Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
FW: Sentiments about our past are strong, well founded and entrenched
2021-11-18"De Klerk was never trusted by the securocrats – they preferred the old boys’ club of PW Botha, Magnus Malan, Kobie Coetsee, Louis le Grange and Adriaan Vlok. They saw him as a softie, a weakling, a goody two shoes, a bluestocking."
Hoe kan applied multilingualism ’n solution wies vi global integration?
2021-11-18"Dis hierie ideas wat vi my gelei het tot my Kaaps-skrywery – ek het ve’staan dat ek nie forward sal move in my eie personal en cultural development as ek aan my Engelse points of references klou nie. Ek kan rêrag sêrat ek soes ’n whole person voel nourat ek ’n effort gemaak’t om nie net in Engels te skryf en praat."
’n Getekende kontrak is dalk nie wat jy dink nie – ’n onderhoud met Robert de Rooy van Creative Contracts
2021-11-17"Dit was die kwesbaarheid van mense in die omstandighede wat my laat wonder het hoe ons dit makliker kan maak om kontrakte te lees, te verstaan en te onthou. En ek het toe begin oplees oor visualisering van inligting en begin eksperimenteer hoe om klousules in ’n prentjieformaat akkuraat weer te gee."
Die pers, die Broederbond en FW se besluit
2021-11-17"Ek was in die omgewing toe president George Bush vir De Klerk uit die Withuis bel. Dit was maar een bewys van die internasionale impak. ’n Beter bewys as die Nobelprys kan daar seker ook nie wees nie."
’n Swerfjaar vir seniors, aflewering drie: Allerhande alledaagse wonderwerke
2021-11-17"Ons het onsself iewers langs die pad verloor, maar op ’n positiewe manier, soos wanneer jy jouself in die liefde verloor. Soos die herfsbome wat hulle dooie blare verloor om plek te maak vir die nuwe blare van die volgende seisoen."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Leon Wessels
2021-11-16Freek Robinson vra vir Leon Wessels of FW de Klerk werklik sy beste gegee het op 2 Februarie 1990, in die daaropvolgende onderhandelings na ’n nuwe grondwet, en by die Waarheid-en-versoeningskommissie.
Boesak-toespraak aan DAK Netwerk: belowend, met enkele probleme
2021-11-16"Die geskiedenis is meer veelkantig as wat Dr Boesak dalk te kenne gee. Wat Afrikaans betref het sy uit hierdie mengelmoes van klassige kreolisering ontstaan, en daarom is nie net Camissa-Afrikaans waardig nie, maar ook die Afrikaans van Afrikaners. Alle Afrikaanssprekers en hul voorouers is mede-eienaars van en mede-verantwoordelikes vir die Afrikaanse sambreeltaal, hoe dit ook al mag kreoliseer en verander in ons gedeelde toekoms."
Kom na my tuin, Rosa Rosarum
2021-11-16"Toe ek dus op die gedenkdiens snot en trane huil, ontroosbaar, het die broers sekerlik gewonder: Waar was jy al die jare?"
Wysheid is besig om by Suid-Afrikaanse kiesers pos te vat
2021-11-16"So maak vas julle veiligheidsgordels, want vir die volgende twee tot drie jaar gaan dit veel slegter word om in Suid-Afrika te woon, maar die tikkie wysheid wat gedurende die munisipale verkiesings by Suid-Afrikaners posgevat het, skep darem hoop."
Wilbur Smith: Iewers in ’n Afrika-woud het ’n seder geval, maar nie in stilte nie
2021-11-16"Solank as wat ek kan onthou, was hy daar, groter as lewensgroot, een van die blinkste sterre aan die skrywershemel hier uit Afrika."
Wilbur Smith, ’n gewone man wat vir gewone mense skryf
2021-11-15"Ten spyte van ’n opvoeding by Michaelhouse was daar ’n tyd in Smith se lewe dat hy dit nie breed gehad het nie. As twintigjarige het hy ’n ruk lank op ’n vissersboot gewerk."
FW se sjef: De Klerk het nou en dan van ’n ietsie soet gehou
2021-11-12"Dit was soms vir my moeilik om kos voor te berei, want ek moes sonder uie, knoffel, groenpeper en sterk speserye kook. Dit is nogal verstaanbaar, want die President kon nie ’n knoffelasem hê wanneer hy diplomate en ander gaste ontmoet nie."
FW de Klerk en die twee video’s
2021-11-12"Die twee video’s het my lank bygebly en ek het die hele aand nog loop en respekte betoon aan die groot kringloop van lewe en dood en hoe ons almal onafwendbaar daardeur beweeg."
FW de Klerk, die mens
2021-11-12"Met my laaste besoek aan hulle, terwyl Elita geesdriftig vertel van planne vir die stigting vorentoe, het ’n reeds brose FW ’n wye, bewonderende glimlag haar kant toe gerig. Sy kop geknik."
FW hét ’n keuse gehad
2021-11-12"My kinders verstaan nie die hel van apartheid nie. En dít is ’n voorreg. Die dice het uiteindelik beter geval, oom Adam. My kinders is geseënd."
FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid
2021-11-11"Suid-Afrika se laaste wit staatspresident onder apartheid, FW de Klerk, het in sy heel laaste boodskap aan die mense van Suid-Afrika opnuut onvoorwaardelik verskoning gevra vir die pyn wat apartheid veroorsaak het."
’n Daad het geskied: FW de Klerk se nalatenskap
2021-11-11"Wie ook al nie daarvan hou nie, wil ek nou byvoeg, sal hom kan kritiseer so lank en heftig soos hulle wil, maar sal nooit die feit van 2 Februarie 1990 in ons gedeelde, dog betwiste, geskiedenis kan uitskryf of uitwis nie."
FW – die einde van ’n era
2021-11-11"Hy het gekies om die hele land te help bou, eerder as om ’n minderheid se belange te probeer beskerm. Hy het teen ’n groot persoonlike prys die regte keuse gemaak. Dis hoe ek vandag verkies om hom te onthou."
In memoriam: Thomas Mollett
2021-11-11"Ek het hom net na die draai van die eeu leer ken as ’n selfstandige denker wat nie skroom om die water te roer en omstrede sake aan die orde te stel nie. Hy was een van die samestellers van die boek Die omstrede God: Bestaan God of nie?. Die mederedakteurs was Erns Grundling en Etienne van Heerden."
A comment on Peter Kallaway’s book titled The changing face of colonial education in Africa
2021-11-11"This book allows one to understand how the arbitrary discourses of colonial subjugation and racial repression changed and took on new grammars of human degradation and regression."
