- Titel van artikel met erkenning aan bogenoemde lied.
Die krag is af en mense se moraal is ook af. So wil dit voorkom.
Naomi Meyer vra vir Louis Awerbuck, ’n sielkundige van Stellenbosch, of lig wérklik mense se gemoed lig.
Hallo Louis. Ek val met die deur in die huis. Vroeër jare, het ek in korrespondensie aan jou geskryf, het mense soms ’n gesprek geopen met die woorde "Goed, en met jou?" Op hierdie oomblik is daardie positiewe klank nie in ons land aan die orde van die dag nie. Baie dinge stem mense terneergedruk – vrae oor die regering, die stygende petrolprys en ander lewenskoste. Die Eskom-situasie is die laaste strooi, soos wat Max du Preez ook onlangs in ’n ope brief geskryf het. Wat is jou ervaring as sielkundige: Het lig of donker ’n werklike effek op die menslike psige?
Lig en donker het beslis ’n kenmerkende effek op die menslike psige. Daar word wêreldwyd in wetenskaplike kringe aanvaar dat sekere vorms van blootstelling aan sonlig ’n beduidende impak op mense se gemoed het vanweë die impak op sekere hormone – veral hormone wat verband hou met emosionele regulering.
............
Lig en donker het beslis ’n kenmerkende effek op die menslike psige. Daar word wêreldwyd in wetenskaplike kringe aanvaar dat sekere vorms van blootstelling aan sonlig ’n beduidende impak op mense se gemoed het vanweë die impak op sekere hormone – veral hormone wat verband hou met emosionele regulering.
...............
Hierdie hormone sluit veral serotonien, melatonien en kortisol in. Deurslaggewende studies dui verder daarop dat lig die pineale klier verskillend stimuleer, wat slaapritmes dramaties kan beïnvloed en ’n verdere beduidende invloed op die gemoed tot gevolg het.
Daar is verskillende studies oor seisoenale depressie gedoen. Sommige studies beweer dat so iets bestaan, en ander sê dis ’n mite dat sonskyn of lig werklik mens se gemoed beïnvloed. Dalk gaan dit oor wat mens ken en gewoond is? Dit kan op ’n manier ook by die Eskom-situasie aansluit – dis nie net die lig, per se, wat veroorsaak dat mens se gemoed lig (!) nie. Dis die voorspelbaarheid en die vanselfsprekendheid van lig waaroor dit gaan. In ’n wêreld waar mens al hoe minder dinge kan beheer, maak ons staat op iets waarop ons wel kan reken? Wat dink jy?
Uiteraard is die saak nie so eenvoudig nie, en kan mense se gemoed nie net aan lig of donker gekoppel word nie. Dat seisoenale veranderinge, en gepaardgaande voorkoms van sonlig ’n sterk invloed op mense se gemoed het, is egter ’n nagevorste feit. Navorsing oor selfdood help baie hiermee. Nie naastenby alle mense met depressie wend hulle na selfdood nie, maar die meeste mense wat hulle eie lewe neem, is depressief, en die statistiek wys duidelik dat seisoenale wisselinge ’n groot rol speel. Navorsing wat op vorige pogings tot selfdood as ’n risikofaktor fokus, dui op ’n beduidende korrelasie tussen patrone van temperatuur (ook weerverwante patrone), en ongeslaagde selfdoodpogings.
.............
Navorsing oor selfdood help baie hiermee. Nie naastenby alle mense met depressie wend hulle na selfdood nie, maar die meeste mense wat hulle eie lewe neem, is depressief, en die statistiek wys duidelik dat seisoenale wisselinge ’n groot rol speel.
.............
Dit is nie regtig betwisbaar dat faktore soos temperatuur, ure van sonskyn per dag, asook radiasie, ’n groot rol in mense se gemoed speel nie. Wetenskaplikes krap nog kop oor die besonderhede hiervan, maar die impak van wisselende meteorologiese faktore op die menslike gemoed is ’n feit. Hier ter plaatse is daar nog nie baie beduidende navorsing hieroor gedoen nie, maar die verband tussen gemoed en seisoen word wêreldwyd waargeneem en kan dus ook op Suid-Afrika van toepassing gemaak word. Studies in Europa het byvoorbeeld ’n duidelike verband bevind tussen daaglikse sonskyn vir die dag van selfdood en 10 dae voor selfdood, maar geen verband met die aantal ure van sonskyn tot twee maande voor selfdood nie. Soos in Suid-Afrika blyk dit dat die toename in selfdoodpogings in Australië en Nieu-Seeland gedurende die somer grootliks gekoppel is aan hoe die temperatuur presenteer. Sonlig speel dus beslis ’n kardinale rol, maar dit is nog onseker presies hóé. Soms kom die navorsingsresultate verwarrend voor, en bevindings weerspreek mekaar soms. ’n Onlangse studie in die VSA het byvoorbeeld bevind dat daar ’n beduidend hoër voorkoms is (omtrent 8%) in selfdoodpogings onder die bevolking aan die westelike dele van die land as onder mense wat in die oostelike dele woon. Hiérdie voorkoms word grootliks toegeskryf aan die meteorologiese impak van die verskillende tydsones. Mense in Kalifornië moet met een uur minder sonlig deur ’n dag klaarkom as mense in Florida, en blykbaar speel dit ’n groot rol in die kollektiewe (westelike) gemoed. Dit is egter nog onseker wanneer sonlig te veel is, wanneer dit te min is, en wat presies die korrelasie is.
............
Dit is algemeen bekend dat mense in Suid-Afrika swaarkry op ’n ekonomiese en psigiese vlak, en gebukkend gaan onder erge sosiopolitiese omstandighede. Om dan verder weerhou te word daarvan om byvoorbeeld bloot die ketel te kan aanskakel vir koffie of ’n gunstelingtelevisieprogram te kan kyk vir ontspanning, is ’n verdere konstante herinnering daaraan dat daar oor die algemeen "iets fout is", en dat "dinge nie uitwerk nie".
..............
Hoe dit ook al sy, die meeste mense vind dit onaangenaam en terneerdrukkend om na ’n lang dag by die huis te kom en dan in die donkerte te moet sit of sonder lig moet sukkel. Mense wat reeds geïrriteerd of onder stres is, word net nog ’n rapsie verder gefrustreer as ’n roetine wat as vanselfsprekend aanvaar word (bv lees in die aand by ’n lig), skielik nie meer daar is nie. Dit is algemeen bekend dat mense in Suid-Afrika swaarkry op ’n ekonomiese en psigiese vlak, en gebukkend gaan onder erge sosiopolitiese omstandighede. Om dan verder weerhou te word daarvan om byvoorbeeld bloot die ketel te kan aanskakel vir koffie of ’n gunstelingtelevisieprogram te kan kyk vir ontspanning, is ’n verdere konstante herinnering daaraan dat daar oor die algemeen "iets fout is", en dat "dinge nie uitwerk nie". Daar is dus weinig twyfel daaroor dat beurtkrag ’n negatiewe impak op die Suid-Afrikaanse psige het, en tot kollektiewe moedeloosheid bydra.
Hoe nou, in hierdie winter van misnoeë? Pessimisme is nie die oplossing nie, en toksiese positiwiteit ook nie. Het jy iets oor die alledaagse lewe waaraan jy in donker tye (soms letterlik) dink en met ons lesers kan deel?
Ek weet dit is maklik om te praat, maar daar is ’n eenvoudige beginsel waarmee ons almal sukkel, maar wat ons almal weet eintlik waar is: Mens moet laat los wat jy nie kan beheer nie, en beheer neem van wat jy kan. Hoe ’n groot cliché dit ook al is, ek glo vas dat die antwoord op hantering van moeilike lewensomstandighede daarin lê.
...........
Mens moet laat los wat jy nie kan beheer nie, en beheer neem van wat jy kan. Hoe ’n groot cliché dit ook al is, ek glo vas dat die antwoord op hantering van moeilike lewensomstandighede daarin lê.
..............
So wat jy ook al kan doen of reël of inrig om jou lewe makliker te maak of die donkerte die hoof te bied, moet jy doen, en die res jou nie oor verknies nie. Daar is nie vir alles onmiddellike oplossings nie.
Lees ook:
Gereedstaan-rugsteunkragstelsels: ’n Eenvoudige inleiding tot immuniteit teen beurtkrag
Fresh off the press: Sabotage: Eskom under siege by Kyle Cowan