Olumpia, setel van Zeus op die Peloponnees, deel I
2023-05-24"Kuns en kultuur het ook sy plek by die Spele by Olumpos gehad. Beeldhouers, digters, skilders en ander kunstenaars het ook by Olumpos kom saamtrek as dit die jaar van die Spele was." Gerrit van Wyk Kruger, aan wie die NP Van Wyk Louw-medalje deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken is, skryf oor die geskiedenis van die Olimpiese Spele.
’n Drieduisendjaaroue papirusargief in die woestyn van Egipte ontdek
2022-05-26"OxyrhynChus het uiteindelik vir meer as 1 000 jaar verlate gelê, ’n ruïne toegewaai in die woestyn. Toe die moderne opgrawings in Egipte begin het, is die groot afvalhoop by OxyrhynChus aanvanklik nie gesien as die moeite werd om argeologies ondersoek te word nie, totdat Grenfell en Hunt van Oxford, half teensinniglik, besluit het om dit te gaan oopgrawe."
Wie was Homerus, en wanneer het hy geleef en geskryf?
2020-06-04"Die Westerse letterkunde begin met Homerus (die Latynse vorm vir die Griekse Hómêros) se twee grootse eposse, die Ilias (15 693 daktiliese heksameterversreëls lank) en die Odusseia (11 670 daktiliese heksameterversreëls lank)."
JPJ van Rensburg, professor in Grieks op Stellenbosch, die man wat eerste was om die ou Grieke rêrig Afrikaans te laat praat
2019-08-07"Ek is waarskynlik die enigste (hoewel veel latere) tydgenoot van wyle professor JPJ van Rensburg van Stellenbosch wat nog oorgebly het om, uit eie meelewing as oor- en oog-getuienis, hierdie verhaal in enige diepte te kan vertel."
Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 4
2019-06-25"Zeús was volgens Homerus (Hómêros) die “Vader van die gode en mense”. Zeús word egter nêrens voorgestel as (’n/die) Skepper nie. Na sy eie arbitrêre keuse het Zeús goed én kwaad vir die sterflike mens uitgedeel. Zeús was sy eie soewereine norm wat die mens nie straffeloos durf naboots het nie."
Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 3
2019-06-19"Nou is dit so dat die ou Grieke ook die verhaal van die Groot Vloed vertel het. Vader Zeús het ook besluit om alle mense in ’n Groot Vloed te laat omkom (verdrink) omdat hulle nie meer op die regte wyse vir die gode op die Berg Ólumpos hul offerandes gebring het nie."
Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 2
2019-05-27"Ek het pas hier, vir die eerste keer, hierdie afleiding op skrif gestel (naamlik dat die naam van die Hoofgod van drie groot godsdienste tans ter sprake) een en dieselfde oorsprong het – tentatief, maar met redelike sekerheid."
Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 1
2019-05-23"In die ná-mitologiese, dws historiese, tydvak van ou Griekeland was Zeús die Oppergod van hulle komplekse panteon van 12 gode (dôdekátheon) wat hul permanente verblyf gehad het op die Berg Ólumpos (met 2 985 meter die hoogste berg in die Griekse Balkan), geleë reg op die grens tussen Thessalië in Noord-Griekeland en Macedonië."
By die ontstaan van die Universiteit Stellenbosch: indrukke van Stellenbosch 100
2019-02-04"Origens het die opstellers van Stellenbosch 100 natuurlik ’n enorme taak op hande gehad, waarvoor hulle gelukgewens moet word."
’n Oud-Griekse roman: Daphnis en Chloê van Longus van Lesbos
2018-12-11"Ek wil graag hier vir die leser ’n kykie bied in een van die vyf bewaargeblewe oud-Griekse romans, naamlik Longus se Daphnis en Chloê. Dit is nie alleen die kortste (ong 3 000 reëls) van hierdie oud-Griekse romans nie, maar ook die mees erotiese en daarby die mees psigo-analitiese sover dit die liefde aangaan."
’n (Laaste) naskrif aan Jannie Marais van Coetzenburg
2018-11-22"Oom Jannie, aan die begin van hierdie jaar het ek aan u in die Anderwêreld, waarheen u nou al ‘n volle 100 jaar gelede verhuis het, gerapporteer dat die Universiteit Stellenbosch, waarvan u die groot grondlegger was, besig is om sy bedoelde spoor totaal byster te raak."
’n Fenisiese omvaart om die Kaap in die 6de eeu vóór Christus
2018-11-07"Ons moet derhalwe tot die gevolgtrekking kom dat die Kaap reeds in die 6de eeu voor Christus deur Fenisiese seevaarders besoek is. En dat hulle dalk in die Swartland ook koring kon gesaai het met saad wat hulle al die pad saamgebring, of langs die pad geoes het."
Jan Smuts must fall?
2018-10-31"'n Ruk gelede is in die media berig dat die skildery van generaal JC Smuts (1870-1950) uit die Hoofeetsaal van Christ College op Cambridge in Regent Street nou verwyder is (daarnaas ook ’n beeld van hom) omdat die Universiteit van Cambridge nie '’n tuin van herinnering' is nie."
Die Gilgamesj-epos en die Ou Testamentiese sondvloed
2018-09-25"Gilgamesj besluit nou op sy eie op die soektog na onsterflikheid wat hom uiteindelik voer na die rivier wat die lewendes na hul dood moes oorsteek na die Hiernamaals, in dié geval die Eiland van die Geseëndes."
Die dood van Sokrates
2018-09-20"Sokrates van Athene was die eerste martelaar in die Weste vir sy filosofiese oortuigings. Hy het sy filosofie nie self op skrif gestel nie en ook niemand gevra om dit namens hom te doen nie. Só vorm Sokrates sy eie ewebeeld met Jesus van Nasaret. Maar in beide gevalle is hulle idees deur ander opgeteken, idees wat die wêreld sou omvorm het in ewige onsterflikheid."