Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 4

“Zeús was volgens Homerus (Hómêros) die “Vader van die gode en mense”. Zeús word egter nêrens voorgestel as (’n/die) Skepper nie. Na sy eie arbitrêre keuse het Zeús goed én kwaad  vir die sterflike mens uitgedeel. Zeús was sy eie soewereine norm wat die mens nie straffeloos durf naboots het nie.”