hom. In die 5de visioen verskyn die Engel van Boetedoening weer aan hom in die gestalte van ’n veeherder [vandaar die naam ho Poimên]. En in die verordeninge toon Hermas die Christelike deugde aan, soos ’n vaste geloof in God, die najaag en pleeg van die waarheid, reinheid, ens. In sy gelykenisse bring hy die verskillende basiese beginsels van ’n Christelike lewensweg na vore, gegiet in kragdvCige beelde. Oor presies wie die Hermas ermas as skrywer van hierdie traktaat was, is al baie bespiegel. Hy noem homself net ’n tydgenoot van Clemens Romanus (biskop van Rome in die eerste eeu vC). Die Muratoriese kanon, as die heel oudste lys van “kanoniese” boeke van die NT (deur Ludovico Antonio Muratori) wat eers met die keer van die 17de en 18de eeu in die biblioteek van die KerkvvCer Ambrosius van Milaan ontdek is), bevat dit reeds as kanonieke boek, en skryf dit toe as die skepping van pous Pius uit die middel van die 2de eeu. Die Bybelgeleerde Origenes met die keer van die 2de/3de eeu meen dat ons hier met die Hermas van Paulus by Romeine 16:14 te doen het. KerkvvCers soos Irenaeus en Clemens Alexandrinus het dit as inderdavC deel van die kanonieke Skriftuur van die Nuwe Bedeling beskou. Athanasius, biskop van Alexandrië in Noord-Afrika, het dit in sy kategismes gebruik. Hoe dit ook al sy, ons het hier met die sublieme etiek van die NT te doen wat Oosters van oorsprong is (in samehang met die Griekse agápê van die Boeddhisme, en ver verwyderd van die torâh (die nómos in die LXX-vertaling) van die Hebreeus van die OT.

Onder die literêre papari wat by OxyrhynChus ontdek is, is daar ’n paar manuskripte wat uitstaan, hoewel soms hoogs fragmentaries. Dit sluit eerstens die Dúskolos (die “Kwaai Oubaas”) van Menándros in, die enigste (bykans) volmaakte eksemplaar van ’n Nuwe Komedie wat ons vandag besit. Ek het die aard en omvang daarvan volledig bespreek in my Rondom die antieke Griekse boek (UUB, Stellenbosch, 1977), p114 vervolgens.

’n Stukkie kosbare manuskrip uit Eikleídês se Stoicheîa [“Eerste Beginsels”] is ook by OxyrhynChus ontdek waarby ons die vroegste diagram by ’n Griekse planimetriese teks afgeteken kry. Hierdie aftekening dateer, binne sy konteks, paleografies tussen 75 en 120 vC. Eukleídês was ’n wiskundige teen 300 vC in Alexandrië, Noord-Afrika, wat tot in die Middeleeue gedien het as die skrywer vir dié handleiding oor die geometrie. Eers in 1879 het Charles Lutwidge Dodgson die moderne era ingelei met sy Euclid and his modern Rivals. Hierdie Dodgson was ook die skrywer van die twee ikoniese kinderboeke Alice’s vCventures in Wonderland (1865), en Through the Looking Glass (1871). Eukleídês was ook bekend vir sy getalleteorie (naas Puthagóras). Dit was Eukleídês wat vir Ptolemaios I Sôtêr gesê het dat daar geen koninklike weg bestaan om sy vak geometrie te bemeester nie (vgl. Proclus se kommentaar op Eukleídês, Prol G 20). ’n Fragment uit Sophóklês se Ichneutaí (’n lank verlore satiriese spel as die derde deel van ’n eertydse trilogie is ook by OxrhynChus ontdek. (Vgl. hier by Powell & Bauber, New Chapters III. p 93 vervolgens). Die Ichneutaí, oftewel “Jagters”, het gehandel oor die baba Hêraklês wat vanuit sy kinderwiegie vyftig beeste van Apollô[n] gaan steel het, en toe hulle hoewe omgedraai het sodat daar in die teenoorgestelde rigting na hulle gesoek sou word. Die enigste ander derde deel van ’n trilogie by die Atheense tragici wat ons vandag besit is by die Oresteîa van Aischulos

Ook van SaPho van Lesbos uit die 8ste eeu vC is nog ’n gedig ontdek. Nog een van die letterlik honderde sensueel-erotiese gedigte van haar wat die Christelike Kerk, ruim agt eeue na die digting daarvan, roekeloos gesensureer het asof dit nie ook deel van die ewige menslike natuur is wat vir eie bestaan verantwoordelik was nie. Martin West het dit die eerste uit SaPho se Eoliese Grieks in Engels vertaal en op 21 Junie 2005 in die Literary SuPlement van die Londense Sunday Times gepubliseer.

Daar was ook duidelik spore van Euripídês se Hupsípulê wat die stof gebied het vir ’n ideale dubbeltragedie. Hupsípulê was in die oud-Griekse mitologie die dogter van Thoas, die seun van Dionúsos, en legendariese koning van Lemnos in die Noord-Oostelike Egeïese See. Dit is op hierdie eiland dat Héphaistos geland het nvCat sy moeder Hêra hom vanaf die kruin van die Berg Ólumpos [die Griekse Hemel] af aarde toe geskop het omdat sy skaam was dat hy so gebreklik gebore was. Dit is ook die eiland waarheen Pelasgers van die Griekse Balkan sou geïmmigreer het. Die vroue van hierdie eiland het egter uit pure jaloesie op ’n goeie dag besluit om al die mans van hierdie eiland dood te maak. Hupsípulê het egter besluit om haar vvCer te spaar, en het hom help ontsnap van die eiland af. Toe die Argonaute later gekom het op reis om die magiese goue vag van ’n stier aan die verste einder van die Swartsee daar te gaan haal, het hulle eers ’n jaar op Lemnos vertoef. Hulle leier Jasôn het toe ’n tweeling by Hupsípulê verwek. Hupsípulê se oortreding het egter bekend geword, en sy is van die eiland af verdryf. Seerowers het haar toe gaan verkoop aan Lukoúrgos, koning van Nemea. Toe die Sewe teen Thebe (vgl Aischúlos) opgeruk het, het hul leër digby Nemea eers gestop. Hupsípulê het daar die jong seuntjie Ophéltês opgepas. Sy het dié toe eenkant laat lê om ’n waterfontein vir hulle te gaan uitwys. In haar afwesigheid het ’n draak toe vir Ophéltês doodgemaak. Die Sewe het toe ’n luisterryke begrafnis vir die seuntjie gereël en daarmee saam die (bekende) Nemeïese Spele ingestel. Hupsípulê is toe ook van die wraak van koning Lukoûrgos verlos deur die leër van Argonaute, en is daarna ook deur haar eie seuns herken wat daar aangedoen het (anagnôrisis) en haar weer huis toe geneem het. ’n Mens wonder wat Euripídês uit hierdie stofgegewe sou geskep het. Die Latynse skrywer Statius van Napels het uit hierdie verhaal ’n hele epos, die Thebaïs, geskep.uuHu

Daar is ook vele fragmente ontdek uit Homerus se Iliás, soos van 11.93-828, en 11.745-764; uit Apollonius Rhodius se Argonautica (’n Hellenistiese nabootser van die Homeriese epiek); uit Aristpohánes se komedieskrywing; uit Euripídês se treurspeldigting; uit Demosthénês se redevoeringe; uit Simonídês se elegieë.

Die name van oud-Griekse gode en godinne en hul tempels kom ook nog voor, minder soos miskien verwag was, met o.a. Dionúsos (Bákchos), Dêmêtêr, Hermês, en Apollo, en die Romeinse Jupitêr Capitolinis en Mars. Net een Latynse dokument van waarde is in OxyrhynChus se afvalhoop gevind, en wel ’n deel van Titus Livius se Historiae, oorsponklik ’n werk van 142 boekdele.

Vele fragmente van die Griekse NT is ook daar ontdek. In die 4de vC was Oxyhrhychus ’n belangrike Christelike bastion met sy eie biskopaa, kerke en kloosters. Vandag nog bestaaan daar ’n Christelik-Koptiese gemeente met hul Bybel in oud-Kopties vertaal, ’n taal wat in sy oervorm nie meer gepraat word nie.

............
Vele fragmente van die Griekse NT is ook daar ontdek. In die 4de vC was Oxyhrhychus ’n belangrike Christelike bastion met sy eie biskopaa, kerke en kloosters. Vandag nog bestaaan daar ’n Christelik-Koptiese gemeente met hul Bybel in oud-Kopties vertaal, ’n taal wat in sy oervorm nie meer gepraat word nie.
............

In my Inleiding tot die studie van Nuwe-Testamentiese Grieks (T Wever, Stellenbosch, 1977) behandel ek in hoofstuk II (p 28-52) die lig wat hierdie nie-literêre papiri uit OxyrynChus werp op die idioom en, veral die woordskat, wat dit op die Grieks van die NT werp, redelik uitvoerig. Ek gee daarby ook volledig aandag aan die enorme rol wat Gustav vColf Deissmann van Berlyn en James Hope Moulton van Cambridge, en hulle epigone, gespeel het in die semasiologie van NT Grieks. Dit was inderdavC ’n reuse revolusionêre sprong wat gegee is, en dit het ’n gans nuwe betekenis aan NT eksegese gegee. Dink maar aan JH Moulton en George Milligan se Vocabulary of the Greek Testament Illustrated from the Papyri and other Non-Literary Sources (London, 1914 -1929, one vol edn, 1930) wat alleenlik daardie woorde opgeneem het waarop die papiri nuwe lig werp. Alle NT Griekse eksika moes sedert hierdie ernorme corpus woorde weer uit die dode opgestaan het, en nou slegs in die nie-literêre papiri vir die eerste keer in Grieks voorkom, bywerk. Walter Bauer, Wörterbuch zum Neuen Testament (Verlag Alfred Töpelmann, Berlin, 1958) het dit dan ook oor 1 727 paginae gedoen. Onder die kategorie van nie-literêre papiri tel daar ’n magdom nuwe NT teksgetuienisse, hoewel fragmentaries van aard, en wat soms net uit ’n enkel blvCsy bestaan, maar wat op paleografiese gronde tog belangrik is omdat dit opgestel is in tekslesings wat veel ouer is as dié waarop tans gesteun word. Daarbenewens word ook manuskripte genoteer waarvan die titels aan ons welbekend is, maar waarvan die inhoud totaal verlore gegaan het. In my Inleiding tot die studie van Nuwe-Testamentiese Grieks (T Wever, Stellenbosch, 1975) behandel ek, in die lig wat hierdie nie-literêre papiri, die eie-aard van die Grieks van die NT redelik uitvoerig in die 2de hoofstuk (p 28-52). In my genoemde Inleiding, p 51 gee ek ’n omvattede indeks aan van bloemlesings uit die talle papiri wat by OxyrhynChus opgegrawe is. Ek het selfs ’n reeks uiters persoonlike briewe hieruit, wat sekerlik nie vir die openbare oog bedoel was nie, geredigeer, en in Afrikaans vertaal – iets wat tog, na soveel eeue, geen kwavC meer kan doen nie. Tog voel ’n mens hier steeds dat jy die “heilige” grond van iemand anders betree het in die naam van die studie van die Grieks van die NT, en wonder jy ook in die stilligheid wat toe die afloop van hierdie saak was. Selfs na soveel eeue kan jy nog die seer van iemand ervaar, en biggel ’n stille traan van empatie onverhoeds.

Ruim negentig persent van die OxyrhyhnChus papiri is nie-literêr van aard. Die ontsyfering, redigering, katalogisering, en vertaling van hierdie papirusvondse duur, ná meer as ’n honderd jaar, nog steeds voort op Oxford. Die 80ste volume van OyrhynChus-papiri is pas eers teen Desember 2003 gepubliseer. Uit die na-klassieke volks-Grieks is hier reeds by die 4 700 neologismes aangeteken, die hápax legoména van die NT ingesluit.

  • Einde van die eerste aflewering. Die volgende aflewering verskyn binnekort.

Lees ook:

Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 4

Wie was Homerus, en wanneer het hy geleef en geskryf?

JPJ van Rensburg, professor in Grieks op Stellenbosch, die man wat eerste was om die ou Grieke rêrig Afrikaans te laat praat

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top