Gister en vandag
Sit is alles en dit was niks
die ding van nou en dit wat was
Hoe dit deurmekaar geloop het
en hoe stukke nou net pas
Al die roetes wat getrap is
die wegsteekpaadjies en die res
Hoe dat daar soveel gelieg was
die drank die dwelms en die seks
REFREIN:
Maar nou het dit so verander
Die vuur blus koel hier uit my bors
Die donder saam met die bliksems
Die lemme en die dieper dors
Ek onthou so al daai aande
vasgedraai in die kots en sweet
Soveel dinge wat gedoen is
Soveel wat ek wil vergeet
REFRIEN
BRUG:
Ek het gehoor hoe hulle dit probeer besing
Ek het gelees hoe hulle dit graag wil beskryf
Dit was mites, fabels, wanhopige pogings
REFREIN (x2)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.