Louis Awerbuck

Louis Awerbuck is as kliniese sielkundige in privaat praktyk sedert 1995. Sy loopbaan het in diens van die SA Polisie begin, waar hy 'n eenheid van Misdaadgerigte Sielkunde inisieer het. Gedurende hierdie tyd het hy nagraadse navorsing gedoen oor profilering van reeks-moordenaars en verkragters.
 
Hy het sy Honneursgraad in sielkunde, sowel as 'n Hoër Diploma in Onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi. Gedurende hierdie tydperk het hy ook by die Health Professions Council van Suid Afrika as 'n psigometris geregistreer. Keuring in kliniese sielkunde het Louis na die Universiteit van Johannesburg geneem, waar hy 'n meestersgraad in kliniese sielkunde (cum laude) behaal het. As deel van verdere nagraadse studies was hy later betrokke met bedryfsielkunde by die Noordwes Universiteit en sportsielkunde by Stellenbosch Universiteit.
 
Louis was betrokke by die opleiding van nagraadse studente in sielkunde, en is 'n geregistreerde praktisyn van Neuro-linguistieke Programmering. Hy publiseer gereeld psigo-ovoedkundige artikels in gedrukte- en sosiale media. Louis is die mede-skrywer van Wie is ek? (Naledi), Ek & jy, Verhoudings wat werk (NB Uitgewers) en saam met Hanlie Retief die mede-skrywer van Anderkant uit, verhale van hoop (Tafelberg).
 
Hy spesialiseer al vir meer as 25 jaar in psigoterapie met volwassenes en verhoudingsmaats, sowel as met sielkundige assessering, regsmediese getuienis en sport sielkunde. Hy tree gereeld as spesialisgetuie op in strafregtelike sake, en het verskeie kere in landdros- en distrikshowe, asook die Hoër Hof van Suid-Afrika getuig. Louis het ook al in die Appelhof van Suid-Afrika getuienis gelewer. Op die terrein van sportsielkunde was Louis betrokke by die Blou Bulle Rugby-unie, Holland Nasionale rugby, St Albans Hoërskool,Waterkloof High School en Hoër Jongenskool Paarl). Hy het ook met verskeie individuele atlete op 'n provinsiale, nasionale en Olimpiese vlak gewerk met die oog op die verbetering van prestasie.
By geleentheid tree Louis as konsultant op vir korporatiewe maatskappye in die areas van leierskapsontwikkeling, die bestuur van verandering, en interpersoonlike vaardighede. Vorige klïente sluit Anglo American Corporation, De Beers, Deloitte & Touche, PPC, SA Breweries, SAP Southern Africa, ABSA, Standard Bank, SA Reserwebank, Fedsure, Nedcor, Eerste Nasionale Bank, en BKB in.
 
Op die oomblik tree Louis op as 'n direkteur van SA Centre for Mental Health. Afgesien van sy betrokkenheid in kliniese sielkunde, en bied hy deur die sentrum psigo-opleiding aan die algemene publiek via verskeie nasionalemediaplatforms.

Reguit met Robinson: Waarom ontgroening?

Freek Robinson, Louis Awerbuck Onderhoude 2024-01-31

’n Storm het losgebars op die Matie-kampus in Stellenbosch oor beweerde ontgroeningspraktyke by die Wilgenhof-manskoshuis. Freek Robinson gesels met die kliniese sielkundige Louis Awerbuck oor die sielkunde rakende algemene ontgroeningspraktyke.  

Skei of bly – die impak van hoë konflik in langtermynverhoudings

Louis Awerbuck Seminare en essays 2023-11-28

Die feesgety is vir baie mense ’n tyd van samekoms. Vir sommiges is dit ’n tyd van vreugde. Vir andere beklemtoon gesins- of familiegeleenthede die klowe wat bestaan. In hierdie artikel skryf Louis Awerbuck, na aanleiding van ’n onlangse akademiese artikel, oor hoëkonflikverhoudings en egskeiding.

Doodgeswyg?

Louis Awerbuck Seminare en essays 2023-06-19

"Daar is vir seker ’n menigte kontekste waar doodswyging vir beide partye voordeel inhou."

Bamboozled: in search of joy in a world gone mad deur Melinda Ferguson: ’n boekresensie

Louis Awerbuck Resensies 2022-11-09

"Die lewe is beslis nie vir sissies nie, en Melinda Ferguson is beslis geen sissie nie. Sy klim kaalvuis en onbeskaamd in haarself in, en neem die leser op vele insigvolle perspektiewe en roetes van haar deurwinterde en welbeskrewe ervaringe."

Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers: ’n resensie

Louis Awerbuck Resensies 2022-08-24

"In Meer as jou seerkry gaan De Villiers op ’n behendige manier van die standpunt uit dat persoonlike pyn nie iets is wat mens net hoef te oorleef nie, maar ’n geleentheid is tot persoonlike groei en ontwikkeling. .... Die boek lees dus maklik en die leser raak nie verstrengel in akademiese en abstrakte goëlery nie. Moet egter geen fout maak nie – jy kry hier oorgenoeg substansiële inhoud en pitkos om aan te kou en te herkou."

Hallo, donkerte, my ou vriend: ’n onderhoud oor die effek van beurtkrag op die menslike psige

Naomi Meyer, Louis Awerbuck Onderhoude 2022-07-08

"Dit is algemeen bekend dat mense in Suid-Afrika swaarkry op ’n ekonomiese en psigiese vlak, en gebukkend gaan onder erge sosiopolitiese omstandighede. Om dan verder weerhou te word daarvan om byvoorbeeld bloot die ketel te kan aanskakel vir koffie of ’n gunstelingtelevisieprogram te kan kyk vir ontspanning, is ’n verdere konstante herinnering daaraan dat daar oor die algemeen 'iets fout is', en dat 'dinge nie uitwerk nie'."

Die COVID-19 pandemie se invloed op sielkundige trauma

Louis Awerbuck Seminare en essays 2021-09-30

"’n Suid-Afrikaanse vrou word in Nieu-Seeland aangekla dat sy haar kinders om die lewe gebring het. Nuusberigte wat oor hierdie grugebeurtenis verslag doen, verwys na emigrasie, grendelinperkings, isolasie en medikasie wat nie gebruik kon word nie. Mens kry die idee dat die omstandighede wat met die Covid-pandemie gepaard gaan, ’n moontlike rolspeler in die tragedie kon gewees het."

Verhale van hoop deur Pieter van Zyl: ’n resensie

Louis Awerbuck Resensies 2021-08-12

"Persoonlikheidversteurings is ’n komplekse konsep wat selfs sielkundiges en psigiaters konstant laat kopkrap, en dit kan verwarrend wees vir lesers om hieroor in dieselfde konteks as ander sielkundige toestande te lees."

Floreer deur Ilse Salzwedel: ’n resensie

Louis Awerbuck Resensies 2021-07-15

"Floreer sal geen leser se tyd mors nie. Ilse Salzwedel slaan die spyker op die kop met hoe belangrik die konsep van veerkragtigheid is en behoort te wees."

Bied die hof geregtigheid vir die mishandelde persoon?

Louis Awerbuck 2014-12-17 Louis Awerbuck sluit aan by Rinda Botha se betoog oor die onbenydenswaardige posisie waarin slagoffers van mishandeling hulself in die hof bevind.

Resensie: Ek en jy verskil hemelsbreed deur Louise van Coller

Louis Awerbuck 2014-12-10 Van die inligting en advies wat in Ek en jy verskil hemelsbreed verskaf word, is van groot waarde vir die verstaan van basiese konsepte in enige verhouding, en verdien om van notisie geneem te word.

Het Robin Williams gekies om te sterf?

Louis Awerbuck, Naomi Meyer 2014-08-14 Robin Williams is dood – en Naomi Meyer vra vir Louis Awerbuck om te gesels oor die onderwerp waaroor baie mense dink, maar min mense praat.

Wie is ek? deur Louis Awerbuck en Lise Swart

Naomi Meyer, Louis Awerbuck, Lise Swart 2014-07-24 Wie is ek? het pas as boek by Naledi verskyn en Louis en Lise vertel vir Naomi Meyer waarom hulle dink daar's 'n ongemaklike vraag wat elke mens op aarde behoort te antwoord.

"Gister en vandag" deur Louis Awerbuck

Louis Awerbuck 2012-12-31 Sit is alles en dit was niks
die ding van nou en dit wat was
Hoe dit deurmekaar geloop het
en hoe stukke nou net pas
Top