Wie was Homerus, en wanneer het hy geleef en geskryf?

“Die Westerse letterkunde begin met Homerus (die Latynse vorm vir die Griekse Hómêros) se twee grootse eposse, die Ilias (15 693 daktiliese heksameterversreëls lank) en die Odusseia (11 670 daktiliese heksameterversreëls lank).”