Gerrit van Wyk Kruger

Die skrywers van die Ou Testamentiese boek Genesis

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-09-10

"Uit bostaande is dit duidelik dat die Pentateuch (die eerste vyf  boeke van die Joodse Bybel) oor ’n baie lang tydperk ontstaan het. Hoe, waarom, en deur wie, weet ons vandag nie. Vir lank was aangeneem dat Moses die Pentateuch geskryf het."

Die ontdekking van Sanskrit

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-08-27

"Sanskrit (oorspronklik: 'samskrita', met die betekenis van 'volkome', 'volmaak') was die antieke heilige taal wat die Hindoes van Noordwes-Indië in hul Vedas gebruik het."

Die Oudgriekse argitektuur (deel 2)

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-08-06

"Die antieke Griekse drama, oftewel teaterkultuur, het reeds teen 700 vC op die voorgrond begin tree, met Athene wat mettertyd die middelpunt daarvan geword het, eers vir die tragedie (teen 500 vC) en kort daarna ook vir die komedie."

Die Oudgriekse argitektuur (deel 1)

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-07-31

"Dit is gebou reg op die plek waar die tradisionele wedstryd tussen Athena en Poseidon om besit van Attika plaasgevind het. Die olyfboom het daar gestaan wat Athena vir die Atheners geskenk het om die wedstryd te wen, en Poseidon sou ook net daar sy soutwaterfontein laat ontspring het."

Die Oudgriekse musiek en musieklewe (deel 2)

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-06-21

"Enkele fragmente van Oudgriekse musieknotasies het tog vir ons bewaar gely. Ons vind dit op klip uitgebeitel, op papirusbrokkies uit die droë sand van Egipte, en in enkele manuskripte."

Die Oudgriekse musiek en musieklewe (deel 1)

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-06-20

"Musiek het ’n uiters integrale rol gespeel in die Oudgriekse samelewing, in hul dramaskrywing (tragies én komies), by byna al hulle feesgeleenthede, en ook in hulle private lewe. Musiek het as ’n basiese vereiste gegeld by die Oudgriekse opvoeding."

Die Antieke Griekse beeldhoukuns (deel 3)

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-06-04

"Die feit is egter dat die duisende jare van wind, son en sand daardie ou standbeelde weer ontkleur het. Vir lank was dit (akademies) aanvaar dat die Akrópolis met sy beelde maar gelyk het so as wat ons dit geërf het."

Die Antieke Griekse beeldhoukuns (deel 2)

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-05-24

"Rhodos, die mees oostelike van die Griekse eilande in die Suide van die Egeïese See, gestig deur die Doriërs, het altyd na vrede and neutraliteit gestreef. Dit het self ’n groot seemag teen seeroof opgebou."

Die Antieke Griekse beeldhoukuns (deel 1)

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-05-18

"Die Oudgriekse kunstenaars het uiteindelik die toppunt van uitnemendheid ontwikkel waarin hierdie menslike vorm vasgelê is soos die wêreld dit nog nooit voorheen aanskou het nie, ’n standaard wat sedertdien nooit oortref kon word nie, maar hoogstens nageboots sou kon word deur iemand soos Michelangelo."

’n Perspektief by die lees en interpretasie van die Oudgriekse mites (deel 3)

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-03-19

"Die grootste deel van die Oudgriekse mites is, soos Esopus se fabels, geskep om ’n boodskap oor te dra. ’n Boodskap wat óf die onverstaanbare etiologies wil verduidelik, óf waar dit daarom gaan om akute emosies in die lewe van die mens na vore te bring."

By die viering van die US se honderdste bestaansjaar: Ope brief aan Jannie Marais van Coetzenburg

Gerrit van Wyk Kruger Universiteitseminaar | University Seminar 2018-02-21

"Oom Jannie, jy het toe besluit om ’n honderdduisend pond (’n aardige bedraggie destyds, moet ek sê) in jou testament na te laat vir die ideaal van ’n Afrikaanse universiteit op Stellenbosch, jou geboortedorp, want jou moedertaal het sy nis diep binne-in jou ruim hart gehad. Oom Jannie, jy sal seker vandag in die skamele asse van jou graf omdraai as jy sou moes sien wat besig is om hier te gebeur."

’n Perspektief by die lees en interpretasie van die Oudgriekse mites (deel 2)

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-02-05

"Daar bestaan al ’n omvangryke korpus van weergawes, veral in Engels, van die verhale uit die Oudgriekse mitologie. En die meeste daarvan is ook ryklik in kleur geïllustreer deur óf afdrukke uit bewaar geblewe antieke vaasskilderinge of ander realia, óf wat die skeppinge is van moderne kunstenaars, vir wie die veld so verleidelik wyd is soos die oorgelewerde materiaal self."

’n Perspektief by die lees en interpretasie van die Oudgriekse mites (deel 1)

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-01-29

"Die Oudgriekse mites tel onder die mees komplekse, fassinerende en interessantste vertellinge wat ooit mondelings geskep, oorvertel en later op skrif gestel is."

Johannes Calvyn (IV)

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2018-01-17

"Calvyn het nie lank genoeg gelewe om te sien hoe sy insigte internasionale erkenning gekry het, en selfs ’n beweging van sy eie geword het nie."

Johannes Calvyn (III)

Gerrit van Wyk Kruger Seminare en essays 2017-12-01

"Calvyn het ’n fyn lyn betree tussen die rol van die godsdiens en die gemeenskap en die regte van die staat waarin daardie gemeenskap hom bevind. Calvyn was van mening dat die Bybel hier geen bloudruk vir die mens gee nie."

Top